Boeke

Eksklusiewe uittreksel uit Joost se boek: Deel 1

HOOFSTUK 31: INEENSTORTING (DEEL 1)

 “…. Die volgende ding wat ek onthou, is dat ek êrens in ’n bed wakker geword en daarop aangedring het dat ’n verpleegster die pypies in my keel uithaal. Amor was daar en het vir my gesê: ‘Moenie worry nie, jy kan asemhaal … jy kan asemhaal …’

“Dit was aaklig toe hulle die pypies moes uithaal – die goed het tot reg in my longe geloop. Maar ek het blykbaar toe weer aan die slaap geraak en die volgende wat ek kan onthou is eers weer van die Maandagoggend af.”

Amor vul die gate in sy geheue. “Hy was baie knorrig toe hy by die huis kom, maar hy was al klaar kwaad toe ek hom gebel het voordat hy teruggekom het. Toe ek hom vra wat fout is, het hy net gesê hy is moeg. Hy het nie goed gelyk toe hy by die huis instap nie. Hy het half aan die slaap gelyk en was baie bleek.

Die gewone manier waarop hy voor hom uitgestaar het, asof hy duisend myl ver kyk, het meer gelyk na tweeduisend myl ver,” lag sy. “Hy het ook aan sy linkerskouer gesit en trek terwyl hy met die mense gesels het. Eintlik het hy meer geluister as gepraat. Ek het by myself gedink hy soek net simpatie. Hy het ’n lekker dag by die rugby gehad, maar ek was heeldag saam met die kinders by die huis, en ek was ook nogal moeg, het ek nog gedink.”

Toe een van die gaste opgestaan en totsiens gesê het, het dit gelyk asof Joost haar nie hoor nie. Amor het toe geweet dat daar beslis iets fout is. “Met dié het Joost opgekom en toe op die vloer neergeval; sy kop het die teëls getref. Ons gaste het ’n kussing onder sy kop gesit en gesê dit lyk asof hy slaap. Maar ek het onmiddellik gedink ‘paramedics’ – ek was eintlik paniekerig, maar het seker kalm gelyk. As gevolg van ’n insident toe Jordan ’n jaar gelede ’n brandwond opgedoen het, het ons die paramedici se nommer op ’n magneet op die yskas gehad. Ek het die nommer gebel en is binne ’n paar sekondes deurgeskakel. Ek het vir hulle gesê my man is bewusteloos en hulle moet asseblief iemand stuur. Jy sal dit nie glo nie – drie minute later was hulle by ons.”

Intussen het Joost ophou asemhaal, maar gelukkig het een van die gaste KPR op hom begin doen. Net toe stap die paramedici in. Joost het skielik begin ruk en skud, “asof hy ’n epileptiese aanval kry,” sê Amor. “Sy kop het op en af geruk – dit was soos ’n fit.”

 

Sy kop het op en af geruk
– dit was soos ’n fit.” – Amor

 

Amor het Joost se ouers en sy broer Pieter gebel, wat almal ingestem het om deur te kom. “Ek het saam met Joost in die ambulans gegaan en ons het Sunninghill-hospitaal toe gejaag.

Hulle het gereed gestaan en ons ingewag toe ons daar aankom. Ek was verstom oor hoe bekwaam hulle was. Jy hoor altyd van probleme met hospitaaldiens, maar die manier waarop hulle ons hanteer het was eenvoudig fantasties.”

Amor is na ’n wagkamer geneem, terwyl Joost verskeie skanderings gekry en ondersoek is.

“Die een oomblik het ek reggemaak om bed toe te gaan sodra ons gaste sou vertrek, en die volgende oomblik was ek in die hospitaal se noodeenheid. Ek het gewonder: ‘Wat de hel het gebeur?’

Dit was baie vreemd. Die kinders se gesigte het aanhoudend in my gedagtes opgekom. Ek het aanhou dink: ‘Hulle het ’n pa nodig, hy moet net oukei wees, vir húlle, hulle kan nie sonder hom lewe nie.’ Ek kon myself nie keer nie. Dit was verskriklik.”

Dinge het nie veel beter gegaan toe sy toegelaat is om Joost te sien nie. Hy is aan ’n lewensondersteuningstelsel gekoppel en het buisies in sy mond en deur sy keel tot in sy longe gehad.

“Natuurlik het ek hom nog nooit so gesien nie. Dit was moeilik om hom so te sien. Ek onthou ek het net langs hom gesit en sy hand vasgehou.”

