Egskeidings: die pa se kant?
Ek het jul artikel van Junie 2010 (Egskeidings: Maak die seer makliker) baie interessant gevind. Ek is ’n finansiele beplanner en het baie te doen met mense van albei geslagte en uit verskillende kulture. Ek het tot die volgende gevolgtrekking gekom ...
In die media word die vrou in die meeste skeisake as die “swakker” party beskryf wat die spit afbyt in ’n egskeiding. Almal kry die enkelma jammer.
Ja, daar is uitsonderings, ek weet. En natuurlik verskil kulture oor skeisake en toegang tot minderjarige kinders.
Maar ek wil praat van die situasies waar die pa's bereid is om hul deel by te dra. Die ma vertel met soveel drama hoe sy sukkel om maandeliks met die onderhoudsgeld uit te kom, maar intussen betaal die pa’s meer onderhoud as wat daar van hulle verwag word. Hulle betaal onder meer vir hul kinders se buitemuurse aktiwiteite, en boonop vir die klere en skoene wat hiervoor benodig word.
As die kleuter snesies en seep moet skool toe neem, moet die pa daarvoor betaal. Ek het al gesien dat ’n ma ’n rekening van R30 van die tandarts vir die pa stuur. Nog ’n man betaal sy eks-vrou –’n gegradueerde – ’n salaris omdat sy nie “nou gaan werk nie”.
Ek hoor by ’n vriend sy eks het in die teenwoordigheid van hul kind gesê sy pa wil nie meer onderhoud betaal nie en nou kan die kind nie meer broodjies skool toe kry nie. Sy skeisaak was ook ’n nagmerrie. Toegang tot sy kind is van hom weerhou en hy moes telkemale hof toe gaan hieroor. Die ma het ’n kindersielkundige gaan sien wat beperkte toegang vir die pa voorgestel het. Die hof het dit so aanvaar sonder om hom te nader om sy kant van die saak te stel. Hy moes vir drie jaar ’n stryd voer om aan die hof te bewys hy is ook ’n goeie ouer.
Ek weet van pa’s wat uit pure moedeloosheid maar boedel oorgee en net hul onderhoud elke maand betaal. Van hulle hou dagboek en wil die kind eendag as hy groot is, verduidelik wat gebeur het. Daar is bv. die pa wat elke tweede naweek 800 km ry om sy kind te sien. ’n Ander pa vlieg weer elke ses weke 2 500 km. Sy verblyf- en petroluitgawese skiet die hoogte in. Sy kind is byna 7 jaar oud, maar die ma wil nie hê hy moet alleen vlieg nie. Nou vlieg die pa heen en terug om sy kind te gaan haal en weer te gaan aflaai.
Daar was ’n ander geval van ’n dokter wat weens ’n pynlike egskeiding selfmoord gepleeg het. Die vrou het hul kinders gevat, glo agter ’n ander man aangetrek en hul pa alle toegang verbied. Hy kon sy kinders slegs onder toesig van ’n maatskaplike werkers sien.
En dan is daar die kinders wat saam deur ’n egskeiding gaan. Hulle is verward en skaam om daaroor te praat. Al is hulle klein, is hulle bewus van die onenigheid tussen hul ouers.
’n Sewejarige dogter moet haar foon op luidspreker sit sodat die ma die gesprek tussen pa en kind kan volg. Die kind word ook voorgesê wat sy vir haar pa moet vra. Die arme kind word so oorheers dat sy telefoniese kontak begin vermy.
Die gevoel by die meeste pa’s is dat howe en sielkundiges nie objektief is nie.
Onpartydig, Polokwane
Verwante artikels
-
'n Pa êrens in Afrika
SARIE - Desember 2009
2009 was ’n lang jaar, een wat ek met ’n bittersoet smaak hier ver agter in my keel sal onthou.
-
Egskeiding en kinders: Maak die seer makliker (Deel 1)
SARIE - Junie 2010
Egskeiding kan kinders se wêreld laat verkrummel – tensy julle as ouers dit reg hanteer. Maak jou huis steeds ’n plek waar hulle veilig en gekoester voel
-
Skei sal my nie onderkry ...
SARIE - Desember 2009
Dit wat in stukke gebreek is, sal weer heel word. Ek is nie meer bang nie ...
