Bekendes

Marita van der Vyver met nuwe boek in Londen

SARIE se rubriekskrywer Marita van der Vyver is Vrydagaand 22 November in Londen om haar nuwe boek, ‘n Fontein voor ons deur, bekend te stel – en terselfdertyd geld in te samel vir ‘n goeie saak.

Marita gaan uit ‘n Fontein voor ons deur voorlees, ‘n bietjie oor die boek gesels en aanhangers se boeke teken. Al die inkomste uit kaartjieverkope word aan die Rooikruis Kinderhospitaal in Kaapstad geskenk. Laat jou vriende en familie in Londen weet, en selfs al kan jy nie daar wees nie, kan jy ‘n donasie gee om die organiseerders met hul mikpunt vir die fondsinsameling te help.

Vir meer besonderhede klik op http://www.justgiving.com/Michele-Mckendry

n-Fontein-voor-ons-deur-193x300