Ek staak my seun se ADHD-medikasie
Ek is die ma van ’n pragtige seun, wat weens ADHD met allerlei labels op die voorkop rondgeloop het. ’n Sielkundige het gesê hy “sal dit nooit maak in ’n hoofstroom-skool nie”, selfs nie in ’n skool met remediërende dienste nie.
Hy moet na ’n spesiale skool gaan vir kinders met ’n baie lae IK. Hoe aanvaar ’n moederhart dié uitslag sommer net so?
Maar hardekop-ma wat ek is, het ek hom deur ’n ander sielkundige laat toets. Die bevinding? My kind het ’n normale IK en behoort ’n gewone skool by te woon.
ADHD is vandag ’n algemene verskynsel onder duisende kinders in ons land. Ek deel my storie met hul ouers omdat ek graag van hulle wil hoor, met hulle wil gesels. Dalk het hulle iemand nodig om net na hulle te luister. Want waarheen gaan ons om ons nuwe generasie te help? Ek was in dieselfde bootjie ...
Ek wou so graag vir Wynand help. In April 2009 was ek desperaat en het hulp gesoek. Ek wou vir hom ’n plekkie hê waar almal net bietjie rustig kan word en tyd neem om hom te verstaan. Hy is soos enige ander kind en stel belang in als wat ander kinders doen. Hy is net meer waaghalsig. Slaap is nie vir hom nie. Soggens vroeg eet hy die kombuis leeg, loer kort-kort of Ma al beweeg. Dis dan al sesuur. Hoekom wil sy nog slaap! Hy speel ure lank op sy PSP. Ma se kop verstaan nie lekker daai nuwe tegnologie nie, maar hy bly speel.
As ons met vakansie gaan of dis Kersfees, sê jy vir hom die groot dag is eers oor twee dae. Anders slaap niemand daardie nag nie of maak hy jou vroeg die volgende oggend wakker met ’n “verrassing, ons ry nou”! Hy dryf mens soms teen die mure uit.
Tog is Wynand spontaan in sy liefde vir almal. Hy is opgewonde om jou te sien en babbel onophoudelik. En as jy nie luister nie, word jy op die vingers getik. Sy voorkoms is baie belangrik vir hom. Hy’s gaande oor die nuutste modes en giere. Sy kamer is deurmekaar, maar hy weet waar als is. Min onderwysers verstaan dié kinders.
Ek lees in ’n gemeenskapskoerant van ’n jong man wat ADHD is en sy skoolloopbaan by ’n spesiale skool voltooi het. Hy is ’n fantastiese spotprent-kunstenaar, maar hy kan nie verder in dié rigting studeer nie. Sy skoolopleiding is feitlik niks werd nie en hy kan dus nie universiteit toe gaan nie.
Ek wil nie hê dit moet met Wynand gebeur nie ... Ná die uitslag van die tweede toets, het ek sy medikasie – Ritalin (Concerta) en Risperdal – gestaak, n.a.v. die newe-effekte wat ek op die internet opgespoor nie. Hy is nou 5 maande sonder enige medikasie, en gaan net vir Neuro-feedback. God doen die meeste werk in ons lewe. So, alle eer aan Hom.
Hy het sy eerste 4 op sy skoolrapport gekry. Hy sukkel net met wiskunde, maar dit gaan baie goed. In 75% van sy toetse wat hy op Vrydae skryf, kry hy vol punte. Sy groei het verbeter en sy eetgewoontes het die hoogte ingeskiet. Sy woordeskat is ongelooflik.
Hy praat vol sinne sonder om te hakkel. Hy speel soos ’n stout seun van sy ouderdom. Hy is uiteindelik net Wynand!
Die juffrou bly sê hy moet sy medikasie gebruik, want hy’s te woelig in die klas, maar daar is nie ’n rede dat hy dit moet gebruik nie. Toe ek ’n kind was, was seuns nog seuns. Daar was nie pille vir woelige kinders nie. Daar was nie plakkers op kinders se koppe van ADHD of van ’n onderwyser se nagmerrie nie.
Ek het nie ’n probleem met Ritalin nie, maar wanneer weet ’n ouer sy kind het dit nie nodig nie? As jy ’n dokter vra wanneer jy die medikasie kan staak, vra hy hoekom wil jy dit stop as dit werk.
Hoekom word daar nie na ouers se lewe gekyk voor medikasie voorgeskryf word nie? Hoekom word ouers nie vir berading gestuur om hul huislike lewe uit te sorteer nie? Ek sê nie alle ouers het skuld nie, maar kan als regtig met pille reggemaak word?
In die tyd wat Wynand medikasie begin gebruik het, was ons twee se lewe op sy kop gekeer. Ek was besig om van sy pa te skei. Nou is my lewe stabiel. Wynand kry al die beskerming wat hy nodig het. Sy konsentrasie is normaal. Ek het nie probleme met hom as dit by huiswerk kom nie. Hy doen drama en is ook ’n Padvinder (Scout).
Ek het intussen by Unisa begin studeer vir die B.Ed.-graad en daarna gaan ek remediërende onderwys doen.
Sylvia Potgieter, Amanzimtoti
Verwante artikels
-
Idols se Graeme oor sy ADHD
SARIE Januarie 2010
-
EK leef met ATHS: Hoekom galop my kop?
SARIE - Januarie 2006
Jy val mense in die rede, vroetel en peuter ... tipies kind. Behalwe dat jy groot is. Die sindroom ATHS verdwyn nie oornag op 18 nie – maar nuwe medikasie kan help.
