elizabeth_eybers
Boeke

Eybers lees self

Klinkklaar deur Elisabeth Eybers

Eybers het in 1961 na Amsterdam verhuis en die meeste van haar gedigte daar geskryf. In al die jare het Eybers nooit self voorlesings van haar werk gedoen nie. Enkele kere het een van haar dogters, Marita Wessels, wel namens haar opgetree.

Oor die 900 gedigte het uit haar pen verskyn in die sewentig jaar dat sy geskryf het. Met haar debuut in 1936 was sy die eerste vrouedigter van wie ‘n bundel in Afrikaans gepubliseer is, en sy was ook die eerste vrou wat die Hertzogprys gewen het.