mensgemaakte_wonders_van_afrika
Boeke

Top-5 vakansiepret-boeke

Hier is ‘n klompie boeke wat jou vakansie luilekkerder kan maar. Een gee selfs voorstelle van hoe jy jou kinders kreatief kan besig hou. Onthou om ons boekwinkel te besoek, as jy sommer aanlyn wil bestel.

Mensgemaakte Wonders van Afrika, Dawid van Lill (LAPA, R200)
Die boek gee ‘n oorsig oor al die verskillende aspekte van lewe in Afrika. Van die stede, aanbiddingsplekke, vuurtorings, monumente, standbeelde en ander ingenieurswonders soos damme en geboue. As ek deur die boek blaai, is daar baie van die plekke wat ek wil besoek om self die mensgemaakte wonders te aanskou. Kan jy jou indink as jy op die eskarp van die Malutiberge in Lesotho is en jy bekyk die uitsig vanuit ‘n grasdakrondawel (ook genoem ‘n mokhoro). As jy wyer kan reis, kan jy na Afrika se grootste standbeeld, die Sfinks in Egipte gaan kyk of die Romeinse Ruïnes, Volubilis in Marokko. En as jou begroting knyp en jy kan net in Suid-Afrika reis, kan jy altyd na die oudste gebou in ons land gaan kyk – die Kasteel in Kaapstad. Van Lill se boek is ‘n “klein huldeblyk aan die teenwoordigheid van ‘n verstommende verskeidenheid mense en wat hulle gedoen het”. Maak my trots om deel van hierdie kontinent te wees! (Die boek is ook beskikbaar in Engels as Man-made Wonders of Africa).

Drakensberg 20 best day hikes Drakensberg – 20 Best Day Hikes in 10 Regions, Erwin en Nicoleen Niemand (Oshana, R85 + R12 posgeld)
Hierdie nuttige gids vir staproetes in die Drakensberg bevat 20 dag-stappe met nog 10 bonus-stappe. Erwin het elke staptog self afgelê en die roete met die GPS vasgestel. Die koördinate word in die gids aangedui. Daar is ‘n CD wat jy kan bestel om die koördinate op jou GPS af te laai. Volgens Erwin hoef jy nie superfiks te wees om enigeen van hierdie roetes te stap nie. As jy moeg raak, kan jy rus en die natuurskoon bewonder. Vir hom is die lekkerste stappie die Amfiteater-roete. “As jy bo kom, is jy op die eskarp en kry jy die gewaarwording van die majestueusheid van die berg. Die ander roetes is almal in die voetheuwels. Die moeilikste stap is die een by Giant’s Castle (9.2 in die gids) wat ‘n perdeskoenroete is. Mens stap lank in tot by die berge en dan stap jy kontoerpad en dan weer terug. Nie een van die roetes is bergklim roetes nie. Daar is ‘n paar waar jy met die kettinglere opgaan, maar die roetes is vir ”gewone mense.” Bestel by www.oshana.co.za
50 ways to grow  52 Ways to Grow Creative Children, Lisl Barry (Jacana, R135)
Wat ‘n oulike boekie. Die idee is om kwaliteit-tyd saam met jou kind deur te bring terwyl julle saam allerhande aktiwiteite doen. Terselfdertyd ontwikkel jou kind se kreatiwiteit! As jy die vakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry, is die projekte in die boekie ideaal. Dis bekostigbare pret wat julle saam by die huis kan doen. Julle kan ‘n boomhuis bou, of ‘n enorme spinnerak van materiaal weef, vingerpoppe en marionette maak, of selfs ‘n vlieër bou. Daar is ook lekker bak-en-brou-goed soos brood bak, roti’s en pesto maak. Die skrywer stel ook langer termyn aktiwiteite voor soos om ‘n groentetuin te begin en jou kind dan te leer van groen aktiwiteite. Die handwerk-projekte is nogal basies en behoort maklik gemaak te kan word.
Chic Jozi Chic Jozi, Nikki Temkin (Penguin Group SA, R130)
Hierdie een is vir Joburgers én vir ander mense wat in ons stad kom kuier! In die boek (klein genoeg om in jou handsak te pas) vind jy nou behoorlik enigiets – van beste ontwerperswinkels, deli’s, restaurante, spa’s, piekniekplekke, kunsgalerye, museums, buitelewe sentrums, antieke winkels en wat nog. Elke plek word bondig beskryf met die diens wat dit lewer of waarvoor dit besoek moet word, met ‘n kontaknommer by. Bonus is die wenke wat die skrywer by afdelings gee oor wat is sakpas, luuks of stylvol. ‘n Moet-hê vir mense wat altyd op soek is na nuwe dinge om te sien, proe en doen.
Disneyland Paris Essential Disneyland Resort Paris, AA Books (AA Books, R124,95)
As jou vakansiebonus rek tot ‘n besoek aan Parys, Frankryk en jy wil ‘n draai maak by Disneyland, dan is die ene vir jou. Die gidsie vertel jou alles oor Disneyland, van alles wat jy vooraf moet weet om jou beplanning reg te kry. Verder gee dit al die besienswaardighede en dinge wat jy daar kan meemaak. Waar jy kan eet en bly en seker die heel belangrikste, waar jy wat kan koop! Die gids is prakties ingedeel en so uitgelê dat dit eenvoudig is om na te slaan. Belangrikste, dis klein en weeg min, sodat jy dit kan saamdra.
  • wngobkwgz

    MqbUiP dkrnibcvtfff, [url=http://ofgswmgohtzx.com/]ofgswmgohtzx[/url], [link=http://fbcodtrnvwiz.com/]fbcodtrnvwiz[/link], http://tcyuzhobuaxx.com/

  • ReurbReewly

    BaqFzk [url=http://www.wowuggss.com/]UGG ??[/url] ibphis http://www.wowuggss.com/

  • faursortGor

    kfgjsaltjjlf [url=http://www.agu-boots.com]UGG ???[/url] prjfhgaok

  • NogFlillgrova

    ryjljhlp [url=http://www.boots-senmonten.com/]?????????[/url] sdgrdhhlk

  • TraivaGag

    sbafbkakfafs [url=http://www.bootsjp2012.com/]?? ???????[/url] kasnfxzvzvdch

  • TraivaGag

    pposdgsgsdg [url=http://www.bootsjp2012.com/]UGG ??? ??????? 5854[/url] absafsfafaf

  • squizunfofs

    [url=http://www.doitjersey.com/]Cheap NFL Jerseys[/url]

    nfl jerseys price
    nfl jerseys miami dolphins
    nfl jerseys target
    nfl jerseys whole
    high quality nfl jerseys

  • squizunfofs

    [url=http://www.doitjersey.com/]Cheap NFL Jerseys[/url]

    nfl jerseys monster
    nfl jerseys hut
    nfl jerseys austin tx
    nfl jerseys orange county ca
    nfl jerseys qvc

  • WhonnaInodync

    FizKuz [url=http://www.wowwugg.com/]ugg ???[/url] Pm oKkj http://www.wowwugg.com/

  • Varethurape

    PsaLqe [url=http://www.wowwugg.com/]ugg ???[/url] Pg fAyd http://www.wowwugg.com/