8115_a_prisoner_s_home_pb_cover_
Lewe + Liefdes

Boek is ‘n huldeblyk aan Nelson Mandela en sy familie.

Die fotos is geneem by Nelson Mandela se huis by 8115 Vilikazistraat in Soweto.  Die huis is in die vroeë 1940’s gebou en is niks buitengewoon nie. Maar hier het baie belangrike oomblikke afgespeel in Nelson Mandela se persoonlike geskiedenis. Die huis word jaarliks deur vele toeriste besoek.  8115: A Prisoner’s Home word nou in sagteband uitgegee deur Penguin (R190)  ter ere van die wêreld ikoon, Nelson Mandela.

 Die bekende fotograaf, Alf Kumalo was ‘n goeie vriend van die Mandelas en hy was in die posisie om van die belangrike geskiedkundige fotos te neem. Kumalo se fotos  is al oor die wêreld uitgestal. Hy is op 21 Oktober 2012 oorlede. Zukiswa Wanner se teks skep ‘n prentjie van gewone mense wat ongewone lewens gelei het.

Hier is ‘n paar van die fotos in die boek.