Boeke

Megan wen, jy kan ook

Till we can keep an animal (Jacana, R138) is die SA skrywer Megan Voysey-Braig se wen-debuut.

Die moord op die karakter Sarah is die kern van die verhaal. Sy het nog nie die aarde verlaat na die hiernamaals nie en vertel self haar verhaal. Sy probeer sin maak van haar dood en terselfdertyd haar familie vertroos. Die boek is ook deel van Exclusive Books se Homebru-reeks.

Megan sê oor haar boek: “Ek hoop mense ontvang die boek positief, en dat dit sal lei tot beter begrip van die wonde wat nog in SA bestaan.”

 

* Jy kan ook die EU-prys wen! Skryf nou jou roman (in Engels) in vir die 2008/09-toekennings. Die sluitingsdatum is 16 Februarie 2009 en die prysgeld ‘n hele R25 000. Boonop sal sal jou manuskrip deur Jacana Media gepubliseer word.  Hierdie toekenning is nou maar in sy vierde jaar, maar word reeds hoog aangeskryf in literêre kringe. Vir meer inligting besoek www.jacana.co.za