screen_shot_2013_05_21_at_9.40.17_am
Boeke

Eerste kykie: Fotoboek met bekendes

Die bekende fotograaf Terry O’Neill se nuwe boek, Capturing The Greats, wys die beste foto’s van sy loopbaan wat oor langer as vyf dekades strek. Dié boek weerspieël veral sy talent om die ware mens op onbewaakte tye vas te vang.

Sy werk sluit in portrette, voorblaaie van tydskrifte en albums, asook modefotografie. Die boek het 3 jaar geneem om saam te stel omdat Terry self sy gunsteling foto’s gekies het, berig Vogue.

Capturing The Greats

FOTO: Brigitte Bardot en Sean Connery leer mekaar beter ken op die stel van Shalako. Sien nog foto’s van Terry O’Neill hier.

Hoogtepunte uit die boek sluit foto’s van The Beatles en The Rolling Stones in voordat hulle internasionale sterre geword het. Terry se lens bied ook insig in wêreldleiers se privaatlewens soos ‘n foto van Koningin Elizabeth wat glimlag en ontspan, en Winston Churchill wat in 1962 die hospitaal verlaat.

Elizabeth Taylor en Dawid Bowie is ook te sien waar hulle ‘n grap deel (foto heel bo), en Brigitte Bardot wat met Sean Connery gesels op die stel van Shalako (foto bo). Met dié insig in die lewe van sterre wat sy foto’s bied, is Terry O’Neill se boek is beslis een vir jou koffietafel.