FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Boeke

SA krieketheld skryf outobiografie

AB de Villiers is een van die wêreld se beste krieketspelers. En sy statistieke bewys dit.

Hy het tot dusver 14 000 lopies in 98 kriekettoetste vir Suid-Afrika aangeteken, 8 000 lopies in 190 internasionale eendagwedstryde en meer as 40 000 lopies in sy professionele loopbaan. Dit wil gedoen wees! Hy het in sy besige program tyd gemaak om sy outobiografie te skryf.

Dis sy verhaal, in sy eie woorde. Waar hy vandaan kom, hoe hy as seun in verskillende sportsoorte uitgeblink het, en waarom hy uiteindelik krieket gekies het. Op 20 het hy sy internasionale krieketdebuut gemaak. Die res is geskiedenis. Hy het ’n paar vrae oor sy boek, AB, Die Outobiografie (Pan Macmillan, R350), per e-pos beantwoord.

 

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Het jy self geskryf of het iemand saam met jou geskryf aan jou outobiografie?
Ek het al die inhoud geskep, maar saam met ’n professionele redakteur gewerk om seker te maak die vloei behoorlik.

Hoe het jy die skryfproses bestuur tussen jou besige loopbaan en toere deur?
Ons het darem aftye tussendeur. Die hele skryfproses het 14 maande geneem.

Wat was die moeilikste van die boek?
Die moeilikste deel van die boek was om oor die krieket te skryf wat ek al gespeel het. Al die fantastiese hoogtepunte, maar om steeds die boek leesbaar te hou.

Hoe moeilik is dit om oor jou hele lewe te skryf?
Dit was ’n ongelooflike ervaring. Ek hoop dat my seun dankbaar sal wees wanneer hy oud genoeg is om die boek te lees.

Is daar dinge in jou boek wat mense gaan verras?
Ek is nie seker nie. Hulle moet maar lees en uitvind! Ek is ’n ongekompliseerde mens, en ek het probeer om so eerlik as moontlik te wees.

Volgens Adam Gilchrist, die Australiese krieketspeler, is AB tans een die mees gerekende krieketspeler op die planeet. Ten spyte van AB se sukses op die krieketveld bly hy nederig, positief en ’n held vir miljoene Suid-Afrikaners.

Die boek sal September op die winkelrakke wees. AB is een van die gewildste krieketspelers in Indië, ten spyte daarvan dat hy nie ’n Indiese speler is nie! Hy het spesiaal vir sy aanhangers in Indië getwiet oor sy boek. Maar Suid-Afrikaners kan ook die boek bestel.