-
Waar begin ek soek na my pa?
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 17
Mense sê dis belangrik waar jy vandaan kom. Baie glo dit bepaal wie jy is en wat jy in die lewe sal bereik. Maar dis vreesaanjaend as jy op die ouderdom van 28 jaar steeds nie seker is van jou oorsprong nie ...
















Kommentaar
Hartseer oor seun en kleinkinders het gesê:
Ek lees heirdie briewevan pa's en my hart gaan na hulle uit.My seun was 7 jaar in 'n huwelik.Hy het sy vrou baie lief gehad,maar sy het telkens verhoudings met ander mans aangeknoop en op die end het my seun maar ingestem en is hulle geskei.Hulle 2 seuntjuies is so te sê hulle hele lewe 6/7 jaar deur hulle pa grootgemaak,want hulle ma was meeste van die tyd met nuwe verhoudings besig.Die kinders is in haar toesig geplaas,want my seun wou nooit glo dat sy nie 'n ma werd is nie.Die dag nadat hulle egskeiding afgehandel was,het hy egter met die toestemming cvan sy eks-vrou die 2 seuns gaan haal,want hulle wou by hulle pa woon.Hy het die skikkingsbevel laat wysig wat sy dan ook geteken het. Sy sien die 2 seuns gereeld,my seun neem hulle omtrent elke 2 de naweek halfpad op 'n Vrydag en gaan haal hulle dan wer Sondae halfpad.Die seuns is week voordat hulle na haar gaan siek en emosioneel.Vrydae wanneer hy hulle neem,huil hulle.Wanneer hulle huil,mag hulle nie met hom oor dir foon praat nie of sy dreig dat sy hulle nie sal terugneem na hulle pa.Wanneer sy nie haar sin kan kry nie,sal sy ook dreig dat sy die kinders gaan neem.Die skikkingsooreenkoms is nog nie deur die hof nie,dus gebruik sy dit nog as speelbal.Ek kan absoluut agterkom dit is wanneer dit finansieel moeilik met haar gaan,want dan wil sy die kinders hê om onderhoud te kry.Die aanvanklike skikkingsooreenkoms het bepaal dat my seun R4000 p.m PER kind moes betaal.Hy is net 'n ambagsman,maar het dit betaal,asook vir R4000 p.m. vir die ma wat haar werk bedank het en nou werkloos was.Hy moes ook 'n motor van R4500 p.m. betaal.Al haar skuld betaal en sy was op sy medies.Hy het ook haar huis van R6000 p.m. betaal.Die kinders is noual 18 mnde permanent by hom,gaan skool,neem swemlesse,ens,ens, sy betaal nie 'n sent,ons koop klere,gee Snoepie-geld,.Sy sal nie eers wanneer hulle 'n naweek by haar was,'n tinkie gee om skooltoe te neem nie.Die kinders praat NOOIT oor of van haar as hulle van haar afkom nie.Hulle noem nie eers aan klasonderwyseres dat hulle by hulle ma was nie.Ek sit met 'n Dagboek wat ek oor 7 jaar bygehou het van haar doen en late,en dan die vrae....wanneer sal geregtigheid dan geskied?Wanneer kan die kinders weier om na haar te gaan,want hulle sê elke keer waarom hulle na haar moet gaan.Hulle vra waarom ek en my seun hulle na haar laat gaan.Was sê jy vir so'n kind?
1ste Jul. 2011, 17:11Jacque Goosen het gesê:
daar word nooit die volle waarheid geskryf. wat gese word is altyd die een kant se perspektief, soos daardie persoon dit emosioneel ervaar het. min mense besit voor die gawe om objektief te dink en op die probleem te fokus en nie die gevoelens nie. as elke mens in n verhouding meer met hul koppe gedink het ipv hul pynplek reaksies van hul verlede(van geboorte tot volwassene) bv goed wat op sekere maniere gedoen is wat hul in hul liefdes taal en in hul begrip van woorde en kognetiewe vewrstaan verwerping veroor saak het sal daar in die eerste plek nie egskeidings wees, agv n huweliksmaat wat selfsugtig opgetree het teenoor die ander. Ja vergifnis speel n rol .ook die persoon se volwassenheid emisioneel en verstandelik. dinge is nooit so eenvoudig soos dit in die bo- genoemde komentare gaskryf is nie. dit vat n baie wase en gelowige mense om die sulkes te kan help. Louis Malherbe het eenkeer gese," wanneer jy(die man) by die deur instap en jou vrou lief lyk soos n onweerswol, moet jy die Here gaan vra wat het jy as man gedoen/ nagelaat om te doen.Die man is die aksie en die vrou die rewaksie op sy aksie. Die Woord se mans versorg jul fontein, anders sal dit vir jou bitter water gee. vir die wat net op n seksuele vlak verstaan , jy man is die penetreerder en die vrou se plesier of misnoe is die reaksie op jou penis. Hiermee veronskuldig ek nie die vrou nie, sy kan ook haar dinge he, maar dit begin by die man. Oral indie woord word die man eerste aangespreek van die begin van eeden af. Adam het gese dis die vrou wat U my gegee het.Hoeveel mans se dis omdat sy my nie bewonder dat ek my na die vrou by die werk gedraai het, of dit is omdat sy n yskas in die bed is dat ek na pornografie gedraai het. So dus dinge is altyd dieper as wat dit op n stukkie papier is. dit is werklik bejammernswaardig dat so min werklik tot volle berou van hul dade teenoor mekaar kom en vergifnis ontvang. Sonder ware besef wat elke een se selfsugte dade tot op die kleinste skaal aan die ander gedoen het, en sonder berou en belydenis daarvan sal daar nooit goeie vriendskap, huwelike/ egskeidings wees nie. Die beginsels v/d Woord vir man en vrou en mens geld of jy nou glo daarin of nie! ek wil net se wel gedaan vir die egpaar in jul artikel wat wysheid aan die dag gele het en hul kinders eerste gestel het en "goed" geskei het.
29ste Jun. 2011, 15:09Hendrik het gesê:
Baie interressant wat ek vandag hier raak lees. My x het my verlaat slegs 16 dae nadat ons ons jongste gedoop het. Al wat sy vir my gesê het, is dat sy nie meer met my kan saamleef nie en dat daar nie 'n ander man betrokke is nie. Dit was nie die waarheid nie, want daar was wel een. Kort daarna was sy, die ander man en ons 4 kinders betrokke in 'n motorongeluk en is ons jongste, toe 9 maande oud, betrokke in 'n motorongeluk. Die jongste het ernstige hoofbeserings opgedoen met gevolglike breinskade en 'n serebraal gestremde, spastiese kwadrupleeg met kortikale blindheid. Aangesien sy ma ook ernstig beseer is (dokters wou haar voet amputeer, maar kon dit red en 'n oop wond op haar buik) het ek ons baba na my huis geneem onders die veronderstelling dat hy na haar kan terug gaan sodra sy beter is en na hom kon omsien. Hy was 38 dae in die hospitaal en het sy hom een keer kom besoek so week voor hy ontslaan is. Sy het beweer dat ek haar nie inlig oor sy toestand nie, maar drie dae na die ongeluk het sy hart 5 keer die nag gaan staan en die dokter het my gesê dat ek haar moet laat oorplaas sodat sy hom nog lewend kan sien aangesien hy nie verwag dat hy lank sal leef nie. Toe ek dit haar meedeel het sy gesê ek is jaloers oor die nuwe man in haar lewe by haar is en het ek die oorplasing laat staan. Haar besoeke aan hom (ons was in dieselfde dorp) het stelselmatig afgeneem. Sy het geen behandelingsopleidingsessie bygewoon nie en was totaal onbetrokke in sy spesifieke versorging. Telkens moes ek hospitaal of dokters toe jaag en na spesiale terpeute gaan en na 