Boeke

Breyten wen Franse prys

Dis vir sy jongste bundel Oorblyfsel/Voice Over, wat in Frans verskyn het as Outre Voix/Voice Over. Die digter woon in Parys, Frankryk en het reeds verskeie pryse vir sy skryfwerk ontvang, onder meer twee keer die Hertzogprys vir poësie.

Die Max Jacob-prys word sedert 1950 jaarliks toegeken aan twee digters en is ter ere van die Franse skrywer en skilder Max Jacob, wat in ‘n oorgangskamp op pad na ‘n konsentrasiekamp gesterf het.

Breyten deel die prys met Bernard Mazo vir sy bundel La cendra des Jours.