FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Boeke

Raak groen op Erfenisdag saam met Jan Braai

Jan Braai glo ons kan elkeen ’n verskil maak deur groener te leef en groener te braai op Erfenisdag.

Dikwels is dit die klein dingetjies wat ons doen, wat die grootste verskil maak.

 

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Die veranderinge aan jou leefstyl hoef nie drasties te wees nie. Jy kan met eenvoudige dinge reeds ’n verskil maak aan die omgewing. Jan Braai gee saam met ’n hele klomp ander Suid-Afrikaners wenke van hoe om dit te doen in ’n nuwe boekie, A Greener tomorrow – Simple ways to go green (Tracey McDonald Publishers, R145). Hy fokus natuurlik op braai, want dit is immers die veld waarin hy bobaas is.

Sy wenk van hoe om energie te bespaar: Braai is ’n direkte vorm van energieverbruik, van die kole na jou vleis. Met konvensionele elektrisiteit is daar baie uitloopverlies tussen die kragstasie, die kragdrade, elektrisiteitaansluiting, drade, stoof en pan. As jy lief is vir die aarde, braai.”

Hy maan mense ook om te probeer om nooit met inheemse hout te braai nie. Uitheemse plante soos Rooikrantz en Swartwattel drink baie grondwater. Bowendien, sê hy, na al die sport wêreldbekers waar hulle ons uitgeboul het, is dit lekker om Australiese gemors te brand!

Daar is nog baie ander handige wenke van ander Suid-Afrikaners oor hoe jy klein veranderings kan maak in jou tuin, huis en by jou werk om meer verantwoordelik te wees teenoor ons natuurlike hulpbronne. TV-persoonlikhede, politici, skrywers, sangers, sportlui en aktiviste gee almal hul beste raad van hoe ons die aarde groener en beter vir die nageslag kan maak. Dis uiteenlopende mense soos Chris Chameleon, Gary Kirsten, Tony Leon en nog baie ander wat deel is van die projek. Dié boekie moet jy langs jou bed hou of in jou handsak om gereeld na te slaan hoe maklik dit is om groener te leef.
jan braai_01

Lees hier ’n onderhoud met Jan Braai oor sy eie resepboek.