secret_scripture_b_b_20fc48
Boeke

The Secret Scripture wen gesogte prys

Die Ierse skrywer Sebastian Barry is Dinsdagaand in Londen aangewys as die wenner van die Costa Book of the Year Award for 2008 vir sy boek The Secret Scripture, ‘n aangrypende verhaal oor een vrou se verlore lewe in ‘n sielsieke inrigting, en haar reis om haar verlede weer op te eis. Barry was nie die gunsteling om die prys te wen nie. Hy het te staan gekom teen vier an der: Diana Athill se Somewhere Towards the End, Sadie Jones se The Outcast, Adam Foulds se The Broken Word en Michelle Magorian se Just Henry. Die toekenning bestaan sedert 1971, maar was voorheen as die Whitbread Book Awards bekend.

Vir meer oor die verskillende kategorieë besoek www.costabookawards.com.