36 000 km se ryery het ek besluit om te verhuis om nader aan dokters te wees. Met betrekiing tot die ander kinders moes ek skriftelik deur my prokureur aansoek doen na haar prokureur om my kinders te besoek tydens die regmatige alternatiewe naweek soos tussentyds ooreengekom. Toegang tot die kinders i beperk en ek mag hulle net sekere tye bel. Indien ek sou bel op 'n tyd wat haar nie geval nie, is hulle aangesê om my mee te deel dat ek later moet bel. By ooreenkoms is die jongste in my sorg geplaas en die ander drie kinders in haar sorg. Om oor en weer betaling van onderhoud te beperk, het die bedrag wat ek moes betaal het aan haar op ongeveer R500 beloop met 10% verhoging per maand. Let wel: alle kostes ten opsigte van die medies en vervoer na die dokters en hospitale en alles het net van my af gekom. Sy het GEEN bydrae hoegenaamd gemaak nie. Uitgawes beloop nou, na 10 jaar, ongeveer R114 000 per jaar. Sy het my by geleentheid gedagvaar oor onder andere R10 wat sy moes bybetaal vir mediese voorskrif vir een van die kinders. Ek het skoolfonds en meeste ander uigawes betaal. Ander uitgawes wat sy na bewering sou aangegaan het, het ek geweier om te betaal indien sy my nie van 'n faktuur/kwitansie of bewys van uitgawes en waarvoor wou voorsien nie. Weer het sy hof toe gegaan en haar aansoek is van die hand gewys omdat sy nie die bewyse aan my wou of kon verskaf nie - dus? Valse beweerde uitgawes? Nou na 10 jaar wat ek hierdie seun van ons alleen versorg - bedags met die hulp van 'n fasiliteerder en na 17:00 elke dag tot 07:00 weeksdae en voltyds naweke, besoek sy hom gemiddeld 3 keer vir ongeveer 5 minute per geleentheid PER JAAR. Ons dogter (amper 14) het intussen haar regte uitgeoefen en ook na my toe verhuis na 'n bakleiery van 10 jaar wat sy nie by haar ma wou wees nie. Die ma het geen keuse gehad toe die dogter die gesinsadvokaat oortuig het wat sy wil doen nie en woon sy by my vanaf die begin van die jaar. Die gevolg? Die ma betaal GEEN onderhoud hoegenaamd nie. Mediese behandeling (nadat die ma haar sonder my toestememming en medewete van my mediese fonds verwyder het en oorgeplaas het na haar (die ma se medies) was 'n nagmerrie en na baie gesukkel en gespook, is sy nou weer terug op my medies. Dus, dit is werklik nie net altyd die man wi die vark in die verhaal is nie. Ek het my hele lewe opgeoffer vir my kind(ers) en kan nie eers mee kerk toe gaan nie. Die kind van ons is totaal gestremd. Hy kan nie sit sonder ondersteuning nie, kan nie self van posisie verander nie en moet ongeveer elke 2 uur van posisie verwissel word, hy kan nie praat nie, kan nie self eet nie en moet gevoer word en drink met 'n tietie bottel. Na 7 jaar se intensiewe terapie, kan hy steeds nie uit 'n bekertjie drink nie, nie eers die tipe van kinders wat gespeen word van die bottel nie. Hy het al 3 breinoperasies ondergaan en drie groot heupoperasies waar hy 6 en 'n half uur in teater was en sy het nie eers die moeite gedoen om navraag te doen oor sy welstand nie. Ek het uit pligsbesef vir haar per SMS laat weet. Sy sal byvoorbeeld selfs hier voor my huis stop om die dogter te kom haal en nie eers 10 treë stap tot by hom net om te kom kyk hoe dit met hom gaan nie. Van Kersfees en verjaardae praat ek nie eers nie. In sy 11 lewensjare het sy vir hom by drie geleenthede geskenke gegee. Een geskenk op sy 1ste verjaardag was 'n plastiek kar - hy kan nie eers sy hande gebruik of sien nie. Ek het heer by geleentheid versoek om vir hom mooi spogdoeke te maak aangesien sy 'n borduurbesigheid besit en skole borg met rugby deur borduring op pette en baadjes e.d.m. te doen. Sy het dit een keer gedoen en nog nooit weer nie. Omdat sy naaldwerk kan doen, het ek haar ook gevra om (teen betaling) vir my T-shirts te maak wat tussen die bene kan vasmaak omdat die hemde altyd optrek - ek wag nou nog na 6 jaar dat sy haar belofte gestand sal soen en moes maar na ander mense gaan om dit vir my te doen. Is dit net altyd die vaders wat die slegte is in die egskeidings?
16de Jun. 2011, 15:55wilhelm het gesê:
Ek lees hierdie met trane in my oe. Dis regtig hartseer om te sien wat voorle vir my. My probleem is dat ek op die punt staan om te skei.. Nie omdat ek nie lief is vir my vrou, maar omdat ek dit nie meer kan vat dat sy so geld leen by hierdie ouens wat so lenings adverteer. Die ergste is om te dink dat ek nie elke aand my dogter sal kan sien. Van julle het seker nog seer, maar my hart is stukkend. Om seker te maak my kind het nie 'n tekort het ek geen keuse as om alles vir hulle te los en net van voor te probeer begin. Ek het geen ander keuse. Ek is stukkend Sterkte aan julle almal
20ste Jan. 2011, 18:31Chantel het gesê:
Ek is nou 'n jaar geskei, met drie pragtige kinders, twee dogters en 'n seun hul ouderdom is 6; 4 en 3. Hul pa het in die begin net 1 keer in drie maande gebel en nou bel hy elke sondag ma praat net 5 min. Ek kry geen onderhoud en as ek vra dan se hy hy werk nie en 'n kind soek liefde en nie geld nie, ma by my kry hul hope liefde. Hy sal my bel uit die bloute en se ek moet die kinders vir hom vat waar hy woon in Johannesburg dat hy hul kan sien want hul het hom nodig. Maar voor hy hul vat dan smeek hul my hul wil nie soentoe gaan nie en as hul terug kom dan is dit of die duiwel los is binne hul. Ek het 'n roetine by my huis en hy gee net niks om nie. Op sy FaceBook sien ek al die lelike fotos van al die gedrinkery van naweke en vele meer. Ek en my kids het 'n wonderlike man in ons lewe en hul is baie erg oor hom. Ek verdien goeie geld en het nie sy onderoud nodig nie. Ma as 'n ma is ek bekommerd as hul soentoe moet gaan as daar enige raad is gee dit asb ek het dit nodig.
16de Des. 2010, 16:27Gustav Heunes het gesê:
goeie naand Sarie Nell. Ek sal graag baie dingend met jou in verbinding wil tree aangesien daar vreeslike dinge gebeur wat my kinders aanbetref. Hulle is woonagtig in Centurion by hul ma.Ek het n dringende Hofbevel nodig om hulle daar weg te vat. Met verskeie besoeke aan maatskaplike werkers se hulle ek moet gesinsadvokate nader. Het ook verskeie verslae van sielkundiges waarheen sy die kinders vat vir kamma behandelings. Sy vloek en skree op my ma wat na die kinders kyk en se ook vir seun sleg.
8ste Nov. 2010, 19:55Sarie Nell Maatskaplike werker in Privaat Praktyk het gesê:
Mag ek asb.reageer op Egskeidings :die Pa se kant? Die Kinderwet (Wet38 van 2005)soos gewysig en die gesindheid van die Howe het baie verander teenoor die man as ouer. Ek is 'n maatskaplike werker in Privaat Praktyk in Pretoria en hanteer ondersoeke vir prokureurs en Gesinsadvokate waar ek moet vas stel wie die geskikte ouer is.70% van my sake in 2010 het ek (toesig) of "care" aan die vader aanbeveel.Vevolgens my proffesionele opinie: Daar word nie meer van die veronderstelling gegaan dat omrede die vrou die "moeder" is sy outomaties die kinders kan kry nie. Moeders kan ook nie meer die kinders weg hou van hulle vader af nie en kan aangekla word ingevolge seksie 35 van die Kinderwet.Die vader het 'n reg om sy regte en verantwoordelikhede as ouer deur te voer .Die weerhouding van die regte kan tot 1 jaar gevangenisskap lei. Die biologiese vader van kinders gebore buite die huwelik het dieselfde regte en veantwoordelikhede soos 'n ouer wat in die huwelik verbind is. So aan alle vaders staan op vir julle regte ,wees ingelig en wees daar vir jul kinders .