-
My kind het depressie - leser se roerende brief
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 7
"Vir 'n hele paar jaar al is my kind depressief. Aanvanklik, as 'n tiener, was hy moeilik, en beslis moeiliker as wat 'n mens normaalweg van 'n tiener sou verwag..."
-
SARIE GESOND nóú te koop!
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 11
Voel, lyk en wees jou beste met SARIE GESOND, 'n nuwe tydskrif uit die SARIE-stal. In dié uitgawe: 30 bl'e se 'altyd jonk'-wenke, aanpassings op Nataniël se lensie-dieet, bekendes verklap hoe hulle stres vasvat en alles oor klein kosmetiese prosedures
















Kommentaar
Anrie het gesê:
Ek is Anrie, ek is in matriek. Ek is 3 maande terug getoets vir ADD by ons skool sielkundige en syt my positief getoets. Syt toe dadelik vir my 'n nota geskryf aan ons dokter met die naam van die medikasie wat ek moet begin gebruik. Dit het my selfbeeld geknak en ek het regtig baie gesukkel om enige iets te doen. Ek het by my ma gehuil en geweier om die medikasie te drink. Ek is gekant teen die medikasie want ek voel God het vir my 'n brein gegee wat aan baie dinge gelyk kan dink en ek dink eerlik waar geen mens het die reg om te se dit is 'n "probleem kind' nie. Ek het 'n week terug my rapport terug gekry en my gem het met 10% verbeter. God het vir my my brein gegee en ek sal hom dien met alles wat my brein kan doen al vereis dit dat ek moet harder werk. Ek moet sê dit sou makliker wees as my ma ook geglo het ek kan dit doen sonder medikasie!
24ste Apr. 2012, 19:40Santie het gesê:
Hi Julle Ek hoop ek kan dalk 'n paar mammas help! Ek sit ook met 'n seuntjie wat op 6 jarige ouderdom al begin het met Concerta. Ek het aanvanklik geweier om hom op medikasie te sit, maar in Gr 1 het die juffrou gesê ek sal dit moet doen, aangesien hy in die klas rond "hop", en my kind kan haar nie hoor nie. Ek het Concerta 18mg vir +- 'n jaar gebruik, maar my kind het nie gegroei nie, wou nie slaap nie, het ook al die buie gehad etc etc etc.. My kind was die hele Des-vakansie op die medikasie, en nodeloos om te sê, 2 weke nadat die skool hierdie jaar begin het, word ek ingeroep deur die juff en sê dat ek my kind nie na wense presteer. Ek lig toe die juff in, dat ons al vir bykans 'n jaar op Concerta is! Nou net daar het ek besluit - BASTA met die medikasie, want of my kind op dit is of nie, dit maak klaarblyklik nie 'n verskil. Om 'n lang storie kort te maak, ek het my seuntjie van die medikasie afgehaal, en het toe by 'n oudioloog in die Wilgers uitgekom, wat vir my gesê het dat ek my kind se ouditiwe persepsie moet laat toets deur 'n spraakterapeut, en dan sy ore. Sien ons is al 2 jaar terug deur arbeidsterapeute, sielkundiges ens getoets. So gedaan, en met die spraakterapeut se toetse onder die arm verkas ons toe ook na die oudioloog. My kind se gehoor is 100%, maar sodra sy agtergrond-geluide bysit, kan hy haar skaars hoor! En daar kry ons toe die probleem, my kind kan nie die juffrou se stem onderskei tussen al die bygeluide in die klas nie! Dan gee hy maar moed op, want hy kan nie juffrou mooi hoor nie! Ons gaan nou van 'n FM-sisteem gebruik maak, en kyk of dit sal help. Google dit gerus. Verder het ek ook gehoor dat sout, soos suiker, 'n groot invloed het op aandag-afleibare kinders. Probeer Himalyan salt - te koop by Dischem, bly ook weg van tamaties. Ons is ook op 2 pilletjies Eye-Q en 3 pilletjies Biostrath. Ek gee ook Yster medikasie, maar laat dit eers deur 'n dokter toets. Baie sterkte vir julle almal daar met dieselfde probleme. Weet darem dat julle nie alleen is nie. My raad is net, moet nie net die Concerta en Ritalin gee nie, doen eers alle ander toetse! Die newe-effekte van hierdie medikasies is te veel! PS: Ek het self 1 dag my kind se Concerta gedrink - en ek kan julle verseker dit was nie 'n lekker ondervinding nie!
17de Mar. 2012, 22:31Mona het gesê:
Hi julle, my seun is nou 10 en hy was ook gediagnoseer met ADD toe hy 7 was. Hy sukkel vreeslik in skool, hy kan nie konsentreer nie, hy word geboelie en sleg gese by die kinders. Die onderwysers het net nie "tyd" vir hom nie... Hy huil elke dag om skool toe te gaan, hy is deppresief, hy raak ook baie kwaad oor hy nie regkom nie, hy vra my hoekom hy moet lewe want sy lewe is net 'n gemors... My hart is so seer!!!! Ek het hom al van die medikasie afgehaal, maar dan kan hy nie "cope" nie, wat moet ek doen!!!! Ek is raadop, en wil hom so graag help. HELP!!!!
