FOTO verskaf

FOTO verskaf

Boeke

Wen ’n Storiemuis-sak en ’n eksemplaar van Storiemuis 4!

Kinders leer speel-speel met dié gewilde reeks kinderboeke. Nou kan vyf mense elk ’n Storiemuis-sak en ’n eksemplaar van Storiemuis 4 wen.

Die reeks kinderboeke, wat oorspronklik in die 1980’s verskyn het, het weer die lig gesien omdat dit Leon Rousseau* se groot passie was om dit weer uit te gee. In ’n onderhoud met SARIE.com het hy gesê ’n jong kind se enorme leervermoë is een van die dinge wat hom fassineer. En hy glo as die leerproses reg aangebied word, is dit vir die kind nie ’n plig nie, maar ’n plesier.

“In sy oorspronklike gedaante het Storiemuis agt jaar ná Storieman begin verskyn, en het ten spyte van vele herdrukke nooit so bekend geword soos Storieman nie. Maar oor die opvoedkundige waarde van Storiemuis was ouers nog meer geesdriftig as oor dié van Storieman.”

Tans is daar reeds vier van die boeke heruitgegee. Elke boek behandel ’n groot verskeidenheid opvoedkundige temas en word vergesel deur ’n oudio-CD met voorlesings en liedjies. Die reeks is gemik op kinders van 2 – 5 jaar. Dis propvol stories, liedjies en rympies. Kinders leer ook om syfers en die letters van die alfabet te herken. Dis ’n heerlike interaktiewe reeks boekies waardeur kinders speel-speel leer.

*Rousseau is op 24 Februarie vanjaar oorlede. Hy sal altyd onthou word vir sy reuse-bydrae tot die Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur.

FOTO: verskaf

FOTO verskaf

Storiemuis: Boek 4 (Human & Rousseau, R170) is pas gepubliseer. Daarin word die alfabet verder behandel, en word daar gevorder tot by die letter “O”. Kinders word ook blootgestel aan meer komplekse klanke soos byvoorbeeld “oo”, “ooi”, “oe” en “oei”.  Die nuwe klanke en woorde word in lekker liedjies en rympies herhaal.

FOTO: verskaf

FOTO verskaf

 

Vyf mense kan elk ’n Storiemuis-sak en ’n eksemplaar van Storiemuis 4 wen! Skryf hier in.

Wedstryd sluit 29 Julie 2016

Lees nou

My lewe met boeke op Wêreld Boekedag

Kinderboeke vir die langnaweek