Boeke

Uittreksel uit Steve Hofmeyr se nuwe boek: Vier briewe vir Jan Ellis

Wat sê sy?

Sjjj.

Sjjj jouself.Wat sê

sy, Basil, man?

Sy sê die gêneral is stomgeslat.

Die gêneral was eintlik stom. Dit was ’n stroke, vertel die charity antie toe sy namens die gêneral begin speech. Sy praat in mooi English met onse kinnebakkies op die geel grasperk.’n Stroke sê sy weer.Die gêneral knik.’n Stroke. Ek dink dit beteken die general het baie geld.Toe wiet ek. Ek soek ook een.’n Stroke. Ek sit uitasem en trek die knapsekêrels van my jersey af toe sy sê os moet algar opstaan en toustaan, first-come-first-serve.Hier kom dit nou. Die kinders raak bos. Ek ook. Os wiet os score freebies vandag. Ek kyk na die antie en luister mooi. Ek kop nie alles nie. Almal skrou. Maar

ek wiet wat ek soek. Ek soek ’n stroke. Soos hy.Die ou gêneral is ’n veteran van Vredenburg maar when the general was merely a young captain in the national defence force he stole a brown worker’s only means of transport, which he never returned to the rightful owner. Today in retribution and in the spirit of justice, reconciliation and having lived with the lie all his life, he would like to make amends. Die woorde was te groot. Die stomgeslatte gêneral knik weer, maar ek kop nie. It remains a godly decree to give to the community what one takes from it.Toe sien ek dit. Eerste. And although no amount of material gain can alleviate the devastating poverty Gen. van Vuuren would like the world to see this donation as a small token of recompensation. Ek kan my oë nie glo nie.Hulle maak staan nientig swart bicycles teen die Community Centre se muur.Toe wiet ek. Ek tel nientig kinders af en druk in tussen die top tien ouer seuns.Om safe te wees. Hulle

boelie my uit die queue uit. Maar hulle wiet nog nie. Ek sien net die Peugeots. Hulle klap my.Maar my oge skitter. Hulle klap my weer.My neus beginner bloei maar ek sien net die bicycles.

Iemand met ’n naamplaatjie tel die eerste nientig stoeiende seuns af en maak die ander loop tou staan vir Tshirts. Maar ek’s in. In die top ninety. Ek’s ’n bicycle VIP. Oudamse kinders het nog nooit so baie fietste gesien nie. Never. En een van hulle was myne. Ek

was te kort om my been oor te swaai. Toe stoot ek hom oor Small, Jolly en Sishenstraat.Toe laat rol vir kastrol tot by nommer 201. By antie Tô se huis het ek uit my asem uit begint te skrou.

Mamsie! Mamsie! Kyk!

Omy God, George Jan Ellis Kok.Wat. Het. Jy.Nou.Weer.Ge. Flipping. Doen?

Dis my stroke, ma.

Jesus se pêrels

Om op ’n koue winteragtermiddag die agt-en-veertig klein blou en geel vensters van ’n NG kerkie met groot klippe uit te gooi moet jy kwaad wees.

Of iets. Daar was soveel donker in my kop dat ek eers opgehou het toe konstabel Diemies sy swaar hande oor myne laat sak het. So stadig dat ek hom wou vra of hy wiet hoekom ek dit doen. Want ek kon nie meer onthou nie. It’s okay, fluister hy. It’s okay, but it’s time to go. In die duiwel se donker sien ek iets wat blink. Dit was nie van ligte en diamonds nie.Dit was ’n pêrel. Sy naam was Basil Jerome Abdullah. Basiltjie

Blue.Hy was Jesus se blouste pêrel en my se beste pêl. Op July 19 kom staan hy voor my in Sishenstraat met rou oge en ’n rooi wang.Hoekom huil jy, Mista Blue? wil ek vra.Maar ek het nie. Ek het net gestaan en kyk.Toe soen hy my. Nie hard nie.Maar sommerso.

Sies ga man. Wat gaan aan met

djou?

Sorry, Klein Jan.

Nooit, Basil. Dissie cool nie, tjom.

Ek moet gaan.

Nou gaan dan.

Ek moet weggaan.

Weg? Like ver weg? Soos Jacobsbaai? Of Cape Town?

Verder.

Maar jy’s my beste tjom.

Dis why ek djou sê.

Wat?

Tot siens. En dankie.

Vir wat?

Vir djou gesangeboekie.

Ja. Maar djy’t hom nooit gebruik nie.

Want ek is nooit geslat nie.Nie een keer nie.

Hehe. Ek wiet. Djou fokken witbroodjie.Djy.Nie een keer in agt jaar nie. Kyk hoe lyk mý gat van die

Tien Gebooie, die Twaalf Plae. . .

Tien Plae.

Sien? Because why? Want djy ken jou OldTestament, my bra.

Djy’t my nooit ge-judge nie,George Jan Ellis.

Judge? Vir wat moes ek?

Check djou.

Oukei.

Oukei.

En hy was weg. Die Abdullahs het hom gepos. Daar stap hulle verlore seun. Basiltjie Blue, hy stap. Uit my lewe uit. Uit Diazville uit. Uit Abdullah uit. Die outjietjie met die

trane en die niks woorde nie. Ek het hom nie geroep nie. Ek was bang Jesus se pêrel soen my weer.Hier op straat is dit ’n af ding van ’n ding daai. Ek het hom nie geroep nie.Maar ek wou. Ek wou net sê ek kop nie.Maybe sal ek hom sê as hy weer kom.