17de Feb. 2012, 09:59Erica het gesê:
Middag aan almal, my seun is 11 jaar oud en so woelig soos 10. Ek het hom by 'n arbeidsterapeut gehad, na 'n besoek aan my huis dokter. Sy het my aanbeveel geen ritilin vir die kind nie. Vandag se onderwysers wil kinders he wat doodstil sit, hulle het nie tyd om aan woelige kinders aandag te gee nie. Na 6 maande se besoeke aan die arbeidsterapeut het sy vir my 'n volle verslag gegee waarin sy bevind daar is niks fout met my kind se konsentrasie nie, dis omdat die onderwysers dieselfde ding oor en oor wil doen. Ek het gelukkig baie geduld en pas dit 100% toe as ons besig is met huiswerk of sommer net speel. 1 Ding wat die terapeut vir my gese het is, ons moet hom net 'n bietjie meer besig hou as ander kinders, sommer net lekker laf wees in die tuis. Jy moet met hom/haar speel soos toe ons kinders was, bv. kruiwa loop, lugfiets trap en sulke goed. Glo my dis goed vir die kind en jy kry ook sommer die oefening in. Julle moet net onhou Onse Vader gee sulke kindertjie net vir ouers wat dit kan hanteer. Sterkte aan almal
25ste Jan. 2012, 14:12Yolandi het gesê:
Hi, my seun is op 15 jaar eers gediagnoseer met ADD en ek glo in Ritalin soos in die Bybel. Hy is nou op Concerta en hy floreer. Hy het 7 jaar van hel in die laerskool deurgemaak omdat nie een van die onderwysers ooit agtergekom het dat hy 'n probleem het nie. Hulle het maar net eenvoudig aanvaar hy is stout. Die probleem was dat hy baie goed presteer het en is graad 7 met 'n 80% gemiddeld uit die laerskool uit. Ek het baie lang trane gehuil want ek het gevoel ek as sy ma moes besef het dat hy 'n probleem het, maar hy het nooit gesukkel nie, kon net nie stil sit in die klas nie. Ek het maar gedink dat dit sy persoonlikheid is omdat hy so besig is. Nadat die Here my gelei het tot by 'n vriendin wie se kind ADHD is, het ek besef hy het dalk 'n probleem en hom laat toets by 'n fantastiese span dokters en sy probleem is grotendeels konsentrasie. Hy blom met die medikasie, sy punte het geweldig verbeter, sy persoonlikheid is nog net dieselfde, geen selfmoordneigings, aggressie ens. nie en hy word elke 3 maande ge-evalueer deur die ontwikkelingspediater en kliniese sielkundige.Hy gaan dit net gebruik totdat hy uit die skool is omdat hy dit nie gaan nodig hê in sy werksopset na skool nie. Ek weet van 2 ander mamma's wat saam met my werk wie se kinders ook op medikasie is en hulle vorder ook uitstekend.
19de Okt. 2011, 14:47Melissa het gesê:
Dit is so goed om die briewe te lees, en te sien dat ek nie ALLEEN deur die oseaan van 'wat om te doen' vaar nie. My seun is tans 10 en is nou so drie weke van Ritalin af, weens die feit dat ek kon agterkom dat hy hartkloppings kry wanneer hy die medikasie gebruik. Ek probeer sy inname van Proteine verhoog en sy suiker verlaag en daardeur vir hom baie vars produkte gee. Sy juffrou se hy is TE besig in die klas, en ek dink dit is hoe n kind moet wees.... n dooie kind is tog nie kind nie. Ek gaan dit nou uit ry en kyk hoe dit gaan. Maar ek glo dat met die HERE aan my kant kan ek net bid want die medikasie is nie vir ons nie.
17de Okt. 2011, 13:05Christa het gesê:
Probeer Brain Gain. Hulle het Neuroterugvoeringsterapeute in verskeie streke anders word sommer self ene en help jou kind so. gaan kyk bietjie by www.braingain.co.za. Brain Gain is begin deur 'n ma wat haar kind wou help en nou word so baie ander kinders in SA ook gehelp daarmee.
