Boeke

Eksklusiewe boekuittreksel: “Wees ‘n uitsonderlike vrou”

Hoofstuk 1 – Aanvaar nederig aanvaarding

My hart was in twee geskeur, omdat dit deurgetrap, rondgegooi en eenkant gesmyt is. My mat was nat van trane en ek het uitgestrek op die vloer gelê en gewonder of die pyn ooit sou weggaan.

Hoekom het hierdie geveg my so ondergekry? Ek het dit al oorleef om maande lank in die bed te wees ná ’n ernstige siekte. Nie babas in die hospitaal, finansiële teëspoed of my man se kanker het my al só lamgeslaan nie. Dit was moeilike tye, maar ons kon dit verduur om – dat ons geweet het ons word aanvaar en verstaan, en ons het mense wat lief vir ons is en ons ondersteun.

Hierdie was ’n ander tipe pyn.

Ek dra al my lewe lank onsekerheid met my saam, en dit was soos ’n klein, skerp klippie in my skoen: onmoontlik om te sien, maar dit het my elke dag van voor af seergemaak. Maar selfs die skerp, blywende pyn van onsekerheid is niks in vergelyking met die pyn van die verraad, verwerping en karaktermoord waarmee ek nou gekonfronteer is nie.

Met alles in my het ek na die Here uitgeroep: “O God! Dit maak so seer! Help my om u hand hierin te sien! Wys my hoe om deur hier die pyn tot op ’n beter plek te loop. Ek smag na U, Here!”

Ek het alleen gevoel, asof niemand my verstaan nie, en die snikke wat uit my mond gekom het, was oorverdowend, selfs vir my eie ore.

Tog, uit die bloute, was dit daar, en my geestelike ore het dit gehoor. “Ek is hier vir jou, my kind. Jy hoef nie alleen hierdeur te gaan nie. Ek ken verwerping. Ek ken die pyn wat soos ’n dolk steek en draai in jou binneste, wat jou hart breek en jou vel brand. Ek verstaan dit baie goed. Maar dit is nou tyd om op te staan. Ék is lief vir jou. Ék aanvaar jou. En daar is dinge wat jy in hierdie lewe moet doen. Om mee tebegin, gaan jy vir die mense wat jou beskuldig, bid.”

Onmiddellik het ek regop gesit, my oë afgevee en by die venster uit gekyk. Die lug was blou en hemels en die voëls het so gelukkig soos altyd gelyk. Ek kon nie met hulle identifi seer nie. Ek het voor my bank gekniel en dit as ’n altaar gebruik – ek het my hande gevou en begin bid. Ek het nie liefde in my hart vir my voormalige vriendinne oorgehad nie, net woede. Ek wou nie hê dat hulle geseën word nie; ek wouhê hulle moet onder die magtige hand van God ondergaan.

Ek is net eerlik.

Tog het ek gehoorsaam en gebid. Hoe meer ek gebid het, hoe meer het ek besef dat hierdie pyn – hierdie vallei – ’n lushof vol vrugbare grond is, gereed en wagtend op my om saadjies van geloof, vergifnis en gehoorsaamheid te plant. Ek het besef dat ek die magtige geleentheid het vir groei, wonderwerke en ’n vars openbaring van hierdie Man, Jesus.

Die Bybel sê dat Hy vir my ’n tafel voorberei in die teenwoordigheid van my vyande. Selfs al moes ek tot daar kruip, wou ek by daardie tafel eet. 

Sê nou ek kon saam met die dissipels en saam met Jesus – God se Seun, die Koning van die heelal – by dié tafel plek inneem? Sou ek gemeng de ge voelens gehad het? Ek vermoed so. Aan die een kant glo ek dat ek ongeloofl ike ontsag en stille bewondering sou ervaar omdat ek so naby aan die Here was. En tog, as ek my gedagtes toelaat om hul gang te gaan, wonder ek of ek ook ’n mate van trots en meerderwaardig heid sou beleef het omdat ek een van die min uitverkorenes was wat saam met Jesus beweeg het. O, ek hoop nie so nie! Maar tog wonder ek …

