Boeke

Nuwe ensiklopedie vir die jonges – in Afrikaans!

Tjop-tjop het jy jou 7 fotostate oor die plantegroei in Suider-Afrika gemaak, en vanaand het ma gehelp om als mooi aanmekaar te sit. Die dorpsbiblioteek bestaan nog, maar ek was byna seker dat die internet teen hierdie tyd al daai kleurryke rye boeke ingesluk het.

Tot Jacklin Uitgewers onlangs die Britannica Junior: Ensiklopedie vir Suidelike Afrika (R7 200 – spesiale aanlynprys: R5 280) bekendgestel het. Bekende radioman, skrywer en minister van algemene kennis, Dawid van Lill, het die groot taak gehad om die 12-maande-projek saam met ‘n groep taalkenners, navorsers, onderwysers en bibliotekarisse aan te pak.

Eerstens is hierdie Ensiklopedie ‘n vertaling van die Britse weergawe, maar sowat 500 van die 2 500 artikels is spesiaal vir ‘n Suid-Afrikaanse leser bygewerk, met temas soos Apartheid, Bafana Bafana, Cullinan-diamant, Erfenisdag, Gemsbok, Namibië, Slag van Bloedrivier en Robbeneiland. Gee vir jou kinders die geskenk van kennis, dis immers onvervangbaar.

  • Amanda

    Waar kan ons die ensiklopedie koop

  • Tina de Villers

    Ek sou graag die ensiklopedie vir my skool se mediasentrum wil aankoop, maar sou eers daarna wou kyk. Enige inligting oor hoe en waar dit beskikbaar is om na te kyk?

  • CgBDJI qjudejsniist, [url=http://ggvuuwvsvpam.com/]ggvuuwvsvpam[/url], [link=http://qvsjkvwmmxfb.com/]qvsjkvwmmxfb[/link], http://axyqhyfwubvm.com/

  • Bonita Badenhorst

    waar kan ek die Ensiklopedie bekom?

  • Corli Gouws

    Kontak gerus Jacklin Enterprises by 011 265 4200 vir meer inligting oor die stel. Die stel kan ook aanlyn gekoop word by http://www.jacklin.co.za of http://www.uitblinkers.co.za