herta_mueller
Boeke

Nobelprys vir Letterkunde gaan aan Herta Müller

Sy is die 12de vrou wat die Nobelprys vir Letterkunde ontvang sedert dit in 1901 ingestel is. Sy het Roemenië 20 jaar gelede verlaat, maar temas van verdrukking, banneling- en diktatorskap duik steeds in haar tekste op. Sy bly nou in Berlyn.

“My mees oorweldigende ervaring was om onder diktatorskap in Roemenië te woon. En nou, honderde kilometers weg daarvandaan in Duitsland, ervaar ek steeds die emosies.”

Van haar bekende romans is The Land of Green Plums, The Appointment en The Passport. Haar mees onlangse roman, Atemschaukel (Everything I Possess I Carry With Me), is in Augustus bekend gestel.

Lees meer oor Herta Müller

(Bron: www.guardian.co.uk)