Nuwe ensiklopedie vir die jonges - in Afrikaans!
Foto’s: Verskaf Galery
Ek onthou nog my skooldae in die Paarl se dorpsbiblioteek. Smiddae het ons agter die naslaanrakke rondgedwaal op soek na prentjies en inligting vir môre se Aardrykskunde-mondeling. Dan was daardie 20-volume naslaanbybels darem nuttig.
Tjop-tjop het jy jou 7 fotostate oor die plantegroei in Suider-Afrika gemaak, en vanaand het ma gehelp om als mooi aanmekaar te sit. Die dorpsbiblioteek bestaan nog, maar ek was byna seker dat die internet teen hierdie tyd al daai kleurryke rye boeke ingesluk het.
Tot Jacklin Uitgewers onlangs die Britannica Junior: Ensiklopedie vir Suidelike Afrika (R7 200 - spesiale aanlynprys: R5 280) bekendgestel het. Bekende radioman, skrywer en minister van algemene kennis, Dawid van Lill, het die groot taak gehad om die 12-maande-projek saam met ‘n groep taalkenners, navorsers, onderwysers en bibliotekarisse aan te pak.
Eerstens is hierdie Ensiklopedie ‘n vertaling van die Britse weergawe, maar sowat 500 van die 2 500 artikels is spesiaal vir ‘n Suid-Afrikaanse leser bygewerk, met temas soos Apartheid, Bafana Bafana, Cullinan-diamant, Erfenisdag, Gemsbok, Namibië, Slag van Bloedrivier en Robbeneiland. Gee vir jou kinders die geskenk van kennis, dis immers onvervangbaar.




















Kommentaar
Bonita Badenhorst het gesê:
waar kan ek die Ensiklopedie bekom?
21ste Jun. 2011, 11:47Tina de Villers het gesê:
Ek sou graag die ensiklopedie vir my skool se mediasentrum wil aankoop, maar sou eers daarna wou kyk. Enige inligting oor hoe en waar dit beskikbaar is om na te kyk?
18de Aug. 2010, 17:47Amanda het gesê:
Waar kan ons die ensiklopedie koop
14de Mar. 2010, 19:13