3de Okt. 2010, 11:16Giselle Piscaer het gesê:
Ek is nou al 'n jaar lank geskei, ons nou 16 jarige tweeling seuns is in my sorg geplaas. Elke maand sukkel ek my alie af om die onderhoud wat hy vir hulle moet betaal uit hom te kry. Opreg sukkkkeeellll!!!! Daar was egter nie een keer wat ek hom sleg gepraat het teenoor sy seuns nie, sy seuns weet nie dat ek hom moet soebat en smeek en ja selfs dreig om die onderhoud uit hom te kry nie. Hy bly binne 'n twintig kilometer radius van ons af, en het hierdie hele jaar sy seuns 5 keer gesien, en die langste wat hy hulle gesien het was miskien 2 ure. Ek nooi hom na hulle sportwedstryde en hulle skoolfunksies en prysuitdelings toe, maar hy daag nie op nie. Tog voel ek dis nie my plek om sy kinders teen hom op te maak nie, hulle is besig om groot te word, en kan hulle eie opinie oor hom vorm. Intussen probeer ek vir hulle leer om vergewensgesind te wees teenoor hom, en nie sy afwesigheid as pa te oordeel nie, en begrip te toon vir die man wat hy is en dit wat daartoe bygedra het om hom so te maak. My kinders is nie wapens nie, hulle is nie 'n "bargaining chip" nie. En die enigste rede hoekom ek nog enigsins sukkel om onderhoud by hulle pa te kry, is sodat hulle nie op die broodlyn hoef te lewe nie. Glo my, ek doen dit nie vir myself nie, elke smeek en elke soebat is vir my kinders, my trotse self sou hom lankal in sy peetjie ingestuur het.
10de Sep. 2010, 14:49Marietha Venter het gesê:
Ek is geskei toe my seun 5 jr oud was. Ek het my eks gedagvaar vir onderhoud. die 2 kere wat ek dit gedoen het, het hy opgedaag maar vir die hof gesê dat hy werkloos is alhoewel hy in 'n hotel ingeboek was. Ek het besluit die Here het my kind vir my gegee het as 'n geskenk. Hy is die enigste een wat lewe nadat ek 5 babas aan die dood moes afstaan. Al het dit hoe swaar gegaan, ek dank die Here dat Hy my die krag en die gesondheid gegee het om my kind groot te kry. Met die hulp van my ouers. Volgende jaar gaan my seun teologie studeer. Van my eks se kant af het hy nooit kontak gemaak nie ook nooi bygedra tot sy opvoeding of klere nie. Vandag na 21 jr is sy pa terug op die toneel, nou wil hy spog my sy kind. Maar ek voel goed al moet ek dit self sê ek het 'n goeie job gedoen met my seun se opvoeding. Ek dink tog as ons so praat in die gesêlskap dat my eks tog skuldig voel oor alles wat hy uit gemis het met sy kind se opvoeding. Soo vrouens dit is nie nodig om die manne so uit te buit nie, die Here het vir jou gesondheid en krag gegee om jou "geskenk van Hom" groot te maak.
10de Sep. 2010, 09:52Walda Botha het gesê:
Vrouens buit oor die algemeen die mans uit en ek sien nie hoekom die ma nie kan gaan werk en help met die onderhoud nie, kinders is nie die pa se skuld nie en albei ouers is verantwoordelik vir hul opvoeding. baie vroue leef baie beter na 'n egskeiding as toe sy nog getroud was. baie pa's leef in minderwaardige plekke omdat hul so baie onderhoud moet betaal vir kinders wat lankal uit die huis is. daar behoort meer inmenging van 'n onafhanklike regspan en sosiale werkers te wees wanneer huwelike ontbind word, op die oomblik wen die een wat die beste regspan kan bekostig. as dinge nie uitwerk nie, kry dit agter die rug en bly vriende met jou kinders se pa......!
