stock11
Boeke

Ongelukkig? Doen die 3 dinge …

1. Glimlag of lag vir  minstens 20 minute.

2. Doen vir minstens 20 minute oefening.

3. Plak gekleurde kolletjies in elke vertrek tuis en by die werk. Wanneer jy een sien, dink aan ’n positiewe gebeurtenis, herinnering of moontlikheid.

Deelnemers aan hierdie eksperiment hét gelukkiger gevoel – en breinskanderings voor en ná die tyd het dit bevestig.

Lees meer in die boek I Can Make You Happy, Paul McKenna, (Random House Struik, 2011), R185.