Lewe + Liefdes

5-Boekminute met John Connolly

Al klink Harlan Vetters se verhaal vir sy kinders onwaarskynlik, glo hulle hy praat die waarheid. Sy dogter kontak Charlie Parker, ‘n privaatspeurder om hom te vra om die vliegtuigwrak te soek, want Harlan en sy vriend het wederregtelik goed uit die wrak verwyder en sy voel dit moet reggestel word. Die passasiers en bemanning het destyds verdwyn. Al wat oorgebly het, was ‘n sitplek met stukkende handboeie aan. Duidelik is daar meer op die spel as wat Charlie Parker aanvanklik gedink het. ‘n Boeiende verhaal ontvou van verskillende mense wat regstreeks of onregstreeks by die vliegtuigwrak betrokke is. Van hulle is gewone mense, ander het bonatuurlike kragte en daar is ook heelparty bonatuurlike gebeure in die verhaal. As jy van die vorige boeke in die reeks gelees het, sal jy baie van die karakters weer in hierdie boek raakloop. Almal bly op een of ander manier met mekaar verbind. Tog is dit ‘n geloofwaardige verhaal en jy bly lees om te sien of Charlie Parker die bose sal oorwin. Sal geregtigheid op die einde seëvier? O ja, die eensame meisie kry wel teen die einde van die verhaal ‘n speelmaat! Dit is alles deel van Connolly se jongste boek, The Wrath of Angels (Hodder & Stoughton).

Ek het onlangs tydens sy besoek aan SA met die Ierse skrywer John Connolly oor sy skryfwerk gesels.

Waar posisioneer jy jouself as ‘n skrywer, want jy skryf nie ware gruwelverhale of ware misdaadverhale nie?
Dit was nog altyd effens problematies, deesdae minder as toe ek begin skryf het. Ek dink misdaadfiksie was baie konserwatief, veral Britse misdaadfiksie. Jare gelede het Ronald Knox ‘n stel reëls opgestel vir misdaadfiksie waaraan almal gehoor gegee het. Een van sy reëls was: geen bonatuurlike dinge of Chinese in die verhaal nie. Ek dink nie ons kan dit meer navolg nie. Die wortel van dié fiksie lê in rasionalisme. Poe, byvoorbeeld, se kortverhale het gegaan oor die toepassing van logika en rasionaliteit as ‘n manier om die wêreld te verstaan. Sherlock Holmes, selfs Hercule Poirot en Miss Marple, is ook verhale waarin gevolgtrekkings gemaak word. Ek wens ons het nooit op so ‘n logiese manier na die wêreld gekyk nie. Iere kyk nie noodwendig so rasioneel na die wêreld nie, moontlik omdat ons ‘n Katolieke land is met ‘n diep spirituele erfenis. Daar’s ‘n gevoel dat rasionalisme nie ‘n voldoende antwoord op die wêreld is nie. Toe ek begin skryf het, het ek anders na die wêreld gekyk. In die begin het die misdaadfiksie-gemeenskap nie geweet wat om van my te dink nie, en ek het ook nie gruwelverhale geskryf nie. Dit was ‘n mengsel. Ek hou van die woord raaiselfiksie (mystery). Deur die jare het daar meer verdraagsaamheid jeens die tipe fiksie ontwikkel.

Jou storie het ‘n godsdienstige ondertoon. Is dit die Katoliek in jou?
Ek is ‘n swak Katoliek, ‘n tipe à la carte-Katoliek wat van die Katolisisme-spyskaart die dinge wil kies waarvan ek hou, en dinge waarvan ek nie hou nie, soos die broccoli, wil ignoreer. Maar ‘n mens skud nooit die manier af waarop jy uit jou godsdiensagtergrond na die wêreld kyk nie. In Katolisisme is daar die geloof in die moontlikheid van boetvaardigheid, verandering en sieleheil, en dis alles relevant tot my boeke. Selfs as jy na misdaadfiksie kyk, soos James Lee Burke se Dave Robicheaux, Michael Connelly se Harry Bosch en Dennis Lehane se Patrick Kenzie – dis almal karakters wat soek na verlossing. En dis interessant dat al dié skrywers of ‘n Katolieke of ‘n Grieks-Ortodokse agtergrond het. Die karakters is verenig in hul soeke na bevryding, en bevry hulself deur selfopoffering. Jy sien hulle oor en oor betrokke raak by situasies, want om nie betrokke te raak nie maak hulle medepligtig. In Amerikaanse misdaadfiksie is daar nie geloof in die reg en orde en die polisie nie. As daar polisiemanne in die stories is, is hulle jukskeibrekers, omdat daar ‘n opvatting is dat die instansies waarvoor hulle werk, korrup is en nie vir die weerloses veg nie. Dis waar die privaatspeurder inkom. Dit was nie iets wat ek aktief nagevolg het nie, maar oor ‘n tydperk het dit ‘n patroon geword wat herhaaldelik in my boeke voorkom.

