Boeke

Kortlyste vir Via Afrika literêre pryse en Jan Rabie Rapport-prys

Die pryse is vir voortreflike Suid-Afrikaanse letterkundige werke en word in vyf kategorieë toegeken. Die prysgeld is vanjaar ook verhoog tot R35 000 per kategorie.

Die W.A. Hofmeyr-prys word toegeken aan hoëgehalte Afrikaanse letterkundige werk en gee erkenning aan skrywers wat die vermoë het om deur hul uitstekende skryfwerk die grense van die Afrikaanse letterkunde uit te brei.
Die kortlys vir die W.A. Hofmeyr-prys is:
Santa Gamka deur Eben Venter (Tafelberg)
Verbeel jou dis somer deur Abraham H. de Vries (Human & Rousseau)
Wederkoms deur Louis Krüger (Human & Rousseau)

Die Recht Malan-prys erken voortreflikheid op die gebied van nie-fiksie en dien om die gehalte van skryfwerk asook grondige navorsing en oorspronklike benadering te bevorder.
Die kortlys vir die Recht Malan-prys is:
Load Shedding, verwerking deur Liz McGregor en Sarah Nuttall (Jonathan Ball Publishers)
‘n Vurk in die pad deur André P. Brink (Human & Rousseau)
Reisiger deur Elsa Joubert (Tafelberg)
Through my Lens deur Alf Kumalo en Tanya Faber(Tafelberg)

Die M.E.R.-prys word in twee sub-kategorieë verdeel: M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke (ouderdomme 0-8, maar nie beperk tot hierdie ouderdomme nie) en M.E.R.-prys vir jeugliteratuur (ouderdomme 8-16, maar nie beperk tot hierdie ouderdomme nie).
Die kortlys vir die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke is:
Die verdere avonture van Wilde Willemientjie deur Riana Scheepers, geïllustreer deur Vian Oelofsen (Tafelberg)
In die Nimmer-Immer-bos/In the Never-Ever Wood deur Linda Rode, geïllustreer deur Fiona Moodie (Tafelberg)
In ‘n Huis in ‘n Huis/In a House in a House
deur Wendy Hartmann, geïllustreer deur Joan Rankin (Human & Rousseau)

Die kortlys vir die M.E.R.-prys vir jeugliteratuur is:
Balaclava Boy deur Jenny Robson (Tafelberg)
Kaptein Hamerkophaai deur Fanie Viljoen (Tafelberg)
The Bird of Heaven deur Peter Dunseith (Tafelberg)

Die Herman Charles Bosman-prys bevorder en erken voortreflikheid op die gebied van Engelse letterkundige skryfwerk in Suid-Afrika.
Die kortlys is:
Imprendehora deur Yvette Christiansë (Kwela Boeke/Snailpress)
Small Moving Parts deur Sally-Ann Murray (Kwela Boeke)
The Elephant in the Room deur Maya Fowler (Kwela Boeke)

Die Jan Rabie Rapport-prys word toegeken aan ‘n debuut- of vroeë werk gekenmerk deur vars en innoverende Afrikaanse prosa.
Die kortlys vir die Jan Rabie Rapport-prys is:
Plaasmoord deur Karin Brynard (Human & Rousseau)
Swartskaap deur Odette Schoeman (Kwela Boeke)
Troos vir die gebrokenes deur Bettina Wyngaard (Umuzi)

  • RqVkQJ yxvivxbtlsty, [url=http://moczdkuvjyqx.com/]moczdkuvjyqx[/url], [link=http://rxzwkgbwfgha.com/]rxzwkgbwfgha[/link], http://ncvtszzqynon.com/