Boeke

Luister na jou siel

Maar jy kán uit dié doodloopstraat kom, sê Truida Heymann. Haar boek Reis na Binne: Van Ontnugtering tot Sielvolheid (Lapa, R150) het pas verskyn.

Haar boodskap: In die eerste helfte van jou lewe luister jy na die eise van die wêreld. Daarna moet jy luister na jou siel om te weet hoe om geluk te vind. Mense is sat vir ou rolle, pligte en konflik. Ander is moeg vir verslawings, vrese en stresvolle beroepe. Jy kán dit verander.