Boeke

Hilary Mantel wen 2009 se Booker-prys

Die roman vertel die verhaal van Thomas Cromwell, wat Henry VIII se regterhand was. Mantel sê dat die skryf van die boek vir haar baie uitdagings ingehou het omdat sy nie ‘n geskiedkundige is nie en baie tyd aan navorsing moes afstaan.

Suid-Afrikaans-gebore skrywer J. M. Coetzee, wat vanjaar sy derde Booker kon gewen het, het ongelukkig toe nie geskiedenis gemaak met ‘n Booker-driekuns nie.

Vir meer oor die Booker-prys en ‘n onderhoud met Hilary Mantel, besoek www.themanbookerprize.com