Boeke

WEN elke dag ‘n Op die vrou af 2-boek

Jy kan jou nou opnuut verkneukel in sy vertellings oor goed wat ons skoner geslag na aan die hart lê, sake wat ons soms warm onder die kraag maak, veral as die wederhelfte betrokke is. Sy pen ontsien niks van vrouwees nie, altyd met ‘n vonkel in die oog. Soms wil-wil jy jou vererg vir die man se raakvat-skrywe, maar dan kan jy nie anders as om saam te lag oor ons geslag (en mans!) se eienaardighede nie. Op die vrou af 2 (Human & Rousseau, R155), sy nuutste boek, is kraakvars in boekwinkels. Die bundel bevat al die rubrieke wat van 2004 tot 2008 in SARIE verskyn het.

Hierdie wenners het elk ‘n Op die vrou af 2 gewen:

Riette le Roux
Tania Lamprecht
Alida Rudman
Hesti Jordaan
Dorette Esterhuizen

Verhoogstuk

Op die vrou af 2 is weer verwerk in musiekteater deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Jolette Odendaal. Die stuk word tans landwyd opgevoer – kyk ook uit daarvoor by kunstefeeste. (Om ‘n opvoering in jou geweste te bespreek: e-pos henniewtf@mweb.co.za)

 

  • DEIDRE THOMPSON

    Ek is absoluut mal oor sy artikels in die tydskrif. En lees dit eerste.

  • Marietjie de Villiers

    Sarie is al seker sedert die eerste uitgawe aan ons bekend. My Ouma, my ma, toe ek en nou my dogter Wilmarie wat ook al ‘n mamma is van klein Lenuschke (2jr)wat ook al deur haar mamma se tydskrif "lees" sonder om een
    blaai te skeur. Ek begin voor lees en dis moeilik om ‘n Sarie klaar te lees
    want jy haal altyd ‘n vorige uitgawe weer en weer uit oor een of ander artikel, wenke, idees en mode giere (mooi hare) en leer jou gunsteling karakters beter ken todat jy voel nou raak my stapel hoog en gee dit weer aan ‘n vriendin wat dit ook geniet en weer vir haar dogter gee. (Waarde vir Jou geld)

  • natasja

    dis my verjaarsdag een van die dae en sal regtig nie omgee om net een keer in my lewe iets te wen nie.en om andre le roux se boek te wen sal die kersie op die koek wees met ‘n verjaarsdag wat ek vir die eerste keer enkellopend sal moet vier.

  • alida

    dankie Sarie ure se lees le vir my voor

  • Santie Hugo

    Ek lees dit , by gebrek aan ‘n egte regte tydskrif, op die internet hier in Saudi Arabie! En lag soms so dat my man wil weet wat aangaan… so ek sal so boek so baie geniet hier!