Boeke

Vir ernstige rugbyverslaafdes!

Of jy nou op die paviljoen sit met jou nartjies en biltong, Bloubul-valhelm met horings, jou Cheetah-vlag of jou opblaas-Sharkie, of jou “Weepee”-vlag, vat maar die boek saam. Dit sal al die ouens beïndruk!

Die Sasol SA Rugby Annual 2009, saamgestel deur Andy Colquhoun, Eddie Grieb en Duane Heath (SARU, R180), is nou op die rakke. Hierin is alle moontlike statistieke oor die verskillende wedstryde van nasionale vlak tot klubvlak. Daar is ook ‘n hele hoofstuk oor toekennings wat spelers die afgelope seisoen ontvang het, met kommentaar oor die spelers en die vertonings wat aan hulle die toekennings besorg het. Daar is selfs ‘n stuk oor vrouerugby! Dis een van die omvattendste gidse en word amptelik deur die SA Rugbyraad onderskryf.

O, ja, as jy nie die boek gaan gebruik nie, gee dit vir die rugbyman in jou lewe. Jou aandele sal beslis styg.

Bestel dieSasol SA Rugby Annual 2009.

  • a2mpSh grtpkkztvfbc, [url=http://exfeiqtaydqx.com/]exfeiqtaydqx[/url], [link=http://smmwyyisaeai.com/]smmwyyisaeai[/link], http://sjgemdzcoryk.com/