Scott Ramsay 
FOTO verskaf

Scott Ramsay FOTO verskaf

Boeke

Vir Scott Ramsay is die natuur sy heilige plek

As jy deur fotograaf en skrywer, Scott Ramsay, se fenomenale koffietafelboek, South Africa’s Wildest Places, blaai, dan kan jy sien waarom hy so sê.

In hierdie boek dokumenteer hy 30 natuurparke en natuurreservate van Suid-Afrika deur sy foto’s en skryfwerk. Sy liefde en ontsag vir die natuur straal uit die bladsye. Daar is ’n heiligheid in die ongereptheid van die plekke wat hy vir ons wys. Hier word jy blootgestel aan die glorie van die natuur; van ’n enkele blaar en grassprietjie, voëls en ander soogdiere tot ’n majestueuse landskap. Die boek het my opnuut laat besef hoe divers die natuurgebiede in ons pragtige land is en hoe bevoorreg ons is om nog sulke gebiede te hê. Dit is inderdaad heilige plekke en moet bewaar word vir ons nageslag. Intussen kan jy jou daarin verlustig in die blaaie van South Africa’s Wildest Places (Love Wild Africa, R890)! Die boek is beskikbaar by toonaangewende boekwinkels en kan ook aanlyn bestel word by www.LoveWildAfrica.com.

FOTO: verskaf

FOTO verskaf


Scott het per e-pos vrae beantwoord oor sy fotografie en die boek.

Vertel ons kortliks wie jy is en wat jy doen.
Ek is ’n 41-jarige fotograaf en skrywer van Kaapstad, maar ek verken, fotografeer en skryf oor die natuurlewe plekke in Afrika. Ek woon tussen Tafelberg en Valsbaai. Ek glo die natuur is heilig en dat die mens daaraan behoort, ons is nie apart daarvan nie, al dink ons soms so. Ek dink Afrika se natuurgebiede en wildlewe is globale skatte wat uiterste sorg en beskerming verdien. Die enigste werklike rêrige ding is die natuur rondom ons. Ek glo die natuur en die wildernis is die paradys waarna ons almal soek. Dit het lewe geskenk aan ons, dit onderhou ons en dit sal na ons omsien as ons daarna omsien. Planeet aarde is ons enigste ware tuiste, tog vernietig ons dit.

Hoe het jy betrokke geraak in fotografie?
Ongeveer 20 jaar gelede het ek met ’n rugsak gereis en terwyl ek in New York was, het ek by die fotograaf Peter Beard se galery ingestap en sy lugfoto van ’n trop van 756 olifante in Tsavo Nasionale Park in Kenia gesien. Ek het daar gestaan vir ’n lang tyd en net na die foto gestaar. Ek het besef daardie groot troppe bestaan nie meer nie. Dit het my persepsie verander oor wat regtig saak maak in die lewe. Daar staan ek, in die episentrum van kapitalisme, en besluit net daar dat die waarde van my lewe bepaal sal word deur gehalte en ’n groot hoeveelheid ware wildernis ervarings. Ek wil my bes doen om hierdie ervarings met ander te deel, deur fotografie en skryfwerk.

Wat van natuurfotografie trek jou aan?
Ek word meer geïnspireer deur die natuur, die wildernis en wildlewe as enigiets anders. Daar is geen kuns, wetenskap, boeke, argitektuur, musiek of mensgemaakte uitvindings wat na-aan die inspirasie van die natuur kom nie. Fotografie is een manier waarop ek hierdie inspirasie wat ek voel met ander probeer deel, sodat hulle ook vir hulself ’n kans gee om te transformeer en te herkalibreer op ’n geestelike vlak. Ek is mal daaroor om myself te verloor in die oomblik van fotografie … wanneer al wat saak maak die olifant, leeu, miskruier of donderstorm is wat ek deur my kameralens sien.  Dis ’n diep vlak van bepeinsing, en daar is tye wat ek glo ek het ’n konneksie met die dier, land of oseaan – en dat ons moontlik selfs op ’n manier kommunikeer.

FOTO: verskaf

FOTO verskaf

Jou boek was ’n groot werk. Waarom wou jy hierdie spesifieke boek saamstel?
Dis die hoogtepunt van my werk in Suid-Afrika se nasionale parke en natuurreservate. Ek dink dis belangrik vir myself en my loopbaan, maar ook vir bewaring en die samelewing. Mense moet weet van hierdie plekke, waarvan baie nog grootliks onbekend en ongewaardeerd is. Elke skoolkind, elke tiener, elke volwassene moet die name en ligging van hierdie heilige plekke ken. Die plekke moet deel wees van ons taal, ons gesprekke en ons daaglikse lewe. Ek bid vir die dag wat ’n ryk wit vrou wat in ’n vooraanstaande buurt soos Constantia in Kaapstad woon “Mapungubwe” so maklik en natuurlik kan sê soos “Woolworths”. Hierdie wildernisplekke moet deel van ons bewussyn en onderbewuste word. Party sal sê die plekke is reeds deel van ons onderbewuste. Ons kom van wildernisplekke en is gevorm as ’n spesie terwyl ons geëvoluleer het  langs wilde diere.