2de Aug. 2011, 10:26Venessa het gesê:
Ai en hier is ek ook nou......my seun is nou amper 13.....toe hy 7 was wou hulle hom ook op Ritalin sit maar ek het geweier.....het hom net baie gemotiveer en hy het nogal reggekom.....sukkel nog bietjie met konsentrasie en skrif maar hy het net motivering nodig en natuurlik om bietjie op sy gevoel te speel help ook dikwils.....nou my ander seuntjie word nou 7....hy is my terror...lol! Met hom het ek bietjie meer bekommernis want ek let op dat hy sleg slaap in die nag, angs het en dan ook aandag afleibaarheid.....kom nou van die Juffrou af en raai wat RITALIN was genoem....ek het nou bietjie die apteker gebel en ek sal nie dat hulle my kind dit voer nie....met sy angs en aggresie voel ek dat dit my kind in 'n pilverslaafde gaan verander en ek voel ook dat hy (oor sy simptome) kwesbaar sal wees vir verslawing. Ek gaan vanmiddag begin met IQ en Bio-Strath want dit Omega 3,6 en 9 in en is natuurlike produkte......en sommer vir altwee gee. Sal laat weet hoe dit gaan oor so 10 dae.....Sterkte julle! Ek voel hulle skryf te maklik Ritalin voor vir kinders want dan is hulle mos nie meer 'n probleem vir die skool of die Dr nie, daarom vra die Dr as jy dit wil staak..."hoekom wil jy stop as dit werk". Dis mos nie hulle kind nie so aan die einde van die jaar is dit maar die volgende Juffrou se probleem en solank die kind sy medikasie drink bly jy weg van die Dr......EK SAL NIE!! laat weet my hoe julle voel? humanfam@live.co.za
8ste Jun. 2011, 15:19natasia het gesê:
Hallo, my naam is Natasia, van Roodepoort. My seun is 11 jaar oud en ek weet ook nie meer wat om met hom te doen nie. Ek glo nie hy is ADHD nie, wel ek weet nie. Hy sukkel met sy skoolwerk, onderwysers kan nie meer klas hou met hom nie asook die kleuterskool waar hy gaan in die middae. Hy is net onmoontlik om mee huis te hou, en wat my baie bekommerd maak is dat hy nie altyd so is nie hy sal bv. een week so goed doen, sy huiswerk doen en goeie toetse huis toe bring... en dan net iewe skielik dan is sy skoolwerk swak, maniere, als. Dit sal aangaan vir 'n week of so. Ons praat elke dag met hom oor hoe ernstig die soort dinge is wat hy doen. maar dit is asof hy net niks omgee oor wat ons se nie. Straf werk nie meer nie, hy lag dit af. Ons gaan hom nou na 'n sielkundige toe vat maar ek sal graag wil weet of dit net "groeipyne" is of kan daar dalk iets fout wees met my kind. As iemand enige raad het of wat dalk ook so 'n soortgelyke situasie het en wat daardeur gekom het my asseblief e-pos: natasia@legalexec.net, ek is regtig al raadop en weet glad nie meer wat om te doen nie. Hopenlik sal die sielkundige vir my antwoorde kan gee. Sterkte vir al die ander mammas daar buite.
27ste Mei. 2011, 09:29Meisie het gesê:
Hey, dis Meisie van Meyerton. Wel ek het al voorheen hier geskryf. Ek gaan maar weer begin. My seun van 12 is ADHD vandat hy 5jaar oud was. Geen medikasie werk met hom nie, sodra sy liggaam gewoont raak aan die medikasie verwerp sy liggaam die medikasie, so se die dokters. Hy is in `n spesiale skool, maar hy vorder nie. Ek het weer so gehuil soos gewoonlik gisteraand. Want hy kry niks in sy kop nie. Ek probeer regtig baie hard. Ek weet nie meer watter kant toe nie. Dit voel of my hande afgekap is. Ek is `n mamma wat net vir hom `n plekkie in die son wil he. Hy soek net aanvaarding van mense en kinders, maar jong die wereld daarbuite is cruel. Het enige iemand vir my raad of hulp hoe moet ek hom leer. Is die skool waarin hy is nie veronderstel om hom te help nie. Want ek weet nie hoe om hom te help nie. Ons betaal baie vir skoolfonds amper `n duisend rand `n maand. As enige iemaand raad het vir my my email adres is meisieoosthuizen431@gmail.com Dankie Meisie
26ste Mei. 2011, 09:06Z Herbst het gesê:
My dogter 11 is op Concerta vanaf 8jr. Baie soet in die klas maar hiper hiperaktief by die huis. Wat moet ek doen met onnies wat op haar gil en skree en sê sy moet konsentreer. Die feit is sy "kliek" net nie so gou soos ander kinders nie. Dit breek my hart. (Help dit om te gaan praat met die onnies, gaan hul dan ekstra irritasie hê met die kind?
12de Mei. 2011, 10:47CATHERIN HATTINGH het gesê:
ek is jammer vir al die mamma's en kinders wat deur die moeilike en goeie tye moet gaan....my seun 13 op die oomblik is ADD..wel dis wat die sielkundiges en arbeids terapeute se...Marno was op ritalin maar het hom bietjie agresief gemaak toe sit die dr hom op conserta vir 'n ruk was hy daarop gewees maar weens finansieele omstandighede kon ek nie meer sy pille bekostig nie...en toe haal ek hom af. Marno is in 'n spesiale skool sy punte is enige iets tussen 45% en 70% ...hy is goed in wiskunde ens... my probleem nou is net die skool kla dat marno onhanteerbaar is en vra aleewig dat ek die kind moet terug sit op sy pille...ek het net geweier...(IS DIT VERKEERD VAN MY)...NOU DIE AFGELOPE JAAR OF WAT BEGIN DIE SKOOL NET MEER EN MEER KLA MARNO DIT MARNO DAT GENADE EK VRA MENSE MNET DIE VRAAG.. ons kinders het reeds iets wat van 'n probleem dis hoekom ons hulle in sulke skole sit...is die skole nie dan veronderstel om die kinders te kan help nie..as jy my vra maak hul die kinders se probleem net erger... my briefie sal seker baie deurmekaar klink maar ek is 'n bekomerde ouer my seun verdien nie om so bahandel te word nie... AS EK KAN VRA WEET ENIGE IEMAND VAN 'N SKOOL IN DIE MPUMULANGA AREA WAAR EK MY KIND KAN INSIT.....HY IS TANS IN GAUTENG EN ONS BLY IN MPUMULANGA.... EN ENIGE RAAD IS MEER AS WELKOM
