Boeke

Julie 2009 Boekdinge

STERBOEK

Proe die lekker, Barbara Joubert (Human & Rousseau, R215)
Lekker eet bly darem lekker, en as die resepteboek waaruit jy kook nog mooi is ook . . .

Dié boek deur SARIE se kosredakteur nooi jou as ‘t ware uit om dadelik besig te raak in die kombuis. Die resepte is toeganklik, die kos maklik om te berei.

Ek dink dis die heel belangrikste aspek van die boek: Selfs al is jy nie ‘n bedrewe kok nie, sal jy nie geïntimideer voel deur die disse nie. Barbara se kos is plat op die aarde, warm, mededeelsaam en in haar eie woorde – “huiskos, kuierkos, kos waarmee ons grootgeword het”.

Die boek laat my beaam wat J.R.R. Tolkien gesê het: “Kos is ons gemene deler, ‘n universele belewenis.” – Phyllis Green


BOEKE UIT DIE PEN VAN SARIE-SKRYWERS

Blywende vreugde: Briewe van Audrey Blignaut,

 Petrovna Metelerkamp e.a. (Hemel en See Boeke, R220)

 

Audrey Blignaut, saamgestel deur Marié Heese

(Tafelberg, R220)

Vervreemdeling, Izak de Villiers

(Tafelberg, R150)

Klein geskenk van genade, Izak de Villiers

(CUM, R59, 95)

Op die vrou af 2, André le Roux

(Human & Rousseau, R155)

Kom ons sit sommer by die Tafel, André le Roux

(Human & Rousseau,  R165)

When I was, Nataniël

(Human & Rousseau, R143)

Kaalkop 2, Nataniël

(Human & Rousseau, R280)

Franse Briewe: Pos uit Provence,

 Marita van der Vyver (Tafelberg, R165)

Stiltetyd ,  Marita van der Vyver

 ( Tafelberg ,  R210)

Ligdans, Jeanne Els

(Lux Verbi, R102)

Pelgrim verse, Koos van der Merwe

(Self uitgee, KOOS@EDENGEMEENTE.COM, R100)

 

 

SARIE 40 Flitsverhale, saamgestel deur André le Roux

(Human & Rousseau, R165)