10de Sep. 2010, 09:39irene van heerden het gesê:
Ja ek is 'n ouma van 'n seuntjie van amper 4. Ons mag hom net sat en sondae kry van 10 tot 5. Hy mag glad nie oorslaap by ons nie. Hy wil nooit teruggaan nie en huil altyd. Dit breek my hart. Ons het 'n groot erf en hy het alles wat sy hartbegeer hier. Ek weet die wet het verander, en ek dink dit is tyd dat ons daadwerklik iets aan hierdie saak doen. Dit is so hartseer as daai ou ogies vir jou kyk en hy hou jou so styf vas en smeek jou, ouma ek by jou bly, blief ouma
9de Sep. 2010, 21:09LIESL GORODN het gesê:
PA'S WORD BAIE BENADEEL IN SKEI SAKE EN TOESIG EN BEHEER SAKE, MAAR DAAR IS OOK MA'S WAT BAIE SWAAR KRY. VRA MY MAAR NET EK IS EEN VAN DAARDIE MOEDERS, DIE EKS-SKOONMA DRUK HAAR NEUS IN WAAR DIT NIE HOORT NIE, KOOP HAAR KIND EN ALMAL OM SAAM HAAR TE LIEG, DAN VAT SY JOU KIND SOMMER NET SO. DRIE JAAR LANK SIEN EK NIE MY KIND NIE, EK HET OOK GEEN TELEFONIESE KONTAK NIE, HUL ANTWOORD NET NIE, EN WAT MAAK MENS AS HUL TOT AL DIE STAAT SE PROKEREURS OMKOOP? DAAR IS WEL MA'S WAT DIT AAN PA'S DOEN MAAR EK DINK MANS EN VROUENS MOET MEKAAR OPHOU SLEG MAAK EN DIE WAT SWAAR KRY ONDER HUL EKS-SE MOET SAAM STAAN EN HUL KINDERS TERUG KRY!
9de Sep. 2010, 17:35Annamarie Hattingh het gesê:
Ek is 8 jaar gelede geskei en 'n seun is uit ons huwelik gebore.....en ek hoop my kommentaar word deur die vrouens gelees. MY eks het 'n verhouding gehad, 18mnde lank, maar mens moet vergewe en aangaan met jou lewe en asb NIE DIE KIND TEEN JOU eks hou nie...vandag is ons goeie vriende. Vroue, HOU TOG ASB OP OM SO KINDERAGTIG EN EMOSIONEEL TE WEES!!! wat leer jy nie jou kind nie?"vergifnis' Gaan besoek jou sielkundige, nog beter gaan maak jou lewe reg voor God dan weet jy waarvan ek praat.....die belangrikste is wat dit vir die kind beteken; dat sy ma en pa nie heeldag baklei nie..
26ste Aug. 2010, 18:09Willie Kruger het gesê:
Ek is ook een van daai pa's wat geskei is.My kind was 1 jaar oud toe haar ma besluit het om te loop.Vir die laaste 10 jaar ry ek elke 2 de naweek ongeveer 700km om my kind te kan sien.Aan die begin,na die egskeiding,kon my kind nie eers saam met haar eie ouma(my ma)ry om vir my te kom kuier nie.Ek ry op n gereelde basis deur en gaan haal my kind die Vrydag en kom terug huistoe,sodat sy ook weet dat sy n plek in my huis ook het,en vat haar dan die Sondag weer terug.Ek voel nog steeds,na 10 jaar van egskeiding,dat daar geen regverdigheid is nie,aangesien die hof op daardie staduim besluit het ek mag my kind elke 2 de vakansie,die hele vakansie kry,met Desembers roterend.Dit gebeur na 10 jaar van egskeiding nog steeds nie,en ek het my kind nog nooit langer as 2 weke gehad vir n vakansie nie.Dis maklik,die ma bel na 2 weke en se vir haar dat daar n verrasing by die huis is,en die volgende oomblik wil my kind huistoe gaan.Daar sal seker mense wees wat se jy moet hof toe gaan,maar is dit die moeite werd.Die howe is baie eensydig vir die ma's.Ek is ook nie meer lis om te baklei na 10 jaar van egskeiding nie,ek wil eerder maar in vrede leef.Ek het self ook weer n familie,met kinders,maar hulle besef dat ek elke 2 de naweek by hulle sussie is.Hulle het elke 2 de naweek nie n pa nie,maar hoe maak mens,jy kan nie jouself in 2 deel nie.Ek het al verskeie kere vir my eks gese ek vra nie gunste nie,net regverdigheid.Ek dink nie ek het nodig om myself meer verder te bewys na 10 jaar se volgehoue kontak en besoeke met my kind nie.Dank die vader sy het nou haar eie selfoon en ek kan haar elke aand kontak om te hoor hoe haar dag was,en of dit met haar goed gaan.Ek het oor die laaste 10 jaar meer as 500 000 km gery,net om kontak te kan he met my kind,maar ek moet se ek is nie een dag spyt oor die besluit wat ek geneem het nie.Ek het n baie nou band met my kind,maar ek hoop en vertrou dat eendag,as sy groot is,sy sal besef wat ek opgeoffer het,om haar te kan sien.Ek is baie lief vir haar en ek weet sy is ook vir my,maar mens wonder tog maar steeds of hulle op die ouderdom kan verstaan,waaroor dit gaan.Ek kan ook verstaan dat daar baie pa's is wat hulle kinders afskryf,want hulle is nie lus vir al hierdie drama nie,maar sal eerder aangaan met hulle lewe.EK HET DIE TEENDEEL BESLUIT.Ek hoop die howe sal eendag dalk nie meer so eensydig wees teenoor die ma's nie.