6de Mei. 2011, 09:53Tania Stevens het gesê:
Goeie dag Eks Tania van paarl met n seun 10 wat adhd het. Die sielkundige het hom gediagnoseer en van daar is hy op Ritilin 20mg. Eerstens sien ek niks verkeerd met hom nie net n normale seun wat soms stout is. ek gee baie dae nie die pil vir hom nie om hom te monitor so ek kan hom handle. hoekom dink al die onderwysers dokters en sielkundigers altyd Ritalin is die oplossing. wat het geword van meer geduld in skole. dankie Sylvia vir die brief want ek huil meeste van die dae want as my seun ritalin gebruik het ek ook nie meer n seun vir die dag nie. wat ek sien is n patetiese kind wat nie weet wat om volgende te doen nie. tstevens@pgwc.gov.za. mail my enige ma's wat wil gesels want dit voel of ek my hare uit my kop kan trek sommige dae
13de Apr. 2011, 13:41Theresa Viljoen het gesê:
Ek wil graag met ander mammas wie se kinders gediagnoseer is met ADHD of ADD en disleksie in kontak kom.Ja ek dink dit vat BAIE lank om vrede te maak.Ons het agter gekom dat Marinus 'n probleem het en het hom gevat om getoets te word......en 5 opinies verder was dinge duidelik.ADD en disleksie.Ons is aangeraai om hom vir 2 weke op Tofranil te sit waarna hy dan Concerta moet gebruik.Die eerste paar dae op Tofranil was nogal 'n aanpassing, maar daarna het dit beter gegaan.Die dag wat ons met Concerta begin het, het alle hel oopgebars.My sagte liefdevolle seuntjie wat sooo lekker kan lag was weg en in sy plek was 'n tiener!Iemand vir wie jy te bang is om reg te help of iets te vra of te se moenie dit doen nie.....hy gooi die goed in die huis rond, hy huil vir ure in sy kamer, byt op 'n kombers dat ek dink die kombers gaan skeur van woede en wil sy boetie en sussie vermoor.Die glimlag en drukkies is weg en net die woede in sy oe het oorgebly.Ek het hom van die medikasie af gehaal en my lieflingseun is terug!Hy lag weer, baklei nie net heeltyd nie en speel weer met mamma se hare en gee drukkies!Hy kry 1 keer 'n week arbeidsterapie en ons werk met Edublox se tuis program.Ek het 'n boek gekoop by Exclusive books"Child and Adolescent Clinical Psychopharmacology Made simple second edition(Essential diagnostic & treatment information)Baie handig. Asb. ek wil graag ander se verhale en opinies hoor.
3de Apr. 2011, 10:54Riana het gesê:
Ek het n verlore kind op soek maar ek glo ek sal hom vind
21ste Mar. 2011, 12:05Jana het gesê:
Ek is ook nog 'n moedelose mamma, ek het toevallig op die brief af gekom, juis omdat ek op die internet weer eens hulp gesoek het. Wat ek nie verstaan nie is dat ons in 'n demokratiese land lewe waar ons kinders reg het op opvoeding sonder enige diskriminasie. Waar is hulle mense regte dan?Of geld dit net vir toppresteerders? Aan al die onderwysers, uit my hart uit dankie vir alles wat julle doen, maar ek is jammer vir my een seun is dit genoeg, maar ongelukkig nie vir sy broer nie. Julle is in die baie bevoorregte posisie om 'n verskil te maak, aan so baie kinders en ouers se lewens. Dit is nie ek of my kind wat besluit het dat daar nie meer spesiale klasse in skole mag wees nie, om ons kinders te help nie. Ons sit met 'n reusagtige probleem (wil dit vir my voorkom) in Suid-Afrika. Wat is die oplossing? Wat is my mense regte en my kind sin? Ek is moeg daarvoor om te hoor ek moet my kind weereens stuur vir evaluering, en dat 'n meer gepaste skool vir hom gekies moet word. piekfyn ek hoor. Maar WAAR? Asb onderwysers begin dink aan oplossings om ADAH kinders en die ander met effense leerprobleme te help, en hou op om vir ons nog meer probleme te gee. Ek verstaan die klasse is vol, maar raai wat jy sit met 'n moeilike kind in jou klas, en ek met 'n moeilike baas. Dit is my werk, ek word daarvoor betaal, maar ek doen my heel beste om die lewe vir hom makliker te maak, want ek weet hy is onder geweldige druk (en hy is 'n grootmens). Hoekom hoor ons niks van skoolhoofde nie? Mense (onderwysers ingesluit) staak gereeld oor onbesonne dinge. Miskien is dit tyd dat ons as ouers voor die skole, of nog beter die departement gaan staan en regverdige opvoeding sonder ettikitering en diskriminasie eis vir ons "normale" kinders. Steeds wil ek lof gee aan die wat uit hul pad gaan om ons kinders by te staan en in hulle te glo. Dit is mense soos julle wat my maak om maar weer uit my tranedal terug te keer na die realiteit en weer vir boeta verduidelik hoe die gradeboog werk, want juffou verskree hom as hy durf se hy verstaan nie, My sus en swaer is self onderwysers wat onder baie slegte omstandighede baie hard werk. Ek is ongelooflik trots op hulle.
