faber_faber
Boeke

Lekker verjaar, Faber!

Ten spyte van die dubbeldoor-naam was daar nog altyd net één Faber! Geoffrey Faber het die maatskappy in 1929 gestig. Hy het bloot gedink Faber & Faber is meer geloofwaardig en klink ook meer respektabel, veral in daardie jare.

 

T.S. Eliot was van die beginjare betrokke as ‘n literêre raadgewer en digter. Onder sy aanbeveling het W.H. Auden, Stephen Spender en Louis MacNeice hulle aangesluit by Ezra Pound, Roy Campbell, James Joyce en Walter de la Mare as skrywers in Faber & Faber se stal. Ná die Tweede Wêreldoorlog het ‘n nuwe generasie skrywers soos Lawrence Durell, William Golding, Sylvia Plath, P.D. James en Tom Stoppard bygekom.

Dis vandag een van die heel oudste, onafhanklike uitgewers in Londen. ‘n Hele klompie gewilde eietydse skrywers publiseer deesdae by dié uitgewer: Kiran Desai, Sebastian Barry, Peter Carey, Orhan Pamuk, Barbara Kingsolver en Junot Diaz is maar ‘n paar.

 

Hou boekwinkels dop vir spesiale Faber & Faber-promosies reg deur die jaar.