Boeke

SA skryfster Bree O’Mara slagoffer van Tripoli-vliegramp

O’Mara was op pad na Londen om ‘n kontrak met ‘n Britste uitgewer te teken vir die publikasie van haar volgende boek, Nigel Watson, Superhero. Sy was in 2007 die wenner van die eerste Citizen Boekprys met haar boek, Home Affairs, wat deur 30° South Publishers uitgegee is. Die boek handel oor tipies Suid-Afrikaanse kwessies: ‘n Klein dorpie in Natal moet ‘n naamsverandering ondergaan en dan is daar ‘n politieke gekonkel, natuurlik met tipies Suid-Afrikaanse humor wat oral opduik.

O’Mara laat familie in Ierland en Suid-Afrika agter. Navrae oor haar of aanbiedinge van ondersteuning kan gestuur word aan kerrin@30degreessouth.co.za.