steyn2cum
Boeke

Morné Steyn: Die super skopkoning

“Ek het altyd die oom se truie sien hang en al die mense gesien wat hy ken, en gedroom dat ek dit ook eendag sal kan doen. Ek onthou oom Gysie was altyd nederig en hardwerkend en het nooit enige eer gesoek nie.”

Hy het op laerskool al goeie rugby begin speel, maar hy was nie van meet af aan ’n besonder goeie skopper nie. Hy het maar net geskop wanneer daar niemand anders was nie. “Dit is eers regtig toe ek by Heyneke in die span kom wat hy vir my gesê het ek sal aan my skoppe moet werk as ek regtig iets wil bereik. Ek het toe saam met Vlok Cilliers, skopafrigter van die Bulls, begin oefen.”

Wat dink Morne van sy uitmuntende prestasies?

“’n Mens kan nooit te ontspanne wees in jou posisie nie, want daar is ouens met baie talent, veral losskakels wat enige tyd aan die deur kan klop vir jou posisie. Daar is altyd ’n volgende ou wat wag vir ’n geleentheid. En ’n mens moet altyd na die volgende trappie beweeg. Jy moet altyd nog beter wil wees.”

Sy afrigter en spanmaats vertel hoe geweldig hard Morné werk. Ná elke oefening sal hy vir ’n uur of meer sy skoppe oefen. Aanhoudend. Al is hy keer op keer in die kol.

Morné aanvaar nie sy rugbysukses as vanselfsprekend nie. “Dit is regtig elke dag ’n voorreg om te kan opstaan en doen wat ons doen. Die klompie van ons wat dit mag doen.” Sy ouers het hom geleer as jy hard werk, sal jy die vrugte daarvan pluk. Hy vertel dat hy homself dryf deur korttermyn- en langtermyndoelwitte neer te skryf en dit te jaag. “’n Mens wil ook nie jouself teleurstel nie.”

Morné Steyn

Wat dink hy wanneer hy aantree om te mik na die pale?

“Ek is baie rustig en kalm op die veld. Ek is ook rustig voor ’n wedstryd. Ek luister musiek op my foon en bid altyd voordat ek my trui aantrek.” En voordat hy ’n bal deur die pale moet stuur, probeer hy maar gewoon fokus op dit wat hy heelweek geoefen het. “Dit voel dikwels maar soos wanneer ek oefen. Ek dink aan die basiese goed wat ek moet doen. Ek dink nie dan of dit oor wen of verloor gaan nie, ek fokus maar net om die bal deur die pale te kry.”

“Ek dink aan die basiese goed wat ek moet doen. Ek dink nie dan of dit oor wen of verloor gaan nie, ek fokus maar net om die bal deur die pale te kry.”

Agter die doellyn is beskikbaar by CUM-boeke en ander toonaangewende boekwinkels teen R139, 95

Hou ook sarie.com dop vir Pierre Spies en Morné Steyn se glorieryke oomblikke in Springbokrugby

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Noutoenou

    Oulike jong man – sover ek van bewus is, is hy nederig daarby – kan nie onthou dat hy al ooit homself aan die groot klok probeer hang het nie.

  • Sorine

    Morne is regtig ‘n Legende in sy eie tyd. Daarby is hy ‘n pragtige, nederige mens wat ‘n uitstekende rolmodel vir ander is – iets wat mens deesdae maar min kry! Go Morne – jy is my held!

  • Marie rheeder

    Doelgerig, hardwerkend,gefokus en riem onder my hart Morne Steyn, hoe lank het ons nie gewag vir so n skopper nie. Welgedaan jy mag maar skop.