een_glas_dooswit_cover_front
Boeke

Hoe Linette Retief uit die greep van skuld gekom het!

Geld maak verseker min dinge reg, wel, veral nie in Linette se ou lewe nie! Dis maklik om uit te gee, ook as jy nie kontant in die hand het nie. Daar is mos oortrokke geriewe en kredietkaarte en winkelkaarte … Maar êrens en een of ander tyd moet jy begin betaal. Nou ja, dis waar Linette se storie begin. Met die aaklige realiteit van die betaalslag – ‘n slag op meer as een gebied. Die geld was nie daar nie en die skuld was bloot te veel. Wat toe gemaak? Sy het haarself in die hande van ‘n skuldberader geplaas en begin om beheer oor haar geldsake te neem.

Haar boek vertel die hele verhaal (gedeeltes van die boek was as rubrieke in By, die Saterdagbylaag van Beeld, die Burger en Volksblad gepubliseer). Dis ‘n baie leesbare boek en ten spyte van die erns van die onderwerp, bly haar humor altyd opduik om die situasie meer verteerbaar te maak. Dis seker nie die maklikste ding in die wêreld vir iemand om hul derms uit te ryg oor hoe sleg dit met hul geldsake gaan nie en hoe moeilik of maklik hul skuldberadingsproses is nie. Dis egter ‘n reis waaroor almal van ons moet lees, want elkeen van ons kan ‘n ou lessie leer uit Linette se ervarings. En die belangrikste les – geld groei nie op ‘n mens se rug nie!

Lees die volle onderhoud met Linette.

LEES OOK: Wat is die emosionele redes hoekom mens só koop en skuld maak!