-
Denise het gesê:
My seun van 9 jaar oud het eintlik my af begin met vir my te vra om al oud nuuspapiere vir hom te gee om skool toe te vat vir re-cycling en nou re-cycle ek glas en koeldrank blikkies ook, soevel as plastiek.
9de Des. 2009, 09:01
-
marie het gesê:
Klein dingetjies in die huis laat my beter voel oor my deel om die aarde te beskerm.
1) In die winter gooi ek my warmwater bottels uit op my potplante.
2) As ek rys bedien die aand gebruik ek die warm water wat oor bly in die ketel vir koffie om oor die rys te gooi en laat le deur die dag. Die rys swel en vat nie baie krag om op te kook nie.
3) My laaste spoel in die wasmasjien lei ek met n ou swembad pyp uit om die gras nat te maak.
4) in die somer gebruik ons net "solar power geyser" al stort ons soms koud as die voorige dag nie warm was nie. (Dis eintelik nogal vervrissend)
5) Ek het n klein groente tuin en kruie tuin begin by die huis wat goedkoper uitwerk sowel as om my te help ontspan.
6) Ek koop baie minder skoonmaakmiddels nou omdat ek n groot respek ontwikkel het vir suurlemoene. Ek druk n paar druppels uit op alles, skottelgoed, stoof, kombuis oppervlaktes, my hande, ens. Dit breek olierigheid en ryk boonop vris en vars.
9de Des. 2009, 10:07
-
Hyla het gesê:
Ek doen eenvoudige dinge soos om die ligte af te skakel en muurproppe af te sit as dit nie gebruik word nie.. probeer ook net organiese skoonmaak/skoonheidsmiddels te koop..plant eie groente en stap ipv in die motor spring om iewers heen te gaan..op die dorp waar ons woon, word ons voorsien van sakke om glas/papier/plastiek te skei.Kinders word ook aangemoedig om blikkies te versamel en skool toe te neem...
9de Des. 2009, 11:23
-
Yolande het gesê:
Daar is so baie dinge, groot en klein wat ons almal kan doen:
* Eerstens om meer bewus te raak van dinge wat ons doen wat sleg is vir die aarde en atmosfeer
* Meer loop (minder gasse verbrand)
* Meer solar energie te gebruik, dus minder krag
* Meer tuin maak, bome plant
* Minder besoedel en die besoedelaars se gemors skoon maak
* Meer mense vertel om groen te lewe - versprei die woord - Groen is Cool!
* Meer organiese produkte gebruik
* Re-cycle, Re-cycle, Re-cycle
* Moedig die gemeenskap en gemeenskap leiers aan om meer groen te lewe en leefstyle te verander
* Behandel die aarde soos 'n babatjie - als moet skoon gehou word en mooi na gekyk word, ons is baie geseend om hier te kan wees en ons moet dinge begin waardeer, voordat dit weg geneem kan word.
9de Des. 2009, 16:13
-
Linda het gesê:
Hierdie jaar het ek begin om werk toe te stap!
9de Des. 2009, 18:03
-
Marzanne Milstein het gesê:
Ek doen klein goedjies soos: Ry met my fiets of stap dorp toe i.p.v ry met die motor; kook water en gooi dit 'n warmwater fles vir gebruik deur die dag; skakel nie onnodig kragproppe / ligte aan nie; Koop vrugtesap by 'n plek waar dit in my eie houers ingetap kan word (dus geen plastiek bottels wat weggegooi hoef te word nie).
10de Des. 2009, 09:39
-
Marietjie het gesê:
My groen wenke om 'n bydrae te lewe om ons volmaak geskepte aarde te beskerm is die volgende:
1. Ek stort eerder as bad (spaar baie water)
2. Ons plant bome - dit is 'n natuurlike lugreiniger
3. Ons gebruik energie bespaarde gloeilampe in ons hele huis en sit
die ligte af indien ons nie in 'n vertrek is nie. Ons prop ook alle
toerusting uit indien dit nie gebruik word nie.
