mathys_roets_1
Boeke

SARIE by Mathys Roets se boekbekendstelling

Meer as ‘n uur voor die bekendstelling begin het, het vriende, familie, ondersteuners en nuuskieriges reeds tou gestaan nie net om Mathys te sien nie, maar ook om SARIE se JUNIE-uitgawe met ‘n notaboekie daarby gratis te ontvang.

SARIE het ook, in samewerking met Revlon, vir al die vroue by die bekendstelling geskenkboksies uitgedeel.
 
Mathys het op sy charismatiese, rustige manier die gehoor aangegryp met sy eerlike antwoorde op soms baie persoonlike vrae. Soms het die gehoor ‘n traan afgevee en soms geskaterlag vir die kwinkslae in Steeds Mathys.
 
Benewens die uitgebreide vertellings oor sy lewensreis en die rit wat sy lewe vir altyd verander het, wy Mathys ook ‘n hoofstuk in sy boek aan die “Liddorings in die Afrikaanse musiekbedryf”. Hierin spreek hy hom sterk uit oor die ewig kontroversiële onderwerp – backtracks. Ook skroom hy nie om die media se “onrealistiese beriggewing” oor die stand van sake in die musiekbedryf aan te val nie.
 
Hoe dit ook al sy, die boek is ‘n ongelooflik eerlike vertelling van Mathys se pad tot nou. Hy is steeds Mathys en stel dit onomwonde dat hy nog nie een dag kwaad was omdat hy nooit weer sal kan loop nie.

Volgens die boekverkopers by die fees was dit die eerste keer dat soveel mense ‘n boekbekendstelling bygewoon het. Mathys was gisteraand ons inspirasie en SARIE is trots om deel daarvan te kon wees.

  • http://yivgmyxgafty.com/ mepkxdyrf

    chemgk ufttdmbgmzsw, [url=http://wciqhbiwftjn.com/]wciqhbiwftjn[/url], [link=http://yzdgftzitwwv.com/]yzdgftzitwwv[/link], http://ajaeoylkrgek.com/