Namate die tyd vir aandete nadergekom het in die bokamer kan ek my indink hoe die dissipels rondgekyk het op soek na die slaaf wat hulle voete sou was as deel van die voorbereiding vir die fees. Dit was gewoonlik die gebruik dat as daar nie ’n slaaf beskikbaar was vir die voetewas nie, een van die gaste sou inwillig om dit te doen. Omdat dit nie geblyk het of enigiemand in die vertrek gewillig was om dit te doen nie, wonder ek of hulle oorweeg het om ’n jong slaaf op straat te kry om dit vir hulle te doen. Miskien het hulle onder mekaar gemom pel, hardop gewonder hoe lank hulle sou moes wag voor die ete bedien sou word.

Kan jy hul ongeloof indink toe Jesus opstaan, die slawekleed om sy middel vasbind en die waskom optel? Dink hoe hard hulle moes sluk, terwyl hulle ongemaklik terugskarrel om vir Hom plek te maak. Soos Jesus se hande vuil geword het van die vuilheid op hul voete, moes hul harte gesmelt het en enige potensiële trots wat hulle kon hê, sou vervang word met uiterste nederigheid.

Terwyl Jesus hulle voete gewas het, het Hy in sy hart geweet dat elkeen van hulle hom in die steek sou laat op een of ander stadium daar – die nag. Ek het ook vrese én onsekerhede en ek is seker as ek deel van die groep was, sou ek Hom ook verlaat het. Judas het Jesus verlaat én verloën. (Judas wou mag en aansien hê, en dit het vir hom al duideliker begin word dat die Man wat hy gevolg het nie sy passie vir menslike invloed gedeel het nie.) Terwyl Hy die vuilheid van Judas voete afgewas het, moes Jesus se hart gepyn het in die wete dat Hy vir die prys van ’n slaaf verloën sou word. Jesus het gewéét dat dit die voete was van die man wat die mees ondraaglike, angswekkende ure van sy lewe in werking sou laat tree. Tog het Hy gedien. Tog het Hy gewas, het Hy gevryf, het Hy liefdevol die voete van die skuldige vasgehou.

Hoeveel keer dink jy het hierdie blyke van diens in die dissipels se geestesoog afgespeel in die daaropvolgende dae? Sonder twyfel was daar dae wat hulle meer lafhartig as dapper was. Hulle voete sou weer vuil word. Jesus het dit geweet; daarom het Hy hulle met ’n teer herinnering aan sy liefde vir hulle gelos, deur nederig hulle voete te was op ’n manier waarop hulle geëer en erken is. Hy het vir hulle ’n standhoudende prentjie geskets van besonderse en ware grootheid. Hierdie oomblik tussen Jesus en sy dissipels het my laat na dink oor my eie vuil voete. Die troebel water in die waskom was mýne. Die feit dat daardie vroue my met hulle woorde seerge maak het, was bysaak.

Dit het nie meer saak gemaak dat hulle my nie kon verdra nie. Wie het ek seergemaak? Waar was ek? En hoe moes ek my gesindheid en vuil voete verenig met die nederigheid van Christus wat Hom steeds laer laat daal het?

Dit was nie vir my nodig om te diep te soek om nederig te besef dat ek meer van Jesus en minder van myself benodig nie. Maar om te bid vir vroue met klippe in hulle hande en hulle blik gevestig op my het na ’n onmoontlike taak gelyk. Om na Jesus te kyk en die vraag te vra (soos Joyce Meyer dit so veelseggend stel): “Wat in my het hierdie gebeurtenis genoodsaak?” het meer moed gevra as wat ek op daardie tydstip gedink het ek oor be skik.

Volgens my was hulle woorde soos planke terwyl myne net soos splinters gevoel het. Vanuit God se oogpunt is sonde sonde en dit skei ons van Hom – en verhoed dat ons duidelik kan sien. Splin ters kom van planke af en is dus maar tog een en dieselfde. Dit word deur liefde en vergifnis verwyder. Dit is iets waardeur ek en God reeds gewerk het, maar hierdie keer het Hy die ploeg bietjie dieper in ge slaan.

