Boeke

J.M. Coetzee benoem vir Booker-prys

In 1983 is sy boek The Life & Times of Michael K bekroon en in 1999 het hy weer met die louere weggestap vir sy ontstellende roman Disgrace. (Die verwerking van dié boek is tans op die groot skerm te sien.) As die Booker-prys vanjaar aan hom toegeken word vir sy boek Summertime sal dit die eerste keer wees dat een skrywer dié gesogte prys drie keer wen.

J.M. Coetzee

Die wenner word op 6 Oktober by ‘n galageleentheid in Londen aangewys. Hier’s die volledige kortlys:

A.S. Byatt, The Children’s Book (Random House, Chatto and Windus)
J.M. Coetzee, Summertime (Random House, Harvill Secker)
Adam Foulds, The Quickening Maze (Random House, Jonathan Cape)
Hilary Mantel, Wolf Hall (HarperCollins, Fourth Estate)
Simon Mawer, The Glass Room (Little, Brown)
Sarah Waters, The Little Stranger (Little, Brown, Virago)