Dis ’n pragtige boek. Het alles altyd volgens plan verloop?
Dankie, en nee. Daar is so baie veranderlikes aan my werk en om so boek saam te stel. Die boek verteenwoording 1% van die moeite wat ingegaan het in die skep van die foto’s en die woorde. Die ander 99% moeite was om vir drie jaar te reis na meer as 40 beskermde gebiede. Ek het waarskynlik 700 dae in parke deurgebring, om te verken en al die geheime plekke af te neem. By tye was dit fisiek, emosioneel en geestelik uitmergelend. Meeste van die tyd was dit net ’n ongelooflike avontuur wat my vir ewig as mens verander het. Dit was meer van ’n pelgrimstog as enigiets anders.

Hoe lank het dit geneem om die boek van begin tot einde te voltooi?
Ongeveer vyf jaar.

FOTO: verskaf

FOTO verskaf

Watter aspek was die moeilikste in die skep van die boek?
Die lessenaarwerk. Ek hou niks daarvan om agter ’n lessenaar te sit nie. Vir drie jaar was ek byna die heeltyd in die een of ander wildernisgebied in die land, dikwels alleen. Om daarna vir ses maande agter ’n lessenaar te sit en met die hulp van Riaan Vermeulen, die beste ontwper wat ek ken, en Magriet Kruger, die briljante redakteur, die boek saam te stel. Hulle moes my vasketting aan die lessenaar, en het my sover gekry om dit te voltooi. Ek’s hulle baie dank verskuldig.

Het jy ’n uitsonderlike ervaring gehad terwyl jy die materiaal vir die boek bymekaar gemaak het?
Ek dink my antwoord op hierdie vraag word weergegee in die woorde van Laurens van der Post, wat geskryf het:

“When talking around a fire in Africa, no matter how varied and strange the company grouped by it one talks the kind of talk you never talk anywhere else, with the Southern Cross standing straighter, higher and brighter…In these circumstances one talks about things that do not even occur to one in towns. For instance, one talks naturally about God, of God and to God; one talks about mystery and wonder and one’s own experience of these things. One talks about everything in life in a way which shows there is really nothing ordinary on Earth, but all is extraordinary.”

Die ongewoonste ding wat jy raakgeloop het tydens jou reise vir die boek?
Alles is ongewoon afhangende van hoe jy daarna kyk. ’n Olifant, ’n kameelperd, ’n aardvark … hierdie diere gaan die menslike verbeelding te bowe. Alles hang af van wat jou persepsie van gewoon of ongewoon is. Een van ons grootste uitdagings is juis (en grootste hoop) om opnuut ons persepsie oor die natuur te hervorm, sodat dit weer ’n ding van wonder en misterie kan word.

Het jy ’n gunsteling-natuurlewe gebied?
Nee. Almal is uniek en spesiaal. Dis soos om iemand te vra om te kies tussen sy kinders, dink ek. Elkeen is merkwaardig in eie reg. My gunsteling-plek is enige plek waar die natuur nog in beheer is, waar die mens gewilliglik afklim van sy troontjie van eiewaan weens die grootsheid van die natuur.

Watter dier is vir jou ’n uitdaging om af te neem?
Ek sien fotografie nie as ’n uitdaging as sulks nie. Ek neem eerder ’n gelukkig-toevallige aanslag aan met my wildlewefotografie. Ek teiken nie diere aktief nie. Mens kan sê ek plaas myself in ’n wilde plek en wag vir die diere om my te teiken. As ek gelukkig is, sal ek daarvandaan wegkom met ’n klompie ordentlike foto’s.

Is daar hoop vir ons om ons ongerepte natuurlewe gebiede te beskerm?
Ja. Ons moet ophou aanteel en ons moet ophou gebruik. Daar is te veel mense op die planeet, en ons moet ’n alternatief vind vir kapitalisme en verbruikerisme. Ek glo ons benodig ’n spirituele revolusie, waar die mens weer die heiligheid van die natuur erken.Tot dan moet ons natuurparke en natuurreservate beskerm word teen alle koste. Dis die grootste saak van ons tyd.

Werk jy aan iets nuut?
Ek begin werk aan ’n projek wat die stories vertel van die onbekende mans en vroue in bewaring in Afrika wat al die harde werk doen, op die grond, elke dag, in die laaste oorblywende wildernisgebiede. Ek wil graag hulle verhale deel. Hulle is die ware helde van die wêreld. Die res van ons skuld hulle so baie.

FOTO: verskaf

FOTO verskaf