7de Mar. 2011, 23:19Meisie het gesê:
Hallo, my naam is Meisie. My seun van 12 is ADHD, en in `n leergestemd skool. Geen medikasie werk met hom nie. Dit werk `n ruk dan werwerp sy liggaam dit. Dan wil skool sy medikasie sterker maak. Het al alle soorte toetse gedoen, sy breingolwe is deurmekaar, en was op medikasie vir 6 maande. Sy toetse is baie swak 30, 25. Ek weet nie meer hoe om hom te leer nie. Ek soek dringend hulp asseblief. Raadop van Meyerton. Dankie Meisie
2de Mar. 2011, 13:15gina marx het gesê:
hi het in feb geskryf trek nou by sep. doonsie was toe op die concerta maar was heeltyd moeg en geirriteerd, het hom toe op rittelin 10 mg gesit. wow wat n verandering my kind doen goed op skool deel nou aan alles deel en verstom my met sy se goed. ek weet geen medikasie is goed nie maar dit het hom regtig gehelp. Maar moet byse ons help hom nou saans ook en hy het extra klasse op dinsdae.Hy nou by a aarbeidsterapeut ook. dinge gaan net nou goed hy het nog sy af dae wat hy kwaad word en skreeu en aggresief word maar dis nou bitter min. Het na die program op kyknet gekyk n lewe saam n kind met adhd en dit het baie gehelp om my ook kan laat verstaan waardeer sulke kinders gaan en glo my al die kinders op die program was baie suksesvol as hulle klaar met skool was, een n aarbeidsterapeutn ander een n fotograaf. Mamma's moet nie moed verloor daar is hulp. groete Gina Brits
3de Sep. 2010, 15:06Zeldeen het gesê:
My nefie in graad een het ook ADHD, en in so 'n mate dat sy onderwyseres aan sy ouers aanbeveel het om hom in 'n spesiale skool te sit want hy is net te besig in die klas. Sy ouers wil nie die medikasie roete gaan nie en het uiteindelik Melotone van Sportron probeer wat 'n ongelooflike verskil gemaak het. Sy graad een juffrou se kommentaar was: "Dis 'n ander kind". Hy is gelukkig, konsertreer langer, rits nie so baie as hy moet huiswerk doen nie, maak sy sinne klaar, kry nie meer heeltyd raas in die klas nie ens. Melotone is ook heeltemal natuurlik.
1ste Sep. 2010, 17:32Nelia het gesê:
Goeiedag Ek het 'n seun van amper 8 jaar oud en sit met 'n soortgelyk probleem as Sylvia. Juffrou kla aaneen dat die kind nie stilsit in die klas nie en ek moet hom vat dat ons Ritalin vir die kind kan kry. Nou ongelukkig is ek ook 'n hardkoppig ouer en glo nie alles nie want 'n MOEDER KEN HAAR KIND!!!! Ek het toe 'n afspraak gemaak en *Seun gevat na 'n dokter, nog voor ons halfpad deur die konsultasie wat omtrent 20 min geduur het, se die dokter vir my sy kan nie verstaan hoekom die kind ritalin moet kry nie, hy is dood rustig waarop my antwoord was dat *Seun altyd so is. Sy het bloed getrek en sy urine getoets. Die urine was skoon. Intussen stuur sy my solank vir 'n EEG waar die uitslae ook toon daar is niks fout met *Seun nie, hy is nie 'n ADHD kandidaat nie. 'n Kind moet behoorlik getoets word om seker te maak dat die kind nie aan die een of ander epilepsie vorm lei nie. Soos die dokter verduidellik, 'n kind kan 'n vorm van epilepsie he wat vir 20 sekondes duur en niemand gaan dit weet nie want die kind gaan net sit en staar maar jy gaan nie weet dit is epilepsie nie. Doen eerder die EEG en bloedtoetse. Die volgende dag skakel die dokter my terug en deel my mee dat *Seun 'n yster te kort het en dat hy sinus het en medikasie moet kry vir dit want dit is tans die oorsaak van die konsentrasie wat nie reg is nie. Die toe neus veroorsaak dat die brein nie genoeg suurstof kry nie. Nou hier sit die kind met dieselfde probleem as sy ma, sinus en 'n yster tekort. Intussen sien *Seun 'n arbeidsterapeut ook wat hom nou wil monitor op 'n weeklikse basis waar sy die kind net 'n uur in 'n week sien. Dit maak ie vir my sin nie. Die probleem in vandag se skole is, die juffrou sit agter oor en verduidellik nie die werk soos dit gedoen moet word nie, want vra ek *Seun verduidellik juffrou die werk bv wiskunde waarmee hy ook sukkel op die bord dan se hy nee sy lees dit net uit die boek uit. Ek en *Seun doen elke dag somme, ek bedoel letterlik elke dag, en daar is 'n groot verskil in die vordering van die wiskunde nou as toe ons begin het. Ek persoonlik dink die arbeidsterapeut gaan op die woord van die juffrou wat natuurlik die pap nou dik aanmaak want my punt bly staan dat die ouer die kind ken. Sterkte met almal wat sukkel ek is besig om my voet waarop ek staan stewig te hou so ver ek kan.
