Boeke

Natasha Sutherland se nuwe kinderboek op pad

Die boek spruit uit haar ervarings toe sy haar seuns moes bystaan deur haar en die sanger Steve Hofmeyr se egskeiding.

Egskeiding en proefskeiding het veral ‘n invloed op die kinders. Maar soms is dit ‘n onvermydelike situasie en die vermoë om aan te pas word deel van die kinders se daaglikse lewe. Die boek is geskryf uit die oogpunt van kinders en die pragtige illustrasies is deur Charlie Vettori gedoen. Natasha se seuns, Benjamin en Sebastian, het ook hand bygesit, berig haar webtuiste www.natashasutherland.co.za

‘n Opvoeding-sielkundige, Karin Bronkhorst, beaam op die webtuiste die belangrike bydrae van Green & Blue:

“Hierdie storie raak aan al die belangrike kwessies wat kinders uit geskeide huise elke dag ervaar. Kinders het die reg om lief te hê en deur albei ouers liefgehê te word – ‘n boodskap wat alle ouers in geskeide huise moet onthou.”

Green & Blue, Natasha Sutherland

Lees meer op Natasha Sutherland se webtuiste.

**Volg Natasha Sutherland op Twitter. Jy kan ook aansluit by haar Bittersoet-facebook-groep.

Lees in jou Junie-SARIE oor kinders en egskeiding

Maak die seer van kinders en egskeiding makliker