Akteur Stefan Ludik: "Ek wil my laaste dag op aarde saam met my ma deurbring"
Foto’s: verskaf Galery
Onlangs het Stefan Ludik (28), akteur, sanger en TV- persoonlikheid, sy ma, Susan, in namibië gebel en vir haar gesê as hy sou weet hy het net een dag om te leef is sy die mens met wie hy daardie dag wil deurbring.
Hy't gesê sy moenie skrik nie, hy is nie depressief of "af" nie, hy wil net hê sy moet weet hy het haar die liefste op aarde en dat sy vir hom baie beteken, dat hy oor alles met haar kan gesels.
"Ek was bewoë, maar op 'n high. Van kleinsaf was Stefan my spesiale kind, 'n dromer wat gereeld geskenkies aangedra of vir my iets te ete gemaak het as ek van die werk af kom. As hy aangevoel het dat ek nie lekker voel nie, sou hy vir my 'n tydskrif koop, of musiek speel en blomme bring.
Tydens hul grootwordjare het ek baie met Stefan en sy broer, Hugo (26), 'n regsgeleerde en liedjieskrywer van Johannesburg, gesels en dit help dat hulle nou nog met my oor enigiets kan praat.
Stefan en ek gaan eet graag uit, doen saam klere-inkopies of ruik nuwe parfuums. In Namibië toer ek saam met hom en dan kuier en gesels ons baie.
Ek kom uit 'n gebroke huisgesin. My pa is weer getroud, weer geskei en het toe selfmoord gepleeg. My ma het haar verlore jeug nagejaag en meestal veel jonger kêrels gehad.
Toe ek en my man, Paul, 'n forensiese deskundige, deur 'n krisis in ons verhouding gegaan het, het ons besluit skei is nie 'n opsie nie. Ons het besef geluk lê in jouself. Jy láát die
huwelik werk. Ons is die kinders se vangnet en dít het hulle 'n goeie selfbeeld gegee.
Verwante artikels
-
Sally Chalmers: Kom uit jou roetine uit
SARIE Augustus 2010
Modewoord of die antwoord? Drie doodgewone vroue vertel hoe ’n lewensafrigter hul lewens verander het.
-
Stefan Ludik wys sy gunsteling-foto's, en vertel van sy skoolprojek
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 3
Wie sou nou kon raai dat dit Stefan Ludik op die foto hiernaas is? Dié hartebreker van Namibië het ook van sy ander gunsteling-foto's gestuur.
-
Toy Joubert: Kan weer verhoudings met ander mense hê
SARIE Augustus 2010
Modewoord of die antwoord? Drie doodgewone vroue vertel hoe ’n lewensafrigter hul lewens verander het.
















Kommentaar