FOTO: verskaf

Boeke

Gareth Cliff + Omstredenheid = Shock Jock

 Wanneer mens die naam, Gareth Cliff, hoor, is die eerste ding wat in jou kop opkom gewoonlik “omstredenheid”. Jy sal nie verkeerd wees nie, want dié radiopersoonlikheid is omstrede en het deur sy loopbaan gereeld mense warm onder die kraag gemaak.

Dink maar net hoeveel keer Cliff al die hoofopskrifte van die koerante gehaal het en hoeveel keer hy al voor die Uitsaai Klagte Kommissie van Suid-Afrika moes verskyn oor iets wat hy kwytgeraak het op radio. In sy boek, Cliffhanger (Jonathan Ball, R225), skryf hy oor hierdie insidente en hy plaas dit in konteks. Ek was verras om te lees dat hy op nie een van die klagtes skuldig bevind is nie! Cliff is die eerste een om te erken dat hy nie altyd op die regte tyd ’n vraag vra of ’n standpunt inneem nie, maar dat die vraag en standpunt wel geldig is. Dis net die timing wat stink. Vryheid van spraak is ’n gewigtige beginsel waarvoor hy voortveg, want dit moedig gesprek- en debatvoering aan. “If you want to liberate people, you must first allow them to communicate freely – with ideas, with each other and with information.” Cliff leef volgens hierdie uitlating van hom en daarom sal hy seker in die toekoms weer die kollig haal oor iets waaroor hy sy mening uitspreek.

Maar sy boek is allermins ’n verontskuldiging van die herries waarin hy betrokke was. Dis ’n oorsig oor sy lewe, die gebeure wat ’n rol in sy vorming gespeel het, die mense wat sy lewe verryk, en sy toekomsdrome. Hy skryf onderhoudend, logies en jy kan nie anders as om beïndruk te wees nie. Hier is ’n jong Suid-Afrikaner wat vlieg, en die beste van alles, hy gee die mense rondom hom ook vlerke!

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Gareth Cliff het per e-pos vrae oor sy boek beantwoord.

Jy skryf in die openingseksie van die boek oor hoe sosiale media gelei het tot die totstandkoming van ’n soort “kangaroo court” en daarmee saam “Social Justice Warriors” (SJW’s). Het die sogenaamde anonimiteit op sodiale media momentum hieraan gegee?
Anonimiteit speel ’n rol. Party mense is nie anoniem nie, maar hulle sê steeds goed wat hulle nooit in persoon, van aangesig tot aangesig sal sê nie. Ons probeer nog om die internet effektief te hanteer, en party mense gebruik dit soos ’n knuppel, terwyl ander dit gebruik as ’n skalpel.

Jy was ’n hele paar keer aan die ontvangkant van hierdie SWJ’s, spesifiek wanneer jy op onvanpaste tye getwiet het. Wat is die grootste les wat jy oor Twitter geleer het?
Jy hoef nie betrokke te raak in elke geveg nie. Jy het ook nie nodig om jouself besig te hou met elke gespreksgenoot nie. Soms is daar nie veel baat daarby nie.

Op bl.46 skryf jy oor jou voorkoms en reg deur die boek is jy nogal afbrekend teenoor hoe jy lyk. Waarom is dit vir jou ’n kwessie?
Ek dink ek moet soos ’n rolprentster lyk, en ek doen nie. Dit maak my hartseer.

Jy stel lesers vroeg in die boek voor aan jou bestuurder Rina Broomberg en sy vorm deel van jou vertellings in die res van die boek. Hoe belangrik is dit om ’n bestuurder te hê wat regtig in jou glo en waarom werk julle werksverhouding so goed?
Om ’n bestuurder (en mentor) wat in my glo te hê, is noodsaaklik. Ons is baie verskillend van mekaar, maar ons deel ook ’n klomp idees van hoe die wêreld werk. Ek vertrou Rina volkome en ek is dankbaar om haar wysheid, bedagsaamheid en integriteit rondom my te hê.

In die boek is jy uitgesproke daaroor dat die ding waarvan jy die minste van jou werk hou, is om in die openbare oog te wees. Is dit nie deel van die werk nie? Hoe bestuur jy jou private lewe dat dit nie in die kollig kom nie?
Ek stel nie daarin belang om beroemd en bekend te wees nie. Dit kom as ’n uitvloeisel as ek my werk ordentlik doen, maar dis nie die doelwit nie. Ek hou nie daarvan om herken te word nie, ek wil nie aandag in die openbaar hê nie – dis vir my uitmergelend, al lyk dit asof ek dit hanteer. My familie gee ook nie juis om vir die ‘beroemde’ deel van my werk nie en my huis is my private plek.

Nuus in die digitale era. Die scenario het drasties verander van hoe nuus aangebied word en wat as nuus beskou word. Wat is jou mening hieroor?
Om stories te vertel is universeel – mense hou daarvan om mekaar te vertel wat aangaan en ons hou daarvan om soveel moontlik oor ons omgewing, gemeenskap en ander mense te weet.

Elkeen is nou sy eie inhoudskurator. Jy kan kies wie jy volg, wie jy as geloofwaardig ag en waarmee jy tyd om te lees/luister/kyk wil deurbring.
Bevestigende bevooroordeelheid maak mense dommer. Ons is geneig om dieselfde dinge te dink wat ons altyd dink, en om aandag te gee aan nuus wat dit ondersteun en wat daardie idees bevestig. Dis nie noodwendig ’n goeie ding nie.

In die konstatering van jou visie sien ek dat nommer twee is: “to live in luxury. There is no nobility in poverty.” Hoe ryk wil jy wees, soos Bill Gates ryk of Richard Branson ryk?
Ja, dit sal lekker wees.

Frustreer dit jou as die media dit verkeerd kry, soos met die onlangse artikel waar ’n gedeelte uit jou boek (die Mara Louw- drankie insident) uit konteks en onvolledig aangehaal is?
Baie, want teen die tyd wat ’n regstelling gemaak word, is die skade reeds aangerig. Ek weet in die jare wat kom sal daar mense wees wat die verskoning gemis het en steeds dink dat ek ’n drankie gedokter het. Dit kan mens uitput.

Daar word dikwels na jou verwys as ’n “Shock Jock”, en dié bynaam het vasgehaak. Hou jy daarvan dat dit sinoniem met Gareth Cliff geword het?
Wel, dis ’n Amerikaanse term. Mense noem my dit omdat ek nie konvensioneel was op radio nie, en dit het vasgesteek. Ek het nooit aan myself as ’n shock jock gedink nie. Party van die goed wat ek op die lug doen, is uittartend, maar meeste is gevat, snaaks en interessant – dis net skokkend vir die wat nie saamstem nie.

Waaroor is jy spyt oor jou lewe sover?
Dat ek nie gebore is as ’n wiskundige genie nie!

Wanneer jy eendag sterf, waarvoor wil jy hê moet mense jou onthou?
Ek is nie sentimenteel oor dood nie. Wanneer dit kom, hoop ek dat ek genoeg goeie werke