26ste Aug. 2010, 11:53Heidi Booyens het gesê:
Goeie more almal, Heidi hier. Ek is so bly ek het uiteindelik 'n groep waar ek kan saam gesels. Ek is al depressief so raad-op is ek! Dis 'n lang storie maar ek gaan hom vertel, dan weet almal hoe dinge staan. My oudste seuntjie, Arno, is nou 6jaar oud. Te pragtig met sulke groot bruin ogies en bol-wangetjies. Hy het reeds van baba-tyd af 'n agterstand wat sy mylpale betref, hy was 'n premie en die feit dat ek kongenitale rubella gehad het tydens my swangerskap dra ook nog daartoe by. Hy was 3jaar oud toe begin hy met spraak- en arbeidsterapie op aandrang van sy dagmoeder. Hy het net vir 'n jaar volgehou, aangesien almal 'n eiertjie te lê gehad het en gereken het ons probeer die kind te vinnig druk om te ontwikkel. Pappa het ook gedink die terapie is sommer nonsens want Arno makeer niks, reken toe almal pik net op hom omdat hy 'n agterstand het. So gelos en aanvaar. Dis mos jou eerste kind en jy's mos nog dom. Toe hy verlede jaar in Graad R kom, toe strike die paw-paw die fan! Die juffrou kla vreeslik Arno is te besig, hy konsentreer nie, hy's nie op datum met sy mylpale nie en sukkel om normale takies wat vir die ander kinders grappies is, reg af te handel. Hy moet heeltyd opgepas word as daar klaswerkies uitgedeel word, anders jaag hy aan ;) Ons is toe na 'n pediatriese neuroloog verwys. Daar het ons die hele geskiedenis uitgelê en is van daaraf na 'n sielkundige verwys vir 'n IK toets. En toe weer terug na die neuroloog toe. Die skok! My kind is reeds 5jaar oud maar sy ontwikkeling en IK is nog die van 'n 3 tot 4-jarige plus hy't nou sommer ADHD! Ek was en is nog steeds ongelukkig. Mens wonder maar altyd hoekom jou kind. Hy's dan so pragtig en energiek en vol liefde, hoekom dit dan nou? Ritalin is voorgeskryf. Kwart soggens, kwart middae. Sy konsentrasie het heelwat verbeter volgens die juffrou en hy's nie meer so hiper-aktief nie. Sy skoolwerk, wat voorheen chaos was, lyk nou heel skaflik. Die dosis is nou half in die oggend, half in die middag. Maar naweke kry hy glad nie. Maar dis nog lank nie klaar nie. Daar's nog probleme soos lae spier-tonus, swak hand-oog koordinasie ens. Weereens was dit 'n gestoei, pappa kan net nie aanvaar daar's 'n probleem nie. Hy soek verskonings laat dit bars. Ek dink dis seker maar omdat hy, nes ek, 'n ekstra sagte plekkie vir Arno het. Die sagte plekkie veroorsaak eintlik groot probleme, aangesien pappa baie tè toegeeflik is, glad nie dissiplineer nie, glad nie roetine volg nie en natuurlik ook nooit kan erken as daar fout is nie. Ek is die ferm een wat glo in reëls, perke en so aan, maar ek is darem nie onnodig kwaai of onredelik nie! Na ek, die juffrou en die skoolhoof mooi gepraat en verduidelik het, stem hy toe maar in. Arno het begin van hierdie jaar met arbeidsterapie begin en begin nou stadig maar seker vorder. Hy moet volgende jaar na 'n spesiale skool toe gaan aangesien hy op die stadium sukkel om by die hoofstroom aan te pas weens sy spesiale behoeftes. Hy kan nog nie eintlik alleen sit en werk of takies verrig nie en het meestal individuele aandag nodig wat in 'n gewone skool moeilik is weens die groot klas getalle. Die probleem is hoe dinge by die huis gaan op die stadium. By die skool is Arno selfstandig, gemanierd en 'n lieflike sosiale kind. Tuis is 'n heel ander storie. En ek wil nie hê iemand hier moet dink ek sien op my kind neer nie, maar ek gaan eerlik wees oor hoe ek hom by die huis sien juis omrede ek raad soek. As hy alleen by my is, weet jy nie van hom nie. Hy deel met sy boetie (nou 2jaar), hy's verdraagsaam, vol drukkies en nuuskierigheid, volg 'n roetine, doen wat ek vra sonder 'n huilery, help graag opruim in die huis, nooit nukkerig nie, vertel stories (hy't 'n ongelooflike groot verbeelding), man, sommer net 'n normale 6-jarige. Laat sy pa die huis intrap! Dan verander hy in 'n manipulerende, afknouerige, ongemanierde (skies), lui en besitlike kind. Sommer onaangenaam om mee huis te hou. Dan huil hy vir alles, hy wil sy pa se onverdeelde aandag hê (nie ek of sy boetie mag dan naby kom nie), hy hol oral agter sy pa aan, selfs toilet toe! Hy weier om te help opruim, hy's morsig, hy deel glad nie, hy's heeltyd al skreeuende tussen my en sy pa as ons gesels om aandag te kry, hy wil niks weet van roetine nie, eet wanneer hy wil, wat hy wil, soveel hy wil. Drink wanneer hy wil, wat hy wil, soveel hy wil. Kyk TV wanneer hy wil soveel hy wil. Hy kan dan niks vir homself doen behalwe self eet nie. Sy kos en drinkgoed moet selfs agter hom aangedra word tot voor die TV of tot in die slaapkamer! Pappa moet elke 5min opspring as Arno iets wil hê. As pappa se aandag net vir paar minute van hom af verskuif, gaan knou hy sy boetie af om die aandag weer op hom gevestig te kry of hy begin skree en raas met iets. Hy het dan vrede met wat ek vra of sê, koggel my selfs as ek met hom praat! Ek durf dan nie skeef na hom kyk nie, of hy gaan huil by sy pa. Pappa kan niks fout sien met hierdie gedrag nie en dans al te heerlik na Arno se pype. Verder sukkel ek dat hy sy boetie se baba-speelgoed moet uitlos. Hy skree hom morsdood as hy nie met dit mag speel nie, maar my mening is dat dit mos beter is as hy met goed speel vir kinders van sy ouderdom. 'N 2-jarige se speelgoed kan mos nie die nodige stimulasie bied nie? Buiten vir dit loop hy ook heeldag aldag met sy vingers in sy mond. As dit nie sy vingers is nie, dan is dit speelgoed of sommer enige iets wat hy optel! Dit maak my rasend! Ek kry hom nie afgeleer nie. Ek mag nie met pappa hieroor praat nie, want dan sê hy ek pik op die kind omdat hy 'n probleem het (ek kan verstaan hy het 'n sagte hart, maar daar sekerlik tog perke, of hoe?) My huishouding is chaos! Daar is geen roetine, dissipline of respek nie! Arno doen net wat hy wil wanneer hy wil as pappa daar is, sy boetie is stadig maar seker om dieselfde te begin doen want dis die voorbeeld wat hy kry. Ons kan ook nêrens heen gaan of mense onthaal nie, Arno is al bekend as die kind wat heeltyd skree, huil en maak en breek soos hy wil. Nou wil ek weet, is ek verkeerd en onredelik en dalk tè gesteld op sulke dinge of hoe dan nou? Is dit te veel gevra vir bietjie respek en maniere? Of is dit normaal vir 'n kind met ADHD? Dit veroorsaak baie wrywing tussen my en my man en ons stry kort-kort, hy kan niks fout sien met Arno se gedrag nie terwyl dit my teen die mure uitdryf! Help my asb want ek wil weghardloop. Dit voel of ek in 'n muur vasloop maak nie saak watter kant toe ek gaan nie!
