Geurige groentesop (warm)
Resep lewer ±7 groot porsies (1½ koppie elk)
Bestanddele
- 3 eetlepels (45 ml) hoender- of beesvleis-aftrekselpoeier
- 1 eetlepel (15 ml) olyfolie
- 6 koppies (1,5 liter) kookwater
- 2 teelepels (10 ml) sout
- 500 g murgpampoentjies (gesny of gerasper)
- 700 g wortels (gesny of gerasper)
- 300 g groenbone (gekerf)
**Variasies
Voeg kerrie-puree by wanneer die olie gebraai word. Voeg gesnyde seldery by 'n paar minute voordat die kookproses klaar is.
Metode
- Roerbraai die aftrekselpoeier in olyfolie in 'n diep pot.
- Voeg water en sout en dan al die gesnyde groente by.
- Kook sowat 20 minute tot nét sag.
Koue somersop
Resep lewer ± 4 – 6 porsies
Bestanddele
- 1 knoffelhuisie
- 1 kg ryp tamaties, in kwarte gesny
- 1 Engelse komkommer
- 1 rooirissie, fyngesny
- 1 klein ui, geskil en gesny in kwarte
- 1 stuk seldery, in fyn skyfies gesny
- 1 rooirissie of 'n paar druppels Tabasco-sous
- ¼ k (63 ml) vars basiliekruidblare
- ⅓ k (83 ml) vars pietersielieblare
- swartpeper na smaak
- 2 eetlepels (30 ml) olyfolie
- ¼ k (63 ml) rooiwyn of wit balsemasyn
- 2 eetlepels (30 ml) tamatiepasta (opsioneel)
- 1 teelepel (5 ml) sout
Metode
- Versap alles behalwe laaste drie bestanddele in 'n voedselverwerker tot fyn, maar nie heeltemal verpulp nie.
- Roer die asyn, tamatiepasta en sout by.
- Voeg 'n bietjie water by indien 'n dunner sop verkies word.
- Verkoel tot goed koud.
- Garneer net voordat jy dit voorsit met vars geskeurde basiliekruidblare en 'n lepel of twee Bulgaarse/ongegeurde jogurt as jy wil.