Ek glo met my hele hart dat dit nie net moontlik is om bo die pyn van verraad en verwerping uit te styg nie; dit is ons roeping, ons voorreg en ons verantwoordelikheid as verloste mense. Ek verklaar selfs dat dié wat God onvoorwaardelik op sy beloftes in hierdie tye hou, sal uitstyg en selfs nog meer geseën en toegerus vir sy diens sal wees nadat die storm gaan lê het. Hulle sal meer sagtheid in hulle siel hê, meer medelye en oortuiging in hulle dade en ’n groter kapasiteit om ander lief te hê en te vergewe.

Ongelukkig is die normale manier van optrede in sulke tye om te vergeld met kleinlikheid en ’n geskinder, sake teen die ander party te bou en bondgenootskappe te smee. Dié wat hierdie pad deur verraad en verwerping stap, gee die duiwel ’n sterk houvas op hul lewe. Hulle stap miserabel van die krisis weg en is nie geseënd nie. Hulle sukkel met agterdog in plaas daarvan om ver troue te hê. Hulle is sinies en son der hoop.

Om ’n besonderse vrou te wees, is om te doen wat onnatuurlik is. Soos strome water in ’n woestyn het die besonderse vrou die vermoë om verfrissing te vind en om ’n bron van verfrissing te wéés, ongeag waarheen die lewe haar neem. Hier is hoe ek deur my valleie van verwerping en verraad gestap het en anderkant uitgekom het met die skatte wat God my beloof het:

Stap een: Herinner jou gereeld aan wie jy is en wie s’n jy is in Christus volgens die Woord van God (geliefd, geroep, aanvaar,gekies, bemin en vergewe). Waag dit om die Here toe te laat om enigiets in jou uit te wys waarvan Hy nie hou nie (Ps. 139:23-24).

Stap twee: Bid vir jou aanklaers. Vra God om hulle te seën.Dit is nie maklik nie, want jy wil nie hê dat hulle geseën word nie, maar glo my: Hoe meer hulle na Jesus toe aangetrek word, hoe meer sal hulle soos Hy word.

Stap drie: Vergewe jou aanklaers. Dit is ’n “warmpatat-oefening”. Jy sal hulle vandag vergewe – miskien selfs 20 keer – en môre sal jy hulle 19 keer moet ver gewe. Uiteindelik sal dit op ’n dag gebeur dat die patat in die lug bly en dan sal jy vry wees om die uitkoms aan die Here oor te laat.

Stap vier: Dank die Here vir alles wat goed is in jou lewe.

Gedurende tye van verwerping is die moontlikheid groot dat jy perspektief kan verloor en dié afskeep wat jou nie verlaat of verraai het nie.

Stap vyf: Bid vir iemand wat in moeiliker omstandighede as jy is. Skryf vir haar ’n briefi e of koop vir haar ’n geskenk. Moenie vergeet dat jy selfs in moeilike tye deur God ge roep is om ’n kanaal van sy seën te wees nie.

Stap ses: Oefen. Om jou spiere te laat werk en jou bloed te dwing om deur jou are te sirkuleer, kan wonderlike dinge vir jou lyf en jou verstand doen. Bid terwyl jy oefen. Vra die Here om jou hart rein te hou.

Stap sewe: Rus genoeg en staan môreoggend op en begin weer met Stap Een.

Die lewe is nie altyd lekker nie. Ons veroorsaak dit. En tog, ten spyte van die modder wat na ons toe gegooi word, die vuilheid op ons eie voete en die klippe in ons hande, is ons veronderstel om steeds te glo dat ons sy skat is. Jesus wil hê ons moet opstaan uit die vallei van skinder en onsekerheid en beweeg na ’n plek van heilige vertroue en nederige afhanklikheid.

Hy lig ons op uit die as, was ons skoon en leer ons hoe om te sing (Ps. 40:1-4). Hy reik uit na ons en met die akkuraatheid van ’n chirurg se hand verwyder Hy enige kankeragtige karaktereien skap pe terwyl Hy steeds dit wat mooi is, behou. Wanneer ons gees gekneus is en ons lamppit smeul, vou Hy sy hande om ons en blaas weer lewe in ons in (Jes. 42:3; Matt. 12:20). Ons is alles vir Hom … tog is ons niks sonder Hom nie.