Charlie Parker moes deur die reeks gegroei het. Het hy jou by tye verras?
Ek het die eerste boek geskryf toe ek in my middel twintigs was en is nou in my middel veertigs. Ek het verander. Deur Charlie toe te laat om ouer te word in die boeke, want hy het, kyk hy ook anders na die wêreld as in die eerste boeke. Met die ouderdom kom daar meer kalmte. Ek dink daar is ook meer deernis in my boeke as voorheen.

Hoe verskil dit om ‘n alleenstaande boek te skryf teenoor ‘n reeks soos Charlie Parker?
Die gevaar in alle reeks is dat hulle moeg en herhalend kan raak. Dis ‘n ingeboude kwaliteitdefek in reekse en skrywers neem verskillende standpunte in hieroor. Sekere skrywers aanvaar dit en skryf dertig of veertig boeke in ‘n reeks. Party daarvan is goed, ander nie. As jy ‘n karakter in tyd vries, is dit baie moeilik om hom te laat ontwikkel. Daarenteen, as jy jou karakter laat ouer word, kan jy altyd aanhou skryf, want jou karakter gaan die hele tyd ontwikkel en dinge anders aanpak. As jy ‘n seiljag wil koop, dan sal jy dieselfde boek jaar ná jaar skryf en uitgee. Die ding wat kommersieel goed is vir jou, is sleg vir jou kreatiwiteit. Wanneer jy ook wegbreek en ‘n alleenstaande boek skryf, kom jy verfris terug en kyk met nuwe oë na jou reeks. Ek teken nie langtermynkontrakte nie, want dis ‘n doodskoot. Die boek waarmee ek besig is, is ‘n eksperiment. As dit gepubliseer word, dan het ek iets geleer. Ek sal egter moet terugkeer na my reeks, want ek moet my verband betaal. Maar ek sal nie voel die reeks is ‘n las nie, ek sien met verwagting uit daarna.

Het jy soms ‘n aha!-oomblik wanneer jy weet dít is waaroor jou boek gaan handel?
Skrywers is soos kraaie, hulle soek altyd na blink goed en blink goed is vir skrywers die fokus van ‘n boek. Met hierdie boek was die blink ding die feit dat vliegtuie in Maine se moerasse neergestort het en nooit gevind is nie. Die wrakke is seker daar iewers. Dit klink onwerklik in hierdie tye, want ons het GPS en is veronderstel om alles te kan opspoor. Maar daar is dele van die wêreld waar dinge verdwyn. Hierdie verskuilde dele van die gemeenskap is ‘n pasklaar metafoor. Dit word vir jou op ‘n skinkbord aangebied en jy aanvaar dit. Daar is ‘n beenderehuis buite Praag, dis ‘n kerk wat basies uit menslike bene bestaan. Dis my blink ding wat ek opgetel het. So versamel ek al om die blink goedjies en dan ontwikkel dit in ‘n verhaal. My verhale begin gewoonlik met ‘n baie eenvoudige idee.

Was daar ‘n punt met die skryf van die boek waar jy jou teen ‘n muur vasgeloop het?
Elke keer. Elke boek wat ek al geskryf het, wou ek weggooi nadat ek so twintig- of dertigduisend woorde geskryf het. Aan die begin loop alles vlot, want jy is opgewonde en dis ‘n nuwe projek. Stelselmatig verloor jy bietjie stoom, verloor jou vertroue in die verhaal en dan wil jy moed opgee. Daai muur is interessant. In ‘n marathon gebeur dit nogal laat in die wedloop en jy hardloop deur dit. As jy stop, sal jy nie die wedloop voltooi nie. Met skryf kom daai muur baie vroeër en hy gaan nooit weg nie, hy skuif net saam met jou. Jy skryf nie deur hom nie. Eers as jy in die finale pylvak is en jy weet min of meer hoe jou verhaal gaan eindig, dan gaan daai muur miskien weg. Ek dink twyfel is deel van die proses, dit spoor jou aan.

Lees jy resensies oor jou boeke?
Nie meer nie. In die begin het dit saak gemaak. As jy ‘n jong skrywer is, maak baie dinge saak. Ek wou pryse wen. Ek wou daardie soort erkenning hê. Ek sou ‘n goeie resensie lees en dit nie glo nie, maar ek sou ‘n slegte resensie lees en dan dink: ”Hier kom dit nou, hulle het my uitgevang.” Nou lees ek nie meer resensies nie. Ek weet beter as enigiemand anders wat elkeen van my boeke se tekortkominge is. ‘n Resensie gaan my niks vertel wat ek nie reeds weet nie.