4. Ons herwin al ons glas en papier en vat dit na my kind se skool
5. Ek dra gereeld my denims meer as een keer om sodoende krag en water te
spaar
6. Al ons oorskiet kosse bv. aartappel- wortel skille, gooi ek nie in die
asblik nie, maar gaan gooi dit op ons komposhoop.
7. Ek gaan doen inkopies met 'n materiaal drasak wat ek meer as een
keer kan gebruik, en vermy sodoende om plastiek sakke te koop wat nie
herwinbaar is nie
10de Des. 2009, 10:02
-
Antoinette het gesê:
My groen bydrae is om die bad & skottelgoedwater met 'n pyp op die gras te laat uitloop. Ek het 'n klein groentetuin wat my baie genot verskaf en my trots maak op myself om 'n geringe bydrae te lewer. Ons gebruik ook energie besparing gloeilampe in ons woning. Onnodige ligte word afgesit. Daar is niks lekker om so teen sterk skemer buite op die stoep te sit en die son te sien ondergaan as in die skerp lig van elektrisiteit. Ek voel as elkeen 'n bydrae lewer maak nie saak hoe gering, sal dit 'n verskil maak aan die einde van die dag.
10de Des. 2009, 12:01
-
Owen Britz-van Ryneveld het gesê:
Ons stur al ons glas bottels vir herwinning (recycling) en skep so ook werk. Al die afvalmateriaal (groente en vrugte skille) gaan na die komposhoop toe. Ons kweek ons eie groente en kruie(organies). Ons het 'n sonverhitte waterverwarmingstelsel. In die somer gebruik ons glad nie elektrisiteit om ons water te verhit nie. Ons stortwater word herlei na die tuin dus gebruik ons organies afbreekbare seep. Ons inkopies word in materiaalsakke verpak. My werk is 5 minute se stap van my huis af, so ek stap oral. Ek besit nie 'n motor nie so ek gebruik nie petrol nie.
10de Des. 2009, 12:05
-
Annaline het gesê:
Ek en my 2 dogters werk spaarsamig met water in en om die huis. Al die oorskiet kosse word vir die meeue gevoer. Hulle neem water skooltoe in plaas van koeldranke en die water wat terugkom word op die potplante gegooi. Papier word gesnipper en herwin. Blikke en bottels word in aparte sakke geplaas vir herwinning. Krag word bespaar deur saans kerslig te gebruik.
10de Des. 2009, 13:51
-
Wilhelmina Myburgh het gesê:
ek gebruik nie gifstowwe in en om my woning nie,
ek gebruik nie gekleurde tissues of toilet papier nie, geen kleurstowwe vir my nie
ek gebruik nie produkte wat op diere getoets word nie
ek gebruik publieke vervoer om die karbon-voetprint te te beperk
ek gebruik nie enige spuit kannetjies ens nie
11de Des. 2009, 12:30
-
Leani Bester het gesê:
My grootste groen wenk en sommer huweliks wenk ook is dat ek en my man saam werk toe en terug ry. Ons woonplek is so gelee dat hy my oppad na sy werk sommer kan aflaai en weer optel. Dit verminder dus uitlaatgasse en boonop gee dit ons 'n ekstra uurtjie elke dag om lekker te gesels.
11de Des. 2009, 14:34
-
Lorika Odendaal het gesê:
nadat ons by n omgewingsvriendelike fees was het ek geleer om ons vullis te split
plastiek
glas
organiese materiaal (kompos hoop vir die tuin)
blikke
papier
ek stuur dit in vir herwinning en kry sommer geldjie daarvoor terug
dit help weer die beursie so bietjie aan
14de Jan. 2010, 20:27
-
Jeanette Norris het gesê:
Ek doen my re-cycle die jaar meer perfek,en is ook daarop gestel om baie meer water te spaar,deur te stort en nie n bad vol water te tap nie.Ek stap elke dag en doen my plig om enige papiere en rommel op te tel soos ek stap en geniet dit baie,wantek hou van n mooi skoon dorp,woon in blouberg strand op die seefront.
15de Jan. 2010, 11:15