Bertha le Roux skryf terug aan SARIE-lesers
Foto’s: Clinton Lubbe Galery
Julle het op sarie.com vir Bertha laat weet hoe goed sy lyk. Lees nou hier wat sy te sê het
Aan al die SARIE-lesers, ek wil net graag dankie se vir al die mooi wense en komplimente wat ek ontvang. Ek het nie verwag dat almal my so heelhartig sal ondersteun nie. Dit is vir my ‘n riem onder die hart dat ek soveel mense kon inspireer met my storie. Die lesers kom al inderdaad ‘n lang pad saam met my en my gewigskwessies, en ek waardeer die deurgaande belangstelling. Aan almal daarbuite wat ook die gewigmonster wil aanpak, vasbyt en sterkte, ek hoop dat die keer vir julle ook die laaste keer sal wees!
Groete,
Bertha
Verwante artikels
-
Bertha oor haar kinders en haar terugkeer na die Laan
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 21
Bertha le Roux, 7de Laan se Emma is weer terug in ons gunsteling Laan. Sy vertel ons van Brioné en Kiana, die ander 7de Laan-ma's en wat sy en haar gesin vir Kersfees beplan.
-
Bertha se dieet-vordering
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 18
-
Mooier, maerder Bertha: 'Kyk hoe lyk ek nou!'
Sy straal van selfvertroue nadat sy die kilogramme behoorlik afgeskud het. En Bertha le Roux gee ook volpunte vir Emma, haar karakter in 7de Laan, omdat sy die moed gehad het om Jan-Hendrik voor die kansel te los...
















Kommentaar
Adri Rheeders het gesê:
Berta. Ek dink jy lyk stunning en ek sukel ook met die gewig storie en het besluit om ook daai dieet te volg begin die maand met dit. God Bless
23ste Jul. 2009, 21:52Isabel het gesê:
Bertha Ek het nog altyd gedink jy is werklik 'n stunning mens, maar ek weet ook dat jy van binne 'n wonderlike mensie is. Baie baie geluk met jou gewigsverlies, en sterkte op die pad vorentoe. Ek is self vandag ook nog tussen 18 en 20kg oorgewig en ook 'n emosionele eter. Ek het 'n SureSlim kliniek in Vanderbijlpark maar sukkel maar elke dag so saam met my kliente om op die straight en narrow te bly. Hou so aan.Jy is 'n Jesus kind en baie spesiaal. Sterkte vir jou en manlief met jul pragtige meisiekind. Jy stel voorwaar 'n voorbeeld duisend vir almal wat sukkel met die gewiggies. Julle vroutjies daar buite wat ook sukkel ons sal wel die mas opkom al vat dit langer as wat ons gedink het. Bly net positief en hanteer dag vir dag. Sterkte aan almal.
23ste Jun. 2009, 13:12Chantal Theunissen het gesê:
You go girl!!!. Ek was nog nooit een vir Dieet programme nie maar vandat ek 30 jaar geword het alles verander nou amper 32 jaar. 3 keisers in 8 jaar en rekmerke wat lyk of ek 'n nuwe padkaart probeer opstel van verskuilde paadjies van gewig op tel en verloor.Ek was ook nooit een vir kosmetiese operasies nie maar uit mismoedigheid het ek 'n dokter gaan sien en hy het nogal gese ek is die perfekte kandidaat. Baie duur R52 000.00 Gedurende my eerste swangerskap (seun) het ek 42 kg opgetel en gesukkel om te verloor toe 'n dogtertjie en sommer baie verloor amper weer goed gevoel - toe weer'n seuntjie - nou amper 3 jaar oud.Ek wil nie meer lyk soos iemand wat nie meer omgee nie. Was op 'n eetlus demper dit het gewerk toe gelos ek "gedink" ek is bevry van laat aand etery. Maar nou vannaand het ek besluit maak nie saak hoe groot die temptasie daar is nie ek weet ek het meer wildskrag en ek kan dit doen ek sal my gebedjie ook opstuur vir bietjie ekstra krag.
9de Jun. 2009, 21:07hester het gesê:
Bertha ek kan ook saam stem met die ander, jy was nog altyd 'n baie mooi vrou, maar nou is jy die mooiste lieflikste mens. Ek dink Angeliena Jolie en Charlize Theron kan gaan slaap, jy is baie mooier as hulle. Hou dit so, en ek wil ook op die dieet gaan, maar is daar 'n nasorg program wat keer dat jy nie weer al die gewig optel nie, Groete Hester
5de Jun. 2009, 15:51Marisa het gesê:
Ek stem saam met Hannetjie - Bertha, jy was vir my nog altyd mooier as al die 7de-Laaners saam. Maar byt vas aan die nuwe gewig - al is dit net vir jou gesondheid se onthalwe.
30ste Mei. 2009, 08:40Ronell Myburgh het gesê:
Bertha Jy is 'n inspirasie vir enige vrou - hier so voor die winter! Daar is nie woorde nie jy lyk fenomenaal! Daar was dames wat jare terug saam met my gewerk het en ook so baie gewig met Dr Cohen se dieet verloor het. Hulle het almal die gewig wat hulle verloor het, en meer opgetel. Jou ingesteldheid is alles. Ek het my net verlekker in Sarie-Kos se heerlike reseppies en toe ek op sarie.com loer en jou sien, toe bere ek die kos boekie! Dankie vir jou inspirasie!
18de Apr. 2009, 18:15Hannetjie het gesê:
Bertha jy lyk mooi, maar selfs bietjie ronder was jy steeds pragtig! Ek dink die dieet is baie dieselfde as TLC. Ek het twee jaar gelede by hulle aangesluit en 36 kg in vyf maande verloor, maar die slegte nuus is ek het in die daaropvolgende jaar weer 40 kg opgetel! Dis net asof ek onbeheerbaar alles wou verorber wat ek gesien het. Nou weet ek nie meer nie... het met dieetkundige gepraat, sy sê ek het my metabolisme vertraag. Ai, dit was so lekker toe ek maer was...
6de Apr. 2009, 08:15De Lint het gesê:
ONGELOOFLIK! Ek volg ook Dr Cohen se dieet! Dit werk! In die begin is dit erg, maar sodra jy die resultate sien word jy gemotiveer om voort te gaan. Ek voel goed & weer lus vir die lewe! Dankie Bertha vir die voorbeeld wat jy stel! Kom ons byt vas & verloor die vetjies!
5de Apr. 2009, 16:50Maryna het gesê:
Baie geluk Bertha! Ek is baie bly vir jou! Ek het ook gesukkel om gewig af te gooi en het by TLC Wellbeing Clinic uitgekom. Het 20 kilo's afgeskud en voel baie goed daaroor. My man dink nou ek is baie sexy vir my ouderdom!
3de Apr. 2009, 14:41Rene Rushmer het gesê:
Jy lyk stunning ek het ook my dr Cohen dieet gaan uitkrap so nou begin ek ook weer Maandag op hom jy het my nou regtig weer moed en inspirasie gegee jy lyk pragtig hou dit so.
3de Apr. 2009, 12:20Lilian het gesê:
Kan n mens dan regtig beskryf hoe jy lyk, dit is verby ongelooflik pragtig!!!! Ja waar kan n mens die Dr Cohan op die internet opspoor adres of plek die naaste aan n mens se dorp.
3de Apr. 2009, 11:42Ann het gesê:
Ek dink Bertja Le Roux lyk soos 'n feeprinses, sy si fiets en het rondings op al die plekke en haar neklyn is stunning. Ek sit self met 'n probleem en sal dit waardeer as ek die rammy cohen dieet kan kry . ek het dit regtig nodig vir hoe cholestrol, suiker en die moegheid. Ek probeer 90% van die tyd reg eet en oefeninge doen aar die ander 10 verdwaal tussen die lekkernye. Help Asb. Ram
1ste Apr. 2009, 16:44Gerda het gesê:
Ek het ook die "suiker" probleempie en neem medikasie, ek wil graag meer te hore kom oor die dieet, kan julle asseblief help. Berta, jy lyk stunning en seksie. Haal my hoed vir jou af!Ek moet 20kg verloor en baie gou ook.
1ste Apr. 2009, 15:54Michelle het gesê:
Hi daar!!! Sjoe en nogtans weer sjoe! Is jy seker dis jy?? Ek kan nie glo wat gewig aan 'n mens se voorkoms kan doen nie.... Dis great! Ons is baie trots op jou! Ek is ook tans op Dr. Cohen's se dieet en staan op so te sê 20 kg. En ek moet self sê dat ek great voel,my selfvertroue is sterker en ek voel stunning. Jy lyk pragtig!!
1ste Apr. 2009, 11:58Adeliza het gesê:
absoluut pragtig, baie geluk en sterkte vorentoe.
31ste Mar. 2009, 15:53Marietjie Botha het gesê:
Ek is ook op dr Cohen se dieet en het bietjie van 'n terugslag met die emosioneel eet gehad...maar het nou die uitweg gekry!Elke dag sonder die eetmonster is absoluut 'n bevryding
31ste Mar. 2009, 14:22Roelien het gesê:
Goeie middag Kan u dalk vir my kontakbesonderhede van Bertha gee aangesien ek 'n aanbieder is van 'n Radio Program en sou ek graag 'n onderhoud met haar wil voer, indien moontlik.
31ste Mar. 2009, 13:25Antoinette het gesê:
Ek stem saam, jy lyk stunning, hou so aan. Ek wil ook soos gerda 'n dieet hê wat vir diabete is, is ook een.
31ste Mar. 2009, 13:07bertie het gesê:
waar kan ek die wonder dieet kry help asb!!!!!!!
30ste Mar. 2009, 21:22Christel Boltman het gesê:
Jy lyk stunning!
29ste Mar. 2009, 11:00Suzette het gesê:
Jy was altyd een van die mooistes in 7 de laan. Nou nog meer.
27ste Mar. 2009, 16:01Lynne Cokart het gesê:
Bertha jy lyk stunning girl! Sjoe, jy is omtrent 'n inspirasie vir my. Nadat ek die artikel van jou fantastiese gewigsverlies in die Sarie gelees het, het ek dadelik my naaste Dr. Cohen kliniek geskakel en ek kry my dieet volgende Woensdag! Ek het sommer vir motivering jou fotos wat in Sarie verskyn het op my yskas se deur geplak sodat ek elke dag na jou sukses kan kyk. Ek sukkel al so lank met my gewig en ek weet sommer hierdie dieet is DIE dieet!
27ste Mar. 2009, 12:33Elizma het gesê:
Ek kry nie die Dr Cohen! Waar kan ek meer inligting kry? Wil ook graag in my ou varsity klere pas...
26ste Mar. 2009, 10:57Hermann Cloete het gesê:
Vader van Genade wat is nou ooit mooier as n mooi vrou.......wat n blessing dat ons in jou geluk en mooi mag deel! Jy is n inspirasie vir elkeen van ons wat streef na die perfekte lyf & leefwyse!! Seen & Groete uit die Naib Woestyn! Hermann
25ste Mar. 2009, 20:56Nelna het gesê:
Bertha, watter inspirasie is jy nie vir elkeen van ons wat met gewig sukkel nie. Ek het 'n paar jaar gelede Dr. Cohen's dieet gedoen, ongelukkig nie klaargemaak nie weens omstandighede, ons het verhuis na Zambia, en nou is ek weer lus om die bul by die horings te pak dis net nie altyd so maklik nie. Ek het die Sarie op die lughawe gekoop en kan nie benoeg kyk na jou foto's nie. Jy is pragtig en kan enigetyd met Internasionale Sterre vergelyk word. Sterkte met die re-feed.
25ste Mar. 2009, 20:10gerda het gesê:
ek het die dieet ni sarie gemis kan iemand my help ek is ook n diabeet sukkel regtig net my gewig het net 5+5 om te verloor help asseblief
25ste Mar. 2009, 16:12Hester het gesê:
Ek het Rammy Cohen se dieet gedoen 'n hele paar jaar terug....seker 10 of 15....Ek het nou sommer lus vir dit....Ek het myne sondag gaan uitkrap, en ja ek is weer vol vuur want ek weet dit werk.............
25ste Mar. 2009, 15:19Hester het gesê:
Stunning!!!!!!!!!!!!!!!!!!
25ste Mar. 2009, 15:14TESSIE KEMP het gesê:
Jy lyk ongelooflik stunning!! Jy is omtrent inspirasie vir ons vrouens. Die hoeveelheid Sarie tydskrifte wat ek nie eers in die hele maand verkoop het nie, het binne 2 ure in my kafee verkoop.Die mense soek nogsteeds Sarie's. Groete
25ste Mar. 2009, 14:25TESSIE KEMP het gesê:
Jy lyk ongelooflik stunning!! Jy is omtrent inspirasie vir ons vrouens. Die hoeveelheid Sarie tydskrifte wat ek nie eers in die hele maand verkoop het nie, het binne 2 ure in my kafee verkoop.Die mense soek nogsteeds Sarie's. Groete
25ste Mar. 2009, 14:25heila het gesê:
Bertha, jy lyk waarlik 'stunning' - ek kry ook sommer lus om te dieet maar hierdie keer wil ek n vasbyter wees soos jy.... harde werk gewees maar beslis die moeite werd,ne?!
25ste Mar. 2009, 13:02Annelie Erasmus het gesê:
Bertha, jong, ons outjies wat elke dag bietjie stoei met die gewigsmonster sit kliphard hier en skree vir jou! YOU GO GIRL!!!! Geniet die nuwe sexy lyfie en geniet Kiana! Ek het dadelik my naaste Dr Cohen kliniek gekontak en wag nou in spanning vir my dieet!
25ste Mar. 2009, 12:51