Eindelik verlig terapie my pyn
Ek is 66 jaar oud. Ek is in Junie 2002 met ’n baie aggressiewe borskanker gediagnoseer. Die prognose was 7% kans om 5 jaar te oorleef. Maar my positiwiteit het tot die onkoloog verbaas. Dit was nie maklik nie, maar dit het goed gegaan met die chemoterapie.
Voordat ek met bestraling sou begin, is ek in Februarie 2003 met nog ’n lewensbedreigende siekte, curio sarcoidosis, gediagnoseer en moes ek daarvoor behandel word. Die prognose: 50% en dan nog ’n 25% dat dit weer kan herhaal. Albei is outo-immuunsiektes en is sedertdien in remissie.
Ek is sedert 2002, nadat ek met kanker gediagnoseer is, by Kansa betrokke as vrywilliger. Ek help met ander funksies ook, maar lewer meestal motiveringspraatjies oor plaaslike radiostasies, by skole, vroue- en korporatiewe organisasies, of waarheen ek ook algenooi word. Ek geniet dit baie en sien dit as my roeping in die lewe. Die Here het my lewe gespaar en ek wil aan die gemeenskap teruggee. Ek sing ook in twee kore en is baie betrokke by kerkwerk. Ek het ook nog altyd oefening gedoen.
Alles het goed gegaan, maar aan die einde van 2008 het ek uitgebrand en half depressief gevoel.Ek het ’n paar afsprake by ’n sielkundige gemaak, maar hy het gedink ek funsioneer heeltemal goed. In Desember 2008 is ek met bosluiskoors gediagnoseer en sedertdien was my lewe ’n nagmerrie van pyn en moedeloosheid.
Ek kan met Annie Bartie (My lewe is in ’n borrel, maar ek bly positief en Fibromialgie – die pynlike waarheid, SARIE, Junie 2010) identifiseer. Ek het sedert Desember 2008 tot einde April 2009 ’n akute “aanval” van fibromialgie gehad. ’n Mens kan selfs nie ’n vinger verroer sonder om te voel jy gaan dood van die pyn nie. Daar’s niks wat nie seer is nie. Ek onthou hoe pynlik alles was, selfs my kakebeen en my slape. Ek kon byna nie ’n pen vashou om my naam te teken nie. Soggens is jy bang om te probeer opstaan.
En niemand kan sien hoe siek jy is nie. (Jy het mos nie koors nie). Soos Annie Bartie sê: “Al lyk jy gesond, jy voel of jy enige oomblik kan sterf van die pyn”.
Ek het twee keer in die hospitaal beland en baie behandelings gekry. Soms het dit vir ’n rukkie gehelp, dan was ek weer terug in die wêreld van ewige pyn, slapeloosheid en rustelose bene ...
Toe hoor ek van Mora-terapie. Aanvanklik het ek drie keer per week terapie gekry, later twee keer per week en nou gaan ek weekliks.
Ná twee weke kon ek al byna weer normaal funksioneer, nadat ek gedink het ek gaan as ’n bondel pyn in ’n rolstoel eindig. Ek sal nooit weer sonder Mora-terapie wil wees nie. Dis nie ’n duur behandeling nie, maar ongelukkig betaal siekefondse nog nie daarvoor nie.
Martie de Wet, Bloemfontein
Verwante artikels
-
Fibromialgie: Die pynlike waarheid - deel 1
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7
Dit het ’n lastige naam en slegte reputasie. Meestal vroue ly daaraan – onverklaarbare pyne, styfheid en moegheid. Jare lank moes ons hoor dis depressie of stres. Nie meer nie.
-
Fibromialgie: Die pynlike waarheid - deel 2
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 10
Dit het ’n lastige naam en slegte reputasie. Meestal vroue ly daaraan – onverklaarbare pyne, styfheid en moegheid. Jare lank moes ons hoor dis depressie of stres. Nie meer nie.
-
Fibromialgie: Pas jou dieet só aan
SARIE - Junie 2010
Navorsing oor kos en FMS is beperk, maar dit kan nie skade doen om die volgende wenke te probeer nie.
-
Ook ’n ‘hapy chappy’, maar ...
SARIE Julie 2010
Ek reageer op jul brief (“Die diagnose” – Annette Voigt, Klein-Brakrivier, Julie 2010). Ek het presies alles beleef soos wat Annette verduidelik het. Ek was vir weke in die hospitaal oor pyne wat eenvoudig net nie bedaar nie, en by soveel dokters.
-
Terapie: Kies reg vir jou kind (Deel 1)
SARIE - Oktober 2010
Deesdae is daar ’n kenner (of drie) vir elke probleem wat jou kindalk het. Maar wanneer is terapie wérklik nodig en waar begin jy?
















Kommentaar
Jean Horak het gesê:
Dit is uit wanhoop wat ek hierdie brief tik. Ek was 'n gesonde vrou wat tot twee jaar gelde die Walvis en Otter gestap het. Fibromialgie was reeds by my gediagnoseer. In Maart 2010 is ek skielik opgeneem vir 'n nood hartomlyding en presies ses weke later was een aar weer toe. Ek moes 'n stent kry. Oktober het ek n niersteen operasie gehad en wil graag nou begin oefen om te herstel. Fibromialgie het egter my liggaam oorgeneem en ek sukkel. Kan ek asseblief in aanraking kom met die dame in Bloemfontein om te verneem van Mora terapie. Baie dankie. Jean.
24ste Feb. 2011, 17:30