Is jy as skrywer besorgd oor lees en die toekoms van die boek?
Ons almal is. Skrywers kry nie meer voorskotte vir hul boeke nie, maar is meer afhanklik van tantièmes. Jy het ook ‘n groter verantwoordelikheid teenoor jou boeke. Daar word van jou verwag om die sosiale media te gebruik om jou boeke onder mense se aandag te bring. Dit irriteer my ‘n bietjie. As ‘n leser wil ek graag ‘n keuse hê. Ek wil hê plaaslike boekwinkels moet voortbestaan. Ek dink dis belangrik vir ons kultuur en vir die gemeenskap. As jy nie elektrisiteit het of toegang tot die internet nie, dan kan jy nie elektronies lees nie. Ja, ek is baie besorgd.
 

 

  • Bryan

    sagt:Zu deiadnem ersadten Punkt gebe ich dir Recht, vgl. auch die Beiadtre4ge „“, „“ und „“.Wie kann die Geselladschaft (und insadbeadsonaddere das notoadrisch defekte) Erzieadhungsadsysadtem dann aber auf die Heradausadforaddeadrunadgen reaadgieadren, die „lifelong leninrag“ und die Proadklaadmaadtion der Wisadsensadgeadselladschaft mit sich ffchadren? Neben dieadsen beiadden Fraadgen stellt sich vor allem auch das Proadblem, dass das Medium Kind (oder deiadnem Voradschlag foladgend, das Medium „selekadtiadonsadbeaddfcrfadtiadger Mensch“) nicht (oder nur unzuadreiadchend) bine4r codieradbar ist: Das Kind als soladches ist zwar vermittelbar/nicht-vermittelbar, aber es wird dann auch wirkadlich nur die soziale Selekadtion codiert. Die Erzieadhung braucht m.E. den Bezug auf ein umfasadsenaddeadres Medium (als das Kind, das in veradmitadteladbaadrer Form blodf die strukadtuadrelle Koppadlung mit dem Wirtadschaftsadsysadtem oder einadzeladnen Orgaadniadsaadtioadnen ermf6gadlicht), zugleich jedoch nicht zu ausadgreiadfenaddes Medium (das wie der Lebensadlauf auch die Umwelt des Sysadtems zu koloadniadsieadren beginnt — das ist ffcr das Sysadtem dauaderadhaft nicht mf6gadlich, wir reden ja von autoadpoadieadtiadschen Sysadteadmen). Die beiadden Voradschle4ge osziladlieadren zwiadschen Inflaadtion und Deflaadtion des Systems.Veradstehe mich nicht falsch: Luhadmanns Voradschle4ge sind von hf6chsadter Wichadtigadkeit. Aber die Erzieadhungsadwisadsenadschaft muss neben sysadtemadtheoadreadtiadschen auch die Heradausadforaddeadrunadgen der gegenadwe4radtiadgen Umbrfcadche annehadmen (Umsteladlung des Hauptadveradbreiadtungsadmeaddiadums etc.). Ich hoffe, da im Diaadlog mit Sysadtemadtheoadreadtiadkern andeadrer Disadziadpliadnen und in der weiadteadren Besche4fadtiadgung hier eine viaadble Lf6sung voradschlaadgen zu kf6nnen…Post scripadtum:Was deiadnen Veradgleich mit der Mediadzin betrifft: Wir mfcsadsen genau genomadmen die Zurechadnungsadkonadsteladlaadtion des (potenadtiadeladlen) symadboadlisch geneadraadliadsieradten Komadmuadniadkaadtiadonsadmeaddium in den Blick nehadmen. Wie ist seine Selekadtiadviadte4t strukadtuadriert? Alters Erleadben muss zu Egos Hanaddeln deradart in Bezieadhung gesetzt weradden, dass Motive zur Komadmuadniadkaadtion im seladben Medium aus dieadsem Bezug resuladtieadren. Pikanadteradweise erkennt der Luhmann-Kenner die Paradaladleadliadte4t zur Liebe (vgl. GdG, S. 336). Zum Biladdungsadgeaddanadken: Der ist in der Tat viel zu gefe4hradlich. dcberadall wuchert Erzieadhung — mit dem Biladdungsadbeadgriff we4re sie deckungsadgleich mit der Geselladschaft, was „Wisadsenadgeadselladschaft“ zuminaddest andeuadtet. Arme Pe4dagogen.