Boeke

Boeke wat inspireer

Boeke is die perfekte Kersgeskenke vir boekwurm-vriende -en familie. Hier is ‘n paar wenke vir boeke wat inspireer…

 

 

 

Birds & People

Birds & People - Mark Cocker HRMark Cocker, met foto’s deur David Tipling (Jonathan Cape, R735)

Cocker deel meer as 40 jaar se kennis in hierdie ongewone en fassinerende boek wat oor voëls gaan, maar eintlik meer vertel oor die verhouding wat die mens met dié geveerdes het. Hy sluit staaltjies en persoonlike stories van meer as 650 mense in 81 lande in. Dit het sewe jaar geneem om die boek saam te stel.

 

Hotel Yeoville

Terry Kurgan (Fourthwall Books, R480)Hotel Yeoville

Dié versameling foto’s en essays is die resultaat van ’n openbare kunsprojek deur Terry Kurgan. Dit het bestaan uit ’n webwerf, ’n foto-muur en ’n reeks hokkies waar gewone mense deur video, fotografie en teks met behulp van toepassings (apps) vir sosiale media hul stories kon deel. Bestel by www.fourthwallbooks.com

 

The Beatles:The BBC Archives

The Beatles 9781849906890Kevin Howlett (Ebury Publishing, R950)
Howlett is ’n vervaardiger vir die BBC en ook ’n kenner van die Beatles. Hy het diep in die uitsaaier se argiewe van 1962 tot 1970 gedelf vir dié boek oor een van die grootste musiekgroepe van alle tye.

 

 

Legacy of the Mine

Ilan Godfrey (Jacana, R300)LegacyCover-FA.indd

Met hierdie visuele vertelling het Godfrey die 2013 Ernest Cole-fotografieprys gewen. Hierin is die onvertelde stories opgeteken van die vergete gemeenskappe wat deur die mynbedryf agtergelaat is.

 

 

The Style Bible

style bible cover_hrSimon Rademan (Zebra Press, R250)

Dié SA ontwerper deel sy kennis oor klerekasbeplanning en bespreek die definisie van styl, mode en hoe dit die wêreld beïnvloed. Daar is hoofstukke oor bykomstighede, etiket, geskikte kleredrag en haute couture.