Die uitsonderlike vrou verstaan haar geneigdheid vir kleinlik heid, selfsug en ’n sondige natuur wat haar weg van die Almagtige lei. Maar dis nie waarop sy fokus nie. Nee, ten spyte van dit wat sy van haarself weet, vertrou sy haar ten volle toe aan die Een wat haar sal omskep in iets uitsonderliks.

Om aanvaarding te aanvaar, beteken dat jy die moed het om jou swakhede te erken sonder om toe te laat dat dit afbreuk aan jou waarde doen. Om aanvaarding te aanvaar, beteken om te weier om toe te laat dat ander jou definieer, want God het dit reeds gedoen. Om aanvaarding te aanvaar, beteken jy koester die feit dat jy teen ’n prys gekoop is; daarom aanvaar jy die roeping om daagliks meer en meer soos Christus te word.

Jesus het geweet dat die Vader alles tot sy beskikking gestel het, en dat Hy van God gekom het en weer na die Vader teruggaan. Hy het toe van die tafel af opgestaan, sy boklere uitgetrek, ’n doek gevat en dit om Hom vasgebind ( Joh. 13:3-4).

Om vry te leef en aanvaarding aan te neem, is om die pad te loop wat Jesus geloop het en om te glo wat Hy sê. Hy het verstaan dat Hy van God gekom het en weer na die Vader teruggaan. Hy het van sý plek van die tafel af opgestaan.

Hierin lê die sleutel tot die aanvaar van aanvaarding. Ons verstaan wie ons is deur te weet wie s’n ons is. Ons moet eerstens hierdie waarheid aanvaar – eens en vir altyd – dat ons ’n hemelse skepping is deur ’n meesterlike Kunstenaar, en dat ons geskape is om Hom eer te bring, baie vrugte te dra en sy liefde te weerspieeÅNl.

Weet jý waar jy vandaan kom en waarheen jy op pad is? Jy kom van Hom af! Jy is God se idee! Hy ken jou die beste en het jou die liefste omdat Hy jou gemaak het! Die hele hemel is aan jou kant; dit is belangrik, want jy is geroep om ’n kragtige lewe op aarde te lei. Wanneer jou aantal dae voltooi is en jou reis eindig, sal jy Jesus van aan gesig tot aangesig sien. Jy sal eerstehands die liefde in sy oë sien, en dit sal jou knieë lam maak. Vir ’n oomblik sal jy wens dat jy Hom meer vertrou het, want jy sal dan verstaan dat niks jou van sy liefde kan skei nie.

As ons onsself gereeld identifi seer as iemand wat Jesus liefhet, verander alles. Wanneer ons daardie sprong in die geloof neem om te glo dat alles wat ons nog altyd wou hê, nodig gehad het of voor hoop in Jesus gevind kan word, verander die betekenis van die lewe heeltemal.

Uiteindelik sal ons al die liefde glo wat God vir ons het. Op daardie oomblik sal niks op aarde ons kan keer om die mense te word wat God ons geroep het om te wees nie. Deur die leiding van die Heilige Gees sal ons vertroue en geloof in die wese van God ons in staat stel om ten volle in die grootheid van sy liefde vir ons te glo. – Graham Cooke

Hoe meer ons verstaan dat ons identiteit in Christus voortdurend veilig is en dat geen misstap, verwerping of oordeel dit ooit kan verander nie, hoe meer sal ons van die opinies van ander bevry word. Soos die gaping tussen God se opinie en ander se opinies groter word, sal ons meer vrylik kan leef en al meer besef dat die hemel ons tuiste is en dat die aarde die plek is waar ons Hom bekendmaak.

Namate ons al hoe meer kennis dra van ons aanvaarding in Christus, verloor die opinies van ander die krag wat dit eens oor ons gehad het. Dit is nie dat ons onbedagsaam of kil teenoor ander sal word nie; inteendeel. Ons is lief vir mense, maar ons hoop in God. Ons lewe, haal asem en wandel in die werklikheid dat ons iemand is van wie God hou en ons is op die uitkyk vir geleenthede om sy liefde te demonstreer.

Ons het aanvaarding aanvaar wanneer ons in staat is om van ons “plek” aan tafel op te staan en bereid is om op ons knieë te dien wanneer dit van ons verwag word. Ons word besonders wanneer ons, soos

Christus, dié vergewe wat dit nie verdien nie. Om eerlik te wees … ons verdien dit ook nie. En tog, om God se pad te stap, beteken om die feit te aanvaar dat ons dalk nie verdien om daar te wees nie, maar daar is as gevolg van Hom.

Ons is vry wanneer ons in staat is om te gee sonder om altyd ’n dankie te verwag, en te dien sonder om altyd die krediet daarvoor te kry. Dit sal nie vir ons belangrik wees om altyd reg of eerste te wees of raakgesien te word nie, want daardie dinge sal ons nie definieer nie. Jesus sal.

“Watter gebeure uit die verlede ons ook al eer mag bring, watter skandes uit die verlede ons dalk laat bloos, alles is saam met Christus gekruisig en bestaan nie meer nie, behalwe in die diep hoeke van die ewigheid.”

Jesus het sy identiteit met sy Vader ten volle verstaan. Hy het geweet dat Hy nie vir hierdie wêreld gemaak is nie; Hy het gekom om ’n taak te vervul. Hy het slegs hier deurbeweeg en sou gou weer terugkeer huis toe. Selfs al sou Hy sterf voordat baie mense geweet het wie Hy werklik was, het Hy nie getwyfel in die wete dat Hy koninklik is nie. Hy het geweet dat sy koningskap en intieme eenheid met God nie onderhandelbaar was of deur populêre opinie verander kon word nie; daar om het Hy vrylik geleef en Homself vir ander gegee.

Hy was altyd ’n Koning. Maar toe Hy van daardie tafel af opgestaan het en die was skottel geneem het, was Hy besig om iets te doen wat die onbelangrikste slaaf sou moes doen. Hy het Homself in die nederigste posisie geplaas en die voete geskrop van dié wat na Hom opgekyk het om leiding.

Jesus het die dissipels se voete gewas, en tog het Hy veel meer gedoen as om net ’n gebruik voor ete na te kom. Toe Hy sy hande in daardie vuil water gesteek het, het Hy vir ons die geheim gewys hoe om ander te sien soos Hy hulle sien. Ons leer uit hierdie belangrike daad hoe om die onbeminlikes lief te hê… selfs al is die onbeminlike persoon dié een wat in die spieël terugstaar.

Mense is nie wat hulle doen nie … hulle is iemand vir wie God lief is. Ons is nie wat ons doen nie … ons is iemand wat Hy geniet. In die groot en die klein dinge, tydens produktiewe en onproduktiewe seisoene, of ons deur geliefde vriende of deur vyande omring is, ons is sy skat, en dit sal nooit verander nie.

Wanneer ons verstaan dat ons vir sy pragtige doel geskep is, kan ons fokus op dit wat saak maak. Ons word toegedraai in sy on voorwaardelike liefde vir ons, en ons raak passievol oor waarheen Hy ons lei. Ons verwag ’n paar stampe langs die pad, maar ons glo op die einde dat stampe, kneusplekke en diep valleie nie faktore is wat ons definieer nie. Ja, dit druk ’n stempel af op ons reis en vorm ons tot pragtige vroue, maar dit het nie die mag om ons waarde af te breek nie.

Ons is niks sonder Hom nie, en alles vir Hom. Ons is ’n spikkeltjie stof in ’n groot en oneindigende heelal, en tog geniet Hy dit om Hom met ons te bemoei om ons groot te maak (Ps. 18:35-36, 1953-vertaling).

Dit verg moed om aanvaarding te aanvaar. Dit verg durf om van die grond af op te staan wanneer jy platgeslaan is. Dit verg groot nederigheid om die roeping te aanvaar wanneer jy die een is wat die klippe gegooi het. En tog, dít is die pad van die heilige; om te volhard en nie te gaan lê nie, nie as gevolg van ons volmaaktheid nie, maar as gevolg van Syne.

Om besonders te wees, is om die stem van die aanklaer stil te maak en na die Here se fluisterstem te luister. Om besonders te wees, is om die Here se dissipline aan te leer sodat ons meer soos H kan word. Die besonderse vrou weier om toe te laat dat haar foute en swakhede haar definieer om dat sy deur sy krag alleen gedefinieer word.

Liewe Here

U is al wat ek nodig het. Op die een of ander manier sal ek leer om in hierdie waarheid te wandel. Neem alles van my en maak my weer nuut! Verlos my van die strik van ander se opinies sodat ek U alleen kan dien. Vul my met ’n openbaring van my identiteit in U. Gee my die moed om die sprong in die geloof te maak dat ek iemand is vir wie U lief is. U is ’n opregte en getroue God en U verdien al my toegeneentheid. Wees my hoogste doel en my diepste liefde. Wees my anker en my seil. Wees my alles vandag en altyd, dierbare Here Jesus. Ek het U so lief. Amen.

Verklaring:

Ek verklaar, in Jesus se Naam, dat ek ten volle geliefd en heeltemal aanvaar is! Ek het alles wat ek nodig het omdat Christus in my leef! Ek weier om af te kyk of moed te verloor as gevolg van ander se opinies of my mislukkings in die verlede. God het my verlede verlos en my toekoms verseker sodat ek vandag kan lewe en vrug kan dra. Ek aanvaar my hoogste roeping – en ek aanvaar, deur geloof, die feit
dat ek aanvaar is … heeltemal! Amen.

Wat van jou?

1. Het jy al ooit daaraan gedink dat onsekerheid ’n vorm van selfsug is? Wanneer ons in ons identiteit twyfel, maak ons keuses met “ek in gedagte. Byna alles wat ons dan doen, is ’n poging om ons eie sin van selfwaarde te red. Lees 1 Korintiërs 7:23. Beskryf ’n tyd in jou lewe toe jy deur iemand anders se persepsie van jou gepootjie is. Wat was die onderliggende leuen wat jy geglo het?

2. Skryf die voorletters neer (of ’n kodewoord om jou privaatheid te beskerm) van dié mense wie se opinies te veel vir jou saak maak. Vra vergifnis. Neem ’n paar minute en vertrou jouself weer volkome aan die Here toe. Vra Hom vir ’n nuwe perspektief.

3. Die meeste van ons het “vaste grond”-areas waar ons met ’n mate van heilige vertroue kan loop, en tog het ons ook “sinkende sand”-areas wat dit vir ons moeilik maak om te onthou wie ons is. Wat is die grootste verskil tussen jou “vaste grond”- en “sinkende sand”-areas? Skryf dit neer.

4. Hoe kan jy die heilige vertroue (waartoe jy geroep is) buite jou bekende omgewing – na onbekende plekke – neem, sonder om in die dryfsand van onsekerheid vas te val? Watter voorsorgmaat reëls moet jy tref? Skryf ’n paar van jou idees neer.

5. Lees 1 Johannes 4:16. Die Griekse woord vir “weet” in hierdie vers is ginosko, wat onder andere ’n Joodse uitdrukking is vir seksuele omgang tussen ’n man en ’n vrou.6 Dink vir ’n oomblik daaroor na.
Om te “leef uit die wete” is om so bekend met Jesus se toegeneentheid vir jou te wees dat jy meer as enigiets anders jouself identifiseer as iemand wat geliefd is. Buiten titels, foute en prestasies …
word jy ten volle gekoester deur die Een wat alles weet. O, dat jy hierdie liefde mag ken! Wat defi nieer jou? Wees eerlik.

6. Die volgende belangrike woord in die vers is “oortuig”. Jy is oortuig dat jou kar sal aanskakel wanneer jy die sleutel draai. Jy glo dat die stoel waarop jy nou sit jou bo moet hou. En tog, hoeveel maak jy staat op God se liefde en is jy oortuig daarvan? Wat is die tasbare ma niere waarop jy kan wys dat jy oortuig is van God se liefde (byvoorbeeld deur minder te spog, meer te vertrou, minder te bekommer, meer geloof te hê, minder te spandeer, meer te gee)?
Skryf jou gedagtes neer.

7. Skryf ’n gebed waarin jy alles neerskryf vir die Een wat jou liefhet.