Natasha Sutherland se nuwe kinderboek op pad
Natasha Sutherland se nuwe kinderboek, Green & Blue (Groen & Blou in Afrikaans), wat sy saam met haar ma, Kenlynn, geskryf het, verskyn in Junie, berig haar webtuiste www.natashasutherland.co.za.
Die boek spruit uit haar ervarings toe sy haar seuns moes bystaan deur haar en die sanger Steve Hofmeyr se egskeiding.
Egskeiding en proefskeiding het veral 'n invloed op die kinders. Maar soms is dit 'n onvermydelike situasie en die vermoë om aan te pas word deel van die kinders se daaglikse lewe. Die boek is geskryf uit die oogpunt van kinders en die pragtige illustrasies is deur Charlie Vettori gedoen. Natasha se seuns, Benjamin en Sebastian, het ook hand bygesit, berig haar webtuiste www.natashasutherland.co.za
'n Opvoeding-sielkundige, Karin Bronkhorst, beaam op die webtuiste die belangrike bydrae van Green & Blue:
"Hierdie storie raak aan al die belangrike kwessies wat kinders uit geskeide huise elke dag ervaar. Kinders het die reg om lief te hê en deur albei ouers liefgehê te word - 'n boodskap wat alle ouers in geskeide huise moet onthou."

Lees meer op Natasha Sutherland se webtuiste.
**Volg Natasha Sutherland op Twitter. Jy kan ook aansluit by haar Bittersoet-facebook-groep.
Lees in jou Junie-SARIE oor kinders en egskeiding
Maak die seer van kinders en egskeiding makliker
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Natasha Sutherland
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 6
Al die foto's agter die skerms by Natasha Sutherland se voorbladsessie vir ons 2010 Kers-uitgawe. Fanie vertel
-
Kinders en egskeiding: Maak die seer makliker
SARIE - Junie 2010
-
Natasha Sutherland kry 'n make over. Kyk hoe lyk sy nou!
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 54
In Julie 2010 twiet Natasha: "Bye bye long hair." En die SARIE-span het besluit dat ons daar moet wees wanneer haar lokke grond toe val. Só het die nuwe 'rock chick'-voorkoms stap-vir-stap gebeur.
-
Natasha Sutherland oor vergifnis
SARIE - Desember 2010
-
Natasha Sutherland: "Ek glo nog in die liefde"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7
Die emosies oor 'n ontroue man waardeur Amor Vittone nou gaan, het Natasha Sutherland al deels verwerk: Woede, hartseer, vergifnis ... maar sy glo nog aan die liefde!
-
Roer! - Natasha Sutherland se botterskorsiesop
SARIE - Desember 2009
-
Roer! - Natasha Sutherland se hoenderpastei
SARIE - Desember 2009
Probeer haar weergawe van 'n ou gunsteling! Hierdie pastei vries perfek en kan ook gerieflikheidshalwe in kleiner foeliehouertjies gemaak word
-
Roer! - Natasha Sutherland se melktert
SARIE - Desember 2009
Natasha is mal oor melktert en het 'n heerlike resep. Almal sal hul lippe aflek en vra vir nog
-
Vriend of vyand?
SARIE - Desember 2010
Hoor wat Natasha Sutherland te sê het oor jou vyande.
-
‘Skrikwekkend mooi' - Steve oor Natasha
SARIE - Oktober 2008 | Kommentaar: 4
‘Skrikwekkend mooi’ . . . sê Steve Hofmeyr oor sy vrou, Natasha Sutherland


















Kommentaar