7de Jul. 2010, 12:48Hazel het gesê:
My seun doen Graad 9 vir die derde jaar oor weens sy wiskunde en swak punte in ander vakke. Hy is al so negatief teenoor sy skoolwerk dat die belangstelling by die dag verminder.Hy raak 17 jaar in September en het weer die Junie eksamen gedruip. Ek is raadop en weet nie meer wat om te doen nie. hy wil nie volgende jaar terug skool toe gaan nie en wil na 'n tegniese college toe gaan, maar al die technikons en colleges vereis dat hy graad 9 moes geslaag het. maar wat gemaak as ek sien my kind gaan vlg jaar weer in graad 9 sit omdat hy sukkel met sy wiskunde. het iemand dalk vir my raad wat om te doen en vir wie ons kan gaan sien om hom te help met graad 9 en sy toekomsplanne waar hulle hom kan toets waarin hy kan presteer. ek bly in die weskaap en raak bang vir die skole wat oor 'n paar weke weer begin. finansieel kan ek ook nie bekostig om hom by 'n duur instansie te laat toets nie.
4de Jul. 2010, 16:32Gerda het gesê:
my seun is gediagnoseer met ADHD en nie Ritalin, Concerta of Stratera het enige goeie effek nie. Ek het alle medikasie gestaak. Hy sukkel in die skool en het nou graad 10 (met baie gebed en trane bereik) maar is nou al bang hy gaan nie die jaar maak nie. Hy is gewis nie dom nie, maar sukkel baie om te leer en het baie aanmoediging en hulp nodig. Tegniese skole bied ook geen oplossing nie. Kan iemand dalk raad gee ivm skole waar sulke kinders gehelp kan word? Ons bly in die Noord-Kaap en spesiale skole is skaars. Kan iemand dalk help met raad?
24ste Jun. 2010, 21:09Lizzie Moeti het gesê:
My meisiekind is ook met ADHD gediagnoseer to sy 4 jaar was.Ek het aanvanglik gedink sy was die lewendigste mensie op aarde wat aanmekaar gebabbel het met die snaakste segoed.Ek was altyd bang dat sy gesteel gaan word omdat almal haar "tjommies" was,groot en klein.Sy wasbang vir niemand nie.Dit was n gesukkel om haar te laat slaap,tv kyk of enige speletjie was uit omdat sy eenvoudig nie kon stil sit nie,storie vertel was hopeloos want by die tweede sin het sy al klaar haar eie weergawe van die storie vertel.Toe die "vonnis". Jou kind hoort in n spesale skool en die skool wat voorgestel word is n skool met erg gestremde kinders.Ek het geweier om my prag kind bloot te stel aan sulke omstandighede.Sy het eenvoudig nie daar behoort nie.Ook nie aan medikasie nie, want sy sou nie dieselfde kind wees maw onderdruk.Sy is met liefde grootgemaak en het geblom.Baie geld is spandeer en ek besef nou dat almal ryker is met geen resultaat,al wat ek by gekry was maar net nog n diagnose, of geinsinueer dat die fout by my le.Ek was kwansuis nie daar vir my kind nie.Na 2 skole het sy goed gedoen by die derde skool.Hoekom? Die onderwysers was wonderlik en tegemoetkomend en het aandag aan haar gegee ongeag die getal in die klas.Sy was n 60 - 70% gemiddeld.Ek was gerus,tot sy Hoerskool begin.n Drastiese, onmiddelike agter uitgang!Weereens toetse, spesiale klasse, vergaderings met onderwysers etc.Blykbaar het die Laerskool op die klas gemiddeld gewerk en nie op die indvidu nie.Sy het skool met n passie gehaat.Toe sy graad 9 druip. het sy eenvoudig geweier om terug te gaan . Sy is 17 jaar oud .Ek het verstaan en ek het weliswaar geweet ek gaