bazoo
Boeke

Bazoo vir kleuters en Hoezit! vir tieners

Bazoo, die vriendelike skilpad, staan gereed om mammas, pappas, oumas en oupas te help om die kleingoed besig te hou. Hy is die karaktertjie waarom dié nuwe kleutertydskrif draai.
Op ‘n speelse manier help hy om voorskoolse kleuters se vroeë geletterdheidsontwikkeling, waarneming, denkvaardighede, fyn motoriese beheer en koördinasie, rekenvaardighede en luistervaardighede te stimuleer. Die voorlees-hulpmiddel help besige ouers om kwaliteittyd saam met hul kleuters te geniet
Die tydskrif verskyn tweemaandeliks.
e-pos:admin@bazoo.co.za of faks 086 633 6912.

Hoezit! is die ATKV se tydskrif gemik op Afrikaanssprekende kinders tussen 9 en 12.
Die tydskrif het 5 afdelings:
- Vermaak: nuwe flieks, speletjies, boeke en bekendes
- My Wêreld: interessante feite oor die wêreld
- Ek Voel: emosionele kwessies
- Slimkop: gefokus op skoolsillabus
- Vet Pret: sudoku, woordsoeke en doen-dit-self-dinge.
Die tydskrif verskyn maandeliks.
e-pos hoezit@atkv.org.za of skakel 011 919 9112

  • Riana Nel

    Bazoo is werklik n merkwaardige kleuter tydskrif. Het al ingeskryf daarvoor en was verstom oor die inhoud.

    Baie dankie vir n tydskrif soos Bazoo.

  • Erika Oosthuizen

    Stel belang om in te skryf vir die Bazoo-tydskrif.
    Dankie

  • http://www.bazoo.co.za Bazoo Tydskrif

    Baie dankie vir die kommentaar! Gaan loer gerus op Bazoo se webtuiste
    by http://www.bazoo.co.za
    vir intekenopsies en inligting oor vorige uitgawes.
    BAZOOGROETE!

  • Jeanie Henning

    kan u asb vir my laat weet wat die jaarlikse fooie is vir BAZOO en HOEZIT?? Sal dit graag vir my klein kinders will aan koop

    Groete

    Jeanie Henning