lovebookis3
Boeke

Lekker nuwe boekwinkel vir Joburgers

Love Books is by The Bamboo Centre in Melville. Jy voel sommer onmiddellik tuis en wil dadelik in ‘n stoel opkrul met ‘n boek van die rak af. Die eienaars, Jaci Jenkins en Kate Rogan, is passievol oor lees en boeke. Hulle het ‘n baie goeie verskeidenheid Suid-Afrikaanse boeke en het ‘n spesiale seksie vir kinderboeke. Die plan is ook om skrywers te kry om oor hulle boeke te kom gesels en ook boekvoorlesings te doen. Woensdagmiddae is daar storieverteltyd vir die kinders. As jy weer in daardie omgewing is, maak gerus ‘n draai.
www.lovebooks.co.za
011 726 7408