exclus1ves_1
Boeke

My gunsteling-boekwinkel het ‘n vars nuwe webwerf!

Superman met sy indrukwekkende spiere, Aladdin op sy magiese tapyt, Darth Vader met al sy misterie en die vreesaanjaende Freddy Krueger, Marilyn Monroe en die nimlike Shrek was ook daar. Nee man, dit was nie die Oscars nie. Dit was die bekendstelling van Exclusive Books se nuwe webwerf.

Voor die amptelike bekendstelling het ons eers die geleentheid gehad om bietjie rond te speel op die rye rekenaars en self die nuwe webwerf te verken. Indrukwekkend!

Evan Morris, Digital Strategy Manager van Avusa, het meer vertel van Exclus1ves.co.za. Volgens hom het die wyse waarop mense deesdae kommunikeer via Facebook, Twitter en alle ander sosiale media netwerke ‘n invloed op hoe besighede vandag hul doen en late moet bestuur. Gelukkig, sê hy, is Exclusive Books al sedert 1955 maar ‘n sosiale netwerk. Dié boekwinkels was die plek waar mense ontmoet het, kom gesels het oor alles en nog wat en hulself op hoogte gebring het van wat in die wêreld aangaan. Die nuwe webwerf is ‘n logiese uitvloeisel van gebruikers se behoeftes. Dis ‘n een-stop-webwerf vir aanlyn aankope van boeke, e-boeke, musiek, films en rekenaarspeletjies. Jy kan van die webwerf af direk skakel na jou sosiale netwerk, of dit Facebook of Delicious is en of jy Tweet of Digg – dis met ‘n kliek daar. As jy ‘n lid is van die 700 000 sterk lojaliteitsprogram, Fanatics, kan jy nou jou koopbewyse direk aanlyn gebruik en sal jou punte ook op alle aanlyn-transaksies bereken word.

Nou ja, toe nie heeltemal die Oscars nie, maar steeds baie indrukwekkend!