Boeke

So spaar jy op geskenke vanjaar!

Ek het ‘n spesiale kas in my huis waarin ek geskenke bêre wat dan deur die jaar vir verjaardae uitgedeel word en ook in die Kerskous beland aan die einde van die jaar. Soos julle teen die tyd weet, is my gunsteling-geskenke om te gee boeke. Hoe gemaak met die prys van boeke?

Koop by die uitverkopings. Veral by Exclusives se groot somer-uitverkoping wat Vrydag, 27 Januarie begin. My ervaring het my geleer dat ek teen die pryse op die uitverkoping ten minste tien boeke kan koop vir dit wat ek oorspronklik vir vyf sou betaal het. Boonop is ek ‘n lid van die Fanatics-klub en daarom kry ek die eerste naweek van die uitverkoping ‘n ekstra 10% afslag. Dis mos nou ‘n winskopie!

Daar is boeke van omtrent enige onderwerp op die uitverkoping, van kuns, argitektuur, tuinbou, romans en kinderboeke tot resepteboeke. Toe ek gaan loer het na wat vir ons wag, het ek die volgende verbysterende feite gehoor. Vanjaar is daar 5 555 bokse boeke met ‘n gesamentlike gewig van 155 556 kilogram  beskikbaar gestel om uit te kies. Die gemiddelde prys van boeke beloop ongeveer R51.

Mense ek hou my kaart gereed (die  krediet een en die Fanatics ene), want daai laai in my kas gaan sommer vroeg-vroeg vol gelaai word.