26ste Aug. 2010, 17:37J Jacobs het gesê:
Wat hier staan kan mens verwys na as die spreekwoordelike spits van die ysberg teenoor wat werklik aan die gang is. Ouers word nie as gelyk gesien of behandel nie en as jy die Pa ouer is beleef jy diskriminasie in sy volle vernietigende mag en verstaan ek vandag waarom diskriminerende praktyke van die verlede nie gehou het nie. Die vrou het al emansipeer in die vorige eeu en apartheid is die vorige dekade gekelder en daar is in albei gevalle een stap verder gegaan en regstellende aksies in plek gestel om te kompenseer vir diskriminerende wan praktyke. Ek bid vir die dag dat ouerlike gelykheid sal realiseer maar besef dat weinig regstellende aksies gedoen sal word want vir derduisende kinders daarbuite wat onder diskrimenerende, onvolledige en bevooroordeelde opinies verkeerd geplaas is sal niks verander nie. Ouers besluit saam om 'n kind te he en saam groot te maak terwyl elkeen ook sy eie loopbaan volg maar die dag as daar geskei word dan kry die vroulike ouer (Ma) die kind en die manlike ouer word aanspreeklik gehou vir die geld en daar is regssisteme in plek om die man te vervolg indien hy met die onderhoud sou bodder. Die Ma daarteenoor kan met die Pa/Kind verhouding maak wat sy wil deur kontak te manipuleer en wat sy vir die kind se en die kind se houding teenoor die Pa want sy het daardie mag gekry. Die Pa se hartseer, frustrasie, pyn en ontnugtering dryf hom van Pontius na Pilatus. Dit (Pontius) is die regsverteenwoordigers en hoer hof met reel 23 aansoeke en advokate en gesinsadvokate wat jou nerens bring maar net geld uit die sak jaag. Aan die anderkant (Pilatus) wend jy jou tot sielkundiges en spesialiste met die hoop dat dinge in verband getrek kan word en/of dalk is daar regtig met jou as man iets fout. Terloops die meeste van hierdie sogenaamde sielkundiges is 50 jaar of ouer en die jonges dalk tussen 30 en 40 wat die uit die aard van die saak nogsteeds dinge met dieselfde persepsies van 30 jaar gelede hanteer toe hy/sy nog 'n kind was. Regters en magistrate is swart of swart vrouens en dink jy as man is van jou trollie af om te wil veg vir primere residensie en ouerskap.(Swart kulture se mans maak nie kinders groot nie en vrouens is Ma's) Dit ten spyte daarvan dat jy daardie rol vertolk het voor die breek. Aan die einde van alles is die gevolgtrekking dat vrouens kwaadwillig is maar dat mens eintlik niks daaraan kan doen nie maar dit bly verkeerd. Mans is uitgelewer aan die kwaadwilligheid van vrouens en daar is niks in plek om dit beveg nie soos met onderhoud nie en al wat die man op die einde bereik is om meer gelowig te word en 'n nader verhouding met God te ontwikkel. Dis om jouself te red en iets te probeer behou van dit wat daar eens tussen jou en jou kind was en te bly glo in Goddelike geregtigheid. Lees ook Matheus 5 vanaf vers 39. (1983 vertaling)Die Woord se as 'n kwaadwillige mens jou op die regterwang slaan draai ook die ander wang. Kwaadwilligheid is 'n realiteit en definieerbaar soos valsheid, leenagtigheid en diefstal en behoort in dieselfde kategorie gedeel mee te word.
25ste Aug. 2010, 14:11