Op die vrou af 2

Deur Phyllis Green, SARIE - Maart 2009

Wat is die gemene deler tussen ‘n G-string en ‘n stiletto? En moet asseblief nie antwoord dis goed wat vroue dra nie. Die antwoord is: André le Roux, die bekroonde skrywer van SARIE en sy aweregse humorsin!

Jy kan jou nou opnuut verkneukel in sy vertellings oor goed wat ons skoner geslag na aan die hart lê, sake wat ons soms warm onder die kraag maak, veral as die wederhelfte betrokke is. Sy pen ontsien niks van vrouwees nie, altyd met 'n vonkel in die oog. Soms wil-wil jy jou vererg vir die man se raakvat-skrywe, maar dan kan jy nie anders as om saam te lag oor ons geslag (en mans!) se eienaardighede nie. Op die vrou af 2 (Human & Rousseau, R155), sy nuutste boek, is kraakvars in boekwinkels (of bestel hier). Die bundel bevat al die rubrieke wat van 2004 tot 2008 in SARIE verskyn het.

Op die vrou af 2 is weer verwerk in musiekteater deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Jolette Odendaal. Die stuk word tans landwyd opgevoer - kyk ook uit daarvoor by kunstefeeste. (Om 'n opvoering in jou geweste te bespreek: e-pos henniewtf@mweb.co.za)

Verwante artikels

  • KKNK - MMS jou feesfoto's

    KKNK - MMS jou feesfoto's

    Kliek met ons by die KKNK.

  • Pedro Kruger

    Pedro Kruger

    Op die Vrou Af 2 was een van die topverkopers by vanjaar se KKNK. Lou-Ann Stone het vinnig met Pedro Kruger gesels, wat een van hoofrolle vertolk Hoeveel Op die Vrou Af 2-vertonings het jy en Jolette Odendaal (mede-akteur) nou al agter die rug?Ons was by...

Kommentaar