Geluk, SARIE!

SARIE - Augustus 2009

Uit alle oorde is SARIE se 60 goue jare besing. Het jy ook 'n verjaardagwens vir SARIE?

"Géé van jouself, het Izak de Villiers gesê toe ek SARIE se redakteur geword het. In ruil het ek meer ontvang as wat ek ooit kon droom. Jy is mý inspirasie!" - Michélle van Breda (Augustus 2009).

"'n Mylpaal! Sonder 'n plooi!" - Nataniël (Julie 2009)

"SARIE. 60 soene jonk! - André le Roux (Julie 2009)

"Geluk, SARIE! Mag jy altyd ouderdomloos bly." - Marita van der Vyver (Julie 2009)

"Geluk stylvolle SARIE! Ná soveel jare steeds inspirerend!" - Rolanda Marais, aktrise en Julie-voorbladgesig (Julie 2009)

"SARIE- 60 sprankels mooi!" - Koos van der Merwe (Julie 2009)

"'n Klapsoen vir jou op sestig, SARIE!" - Izak de Villiers (Julie 2009)

"SARIE, toegewens: vele dekades van feesvieringe rondom vrouwees en die lewe!" - Anna-Mart van der Merwe (Augustus 2009)

"Liewe SARIE, Veels geluk en hoe kry jy dit reg? Altyd mooi, altyd nuut en sprankelend! Gee my jou resep asseblief. Lekker verjaar!" - Sandra Prinsloo (Augustus 2009)

"Liewe SARIE. Veels geluk!" - Idols-aanbieder, Liezel van der Westhuizen (Augustus 2009)

Happy 60th birthday to SARIE magazine. Congratulations on all the wonderful work that you do, and for providing such a positive platform for the Afrikaans-speaking women of South Africa" - grimeer-ghoeroe Bobbi Brown

"SARIE, jý't SIEL. Geluk, jou skat." - skrywer Jeanne Els (Augustus 2009)

"Jy is nog steeds die mooiste meisie in die land!" - Chris Chameleon (Augustus 2009)

"Liewe SARIE, doe zo voort. Trots op julle." - Wim Bosman, skepper van Kekkel & Kloek (Augustus 2009)

OP FACEBOOK HET JULLE GESÊ

"Wonderlike tydskrif, baie geluk" - Bessie van der Walt

"Baie geluk!! Ek is so opgewonde, my Julie-Sarie het gearriveer hier in Londen - eerste van 'n wonderlike verjaarsdag geskenk van my neef Gert, ma en sussies" - Jeanette Kruger

"Baie geluk. Sarie is vir my 'n vriendin. By julle het ek baie geleer. Dankie:-)" - Elizabeth Viljoen

"Lekker verjaar, SARIE, jy's 'n wonderlike vriendin!!!...en ek waardeer jou nou meer as toe ek in SA gebly het...nou in New Foundland, Kanada..." - Rina Hough

"Geluk! Bly net so stylvol soos altyd....los die smerige skinnernuus/skandaal vir die Son" - Hannely Jooste

"SO OUD SOOS EK!" - Annie Prinsloo

"En nie een enkele plooi nie!!" - Irene Gilliland

"En nog net so mooi!" - Coco Blignaut

"BAIE GELUK !!!" - Liesl Cronje

OP E-POS BOODSKAPPE EN SMS'E HET JULLE LAAT WEET

Petra Swanepoel van Hartswater vier saam met SARIE haar 60ste verjaardag.

Joshua Loots van Bredasdorp het vir Michélle op RSG hoor praat. Beste wense, sê hy. Hy lees SARIE ook af en toe, en van die stories roer sy hart (en dryf hom soms tot trane).

Marlene Weyers skryf:
"Beste Sarie, Ek en jy word Julie-maand 60 jaar oud.
Ek onthou met jou vyftigste het jy omtrent uitgehang.
Ek was dus teleurgesteld toe ek jou Junie uitgawe lees en jy nie 'n woord sê van jou komende verjaarsdag nie.
Ina Paarman het gesê: op 60 het jy die gesig wat jy verdien en ek moet se jy lyk nog net so mooi soos 60 jaar gelede. Jy het saam met die tyd gegroei en bly jonk met die hulp van jou puik span wat na jou omsien. Ek het al afgetree toe ek 55 jaar oud was, maar ek is seker dat jy nog lank nie sulke planne het nie.
Hiermee wens ek jou dus 'n mooi 60ste verjaarsdag toe en hoop dat jy nog net so pragtig op jou 70ste verjaarsdag sal wees."

Mari Roux skryf:
"Dit is met groot verbasing en genot dat ek verneem die tydskrif is op 6 Julie 60 jaar oud. My ma, Nellie de Bruyn van Groot-Brakrivier, is op dieselfde dag 60 jaar gelede saam met Sarie gebore en net soos Sarie is sy 'n inspirasie. Ek wil graag hulde aan haar bring want as ma en vrou is sy my inspirasie. My ma is my beste vriendin en ek kan nie 'n dag sonder haar in my lewe in dink nie. Sy was maar nog net altyd daar met liefde, vertroosting en die wêreld se wysheid. Nou dat sy ouma ook is sien ek hoe my kind ook na haar draai vir daardie spesiale sagtheid en omgee. Haar hele lewe spreek van standvastigheid. Ek is so trots om so ma te hê en wens maar net dat ek eendag ook in haar voetspore sal kan volg. Baie geluk met ma se verjaarsdag en dankie dat ma, MA is."

Diana skryf:
"Aan Almal by Sarie
Baie, baie geluk met julle wonderlike volle 60 JARE!!!!
Mag julle nog trippel soveel jare beleef.
Julle bly maar die beste tydskrif ooit.
Of dit nou in boekvorm of op die internet is, veral jul
internet weergawe is fantasties. Ek het julle al daaroor
gekomplimenteer.
Nogmaals baie, baie geluk.
Vriendelike groete"

Verwante artikels

Kommentaar

  • ria lombaard,gordonsbaai wes kaap baie geluk met jou 66 ste verjaarsdag ons geniet jou elke dag mag God jou nog baie jare van vreugde skenk,van jou man antoon,phillip,leatitia en kleinseun philip fouche.skakel 0712250139 vir verdere gelukwensing.

    17de Apr. 2011, 13:42
  • Baie geluk Sarie, net soos jy het ek ook 60 geword die jaar! Myne was net so 'n maand of twee voor joune, maar ons is albei kalwers van 1949!! Dankie vir die gratis hang oorbelle, net jammer dit was nie goed verpak gewees nie, toe ek myne wou aansit, was dit so skeef gebuig dat dit gebreek het toe ek dit wou regbuig. (Maar ek waardeer die gebaar). Sien daarna uit om saam met jou oud te word!!

    24ste Jul. 2009, 12:14
  • Baie Geluk Sarie, 60 en nog meer Glansryk, stylvol en sjiek met elke bladsy vol waardavolle inspirerende inligting - My Sarie, Tuis in my Huis.

    8ste Jul. 2009, 21:05
  • Baie Geluk Sarie, 60 en nog meer Glansryk, stylvol en sjiek met elke bladsy vol waardavolle inspirerende inligting - My Sarie, Tuis in my Huis.

    8ste Jul. 2009, 21:05
  • Sarie, om te dink ek en jy vier albei ons 60ste verjaarsdag! Myne is weliswaar al 'n maand verby, maar ek glo my "buiteblad" is net so kleurvol soos joune. Kom ons blaas die kersies met 'n wip in die stap dood en sien uit na nog 'n goeie klompie verjaarsdae saam.

    8ste Jul. 2009, 15:47
  • Liewe Sarie My vriendin van ouds al dien jy ons al 60 jaar het glans jou nog nie ontgaan, altyd vol advies, van wenresepte en lekkerlees mooimaakwenke om ons op te smuk jonkhou truuks en lekker kos bly jy nog steeds so mooi verpak so lê jy ons en beloer van die winkelrak getrou wink jy jou ou vriendinne elke maand nader, altyd met 'n blinkmooi baadjie aan en sonder om te vra, bly gee jy net nog net so mooi en vars soos altyd! My vriendin, my inspirasie Baie geluk met jou verjaardag! Nicolene Richards ______________________________________________________________________________________________________________________________________________

    8ste Jul. 2009, 15:24
  • Liewe Sarie. Om te dink... jy het jou agste verjaarsdag gevier toe is my Ouma eers gebore. Wow! Baie geluk met 60 jaar. My ouma het jou eers ontmoet toe sy op twintig Suid-Afrika toe gekom het. Dankie dat jy haar vriendin, later my ma en nou my vriendin is. En al drie generasies lees elke maand baie lekker aan jou inspirasie. Hopelik mag my kindskinders ook eendag jou vriendin wees.

    7de Jul. 2009, 21:13