Deon Meyer se 13 uur saam met Stieg Larsson se 3de boek vir gesogte internasionale prys benoem
Foto’s: www.deonmeyer.com Galery
Deon Meyer se 13 Uur (vertaal in Engels as Thirteen Hours) is die eerste roman uit Afrikaans vertaal wat vir 'n toonaangewende CWA International Dagger-prys benoem is.
En dit nogal saam met Stieg Larsson se The Girl Who Kicked the Hornets' Nest.
Die 'Daggers' is die mees gevestigde literêre toekennning in Brittanje en om dit te wen is voorwaar 'n internasionale stempel van uitmuntendheid. Die 'Daggers' erken die beste misdaad- en spanningsliteratuur en die prys word toegeken deur die Britse Crime Writers' Association.
Ander boeke op die kortlys is Badfellas deur Tonino Benacquista, August Heat deur Andrea Camilleri, Hypothermia deur Arnaldur Indriðason, The Girl Who Kicked the Hornets' Nest deur Stieg Larsson, and The Darkest Room deur Johan Theorin, vertaal deur Marlaine Delargy (Doubleday).
Deon Meyer se Roer!-resepte - Pizza en karamelpoeding
Verwante artikels
-
Gevind: Die meisie met die 'dragon tattoo'
SARIE Augustus 2010
Kyk wie het die rol van Lisbeth Salander gekry?
-
James Bond is Mikael Blomkvist in nuwe Larsson-fliek
SARIE Augustus 2010
Vuurwarm nuus! Daniel Craig (42) is gekies om die rol van die joernalis Mikael Blomkvist in die Amerikaanse weergawe van die topverkoper Stieg Larsson-boek The Girl with the Dragon Tattoo te vertolk, berig Entertainment Weekly se webtuiste.
-
Kyk die voorprent van Jakhalsdans - nuwe Afrikaanse fliek met Theuns Jordaan en Elizma Theron
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 3
'n Splinternuwe Afrikaanse fliek Jakhalsdans begin op 23 April 2010 op die grootskerm wys. Dis gegrond op 'n liefdesverhaal deur die skrywer Deon Meyer, die regisseur is Darrell Roodt.
-
SARIE se Charis resenseer Jakhalsdans
SARIE - April 2010
"Nadat jy die fliek gekyk het, voel dit so 'n bietjie asof jy na 'n hoogspring-atleet gekyk het wat maar net nie oor daai dwarslat kon kom nie." Só skryf SARIE se Charis oor die nuwe Afrikaanse fliek Jakhalsdans.


















Kommentaar