Joost se ouers het omtrent eenuur daardie oggend daar aangekom, en sy broers kort daarna. Ongelukkig was Amor se ouers oorsee. “Dis vreemd, maar ek het so alleen gevoel. Dit het nie

saak gemaak dat daar ander mense was nie, ek wou net hê dat my ma en pa daar moes wees.”

Toe, in een stadium, wou ’n verpleegster die buisies na Joost se longe verwyder sodat hy op sy eie kon asemhaal. Dit is toe Joost blykbaar vir die eerste keer bygekom het, soos hy dit onthou.

Amor vertel: “Hy was erg onstoke en kwaad, en het gedreig om die buisies self uit te trek as die verpleegster dit nie doen nie. Hy kon ook niks onthou nie en het aanhoudend gevra waarom hy daar was.”

Dan voeg sy by: “Wat vir my vreemd was, was die heel eerste ding wat hy vir my gesê het: ‘Ek het vir oupa Joost gesien. Hy het na my toe gestap in die veld en hy het my hand geskud. Hy het gesê ek is oukei.’” Amor het gevoel asof sy breekpunt bereik het. “Alles was net so vreemd.”

LEES DEEL 2 HIER

WEN ELKE DAG ‘N GETEKENDE EKSEMPLAAR  – KLIK HIER

* Uittreksel uit Joost – Spiëelbeeld (Zebra Press), R189.95. Beskikbaar vanaf 10 November.

Bestel die boek teen ‘n afslag-prys by SARIE se aanlynwinkel.

 

  • Marie

    Nee dankie ek wil nie die snert verniet he nie!

  • betty

    Amor, luister mooi!! Vat die pad sus! die outjie is nog ver nie klaar met sy streke nie, dit is een vals aangeplakte "jammer sê".

  • Nadine

    Ek kan nie glo dat SARIE, van alle tydskrifte, Joost ondersteun re sy boek nie. Hierdie hele episode begin nou bietjie "dik" word in die keel…gee ons iets beters om te lees asb!!! En ja nee, ek dink al die biegstories van Joost en sy vreeslike verskonings "is one big act"….

  • Lucia

    Ai tog, gelukkig het Joos nie mense se vergifnis nodig nie want as dit van die mens afgehang het was hy beslis tot die ewige verdoemenis verban. Joos jou vergifnis sal jy kry by God, maak reg met Hom en basta met die res. Ek verseker jou, dat sodra jy werklik al jou sondes aan God bely het, jy sy vergifnis sal ontvang. Aanvaar dit, jy is net n mens en jy sal voel hoe die genade van ons Hemelse Vader jou omring. Weet jy wat, dan sal die opinies van die sondige mensdom jou ook nie meer pla nie. As jy dit egter nie regmaak met God nie, sal dit verewig swaar op jou rus. Ek hoop werklik jy lees hierdie stukkie raad. Ek is ook net n mens soos almal en almal verdien genade en vergifnis. Maak reg by die Een wat saakmaak. Sterkte vir jou en Amor, ek bid vir julle.

  • wendy

    dit is een sarie wat ek nie gaan koop nie ek kan nie glo sarie het so laag gedaal om hulle twak te koop nie sies vir julle en baie voel soos ek sy het al drie maande van haar drame geweet toe kom die jammer,,,,trane,,,,please give me strength joost hoeveel het jy en gremmel al gemaak ons sal natuurlik nooit weet nie hulle is commin net soos steve hoekom moet almal weet van al hulle gemors …sarie julle het ons as lesers teleurgestel ,,,

  • Colleen

    Joos en Amor ek was nog nie en ek hoop nie ek sal ooit in so ‘n stryd in my huwelik van amper 22 jaar te staan kom nie, maar onthou die wereld is net so sondig soos die raad wat hulle wil deel ek stem saam met Lucia daars net een plek waas jy regmaak en dit is by God vergeet die res. Vat hierdie tyd stadig en begin van voor. Moenie bang wees om stadig te beweeg nie, wees bang om stil te staan by die goed wat nie belangrik is nie. Vergeet die skinnertonge en stap stadig voort. EN MAAK REG MET GOD JOU SKEPPER EN ONDERHOUER. Amor staan by jou man God het jou ‘n opdrag deur jou huweliksbelofte gegee … en ja ek weet Joos het nie syne na gekom nie maar hoeveel keer het Hy(God) jou al vergewe.

  • Susan Kruger

    Ek kan nie glo dat mense se eie lewens so arm is dat hulle hulself so kan verlustig in iemand anders se leed nie. Niemand is volmaak nie en almal maak foute. Joost het die pad byster geraak, maar sy bekentenis en bekering is en bly ‘n saak tussen hom en God. Wie is ons om ‘n klip te gooi? Wie is ons om te besluit dit is "fake" of nie. Sy lewe het eintlik niks met iemand anders uit te waai nie. Dat hy ‘n bekende figuur is, gee ons geen reg om sy lewe te dissekteer en kritiseer nie.Die poppie wat se dat sy ‘n verhouding met hom gehad het- word wakker!!! Jy is net so skuldig. Wat soek jy by ‘n getroude man ? Jy pleeg ook egbreuk!! Wie gee jou die reg om te maak asof hy alleen skudig is? Alle sondes is ewe groot, want sonde is sonde en verkeerd bly verkeerd. As jy’n mens werklik opreg berou het en dit voor God bely en jou rug draai op daardie sonde sal God jou vergewe en daarvan VERGEET en niemand sal Hom kan keer om dit te doen nie!!! Wie is ons om Joost te bly stenig as God hom dalk al vergewe het?
    Joost, ek hoop regtig dat jou soeke na God opreg is, want Hy belowe in Sy woord dat Hy sal uitreik na die wat na Hom Uireik en dit is die enigste manier om volkome gereinig te word en ‘n nuwe lewe te kan lei, volkome skoon en onveroordeeld. Ek bid dat ons liefdevolle en genadige Vader jou sal lei en dat jy en jou familie volkome herenig sal word. God seen jou en jou gesin. Julle mense wat so oordeel……kry ‘n eie lewe!!
    Susan

  • Gabi

    Amor,

    Jy is reg, dit sal nooit weer dieselfde wees nie, maar as jy en joost julle huwelik; gebreekte harte & lewens totaal vir GOD oorgee kan dit veel beter wees as wat dit was. Dink aan julle troudag & wat julle aan HOM belowe het. Nie een van julle het gedink hierdie dag sou kom, maar dit het en nou is daar ‘n groot kruispad en besluite. Of julle leer uit albei van julle se foute, red wat gered kan word & hard werk om ‘n beter huis van die wraak op te bou… of… julle kan net sover as die krake kyk en besluit dis nie moeite werd nie & verloor een van die kosbaarste geskenke wat GOD gegee het. Ja, hy’t ‘n vreeslike fout gemaak, maar wie doen nie? Onthou uit die lelikste stukke klip kom van die pragtigste goud & steentjies ooit gesien, maar die klip moet eers ‘n helse slag vat & in stukke opbreek om sy "treasure" te kan wys. Gee dit oor aan die HERE, net HY kan julle huwelik in ‘n pragtige diamand sluip. Moenie toelaat dat die duiwel julle beroof nie, want hy wil dit so graag hê & hy kom in baie vorms voort. hy is so lief vir huwelike opbreek! Vra die HERE vir insig & leiding vir al die donker dae & slaggate wat voorlê & krag om dit te hanteer. Sterkte vir julle. Hou aan bid & glo in wat julle wil hê. Jy sal in my gebede wees, want dit is die beste geskenk wat een Christen na ‘n ander kan gee.

  • Theresa

    Ai, ai soveel mense, soveel menings! Hoe het Jesus gese "laat die een wat geen sondes het nie die eerste klip gooi". Los vir Joost en Amor om hulle lewens self uit te sorteer dit het niks met iemand anders te doen nie. Hulle kry al klaar moeilik genoeg soos dit is. Ek het Sarie geniet daar is mos baie ander leesstof ook behalwe die Amor artikel.

  • Genie

    Mense moet hul kommentaar vir hulself hou, hoeveel geraamtes is in jou kassie, diegene met het sogenaasmde kommentaar. Joost het net God en sy vrou se vergifnis nodig, en basta met suid-afrika. Joost jy het niks aan enigiemand verskuldig nie, jy bly nog tops.

  • Pl3qXB ubsagfsscxxe, [url=http://utmdfkazilqm.com/]utmdfkazilqm[/url], [link=http://zbmnsfwkwymj.com/]zbmnsfwkwymj[/link], http://croforirzzko.com/

  • 5Bk9os vtoiomyqdzay, [url=http://roltalugibyf.com/]roltalugibyf[/url], [link=http://vfegrscdembo.com/]vfegrscdembo[/link], http://elmanclfsrrm.com/

  • Sampie

    Nee dankie! ek lees liewer iets positiefs wat ‘n mens beter laat voel oor die lewe as om ander se negatiewe lewensverhale te lees.

  • Umutlayt

    Ireland seems to be ill every two games isn’t he?Argh, Larsy boy. Hebt ge geene King Edwards gedaan na de match tegen Blose dan? Stewie heeft nen rnenur gedaan en afgebeld dat zijn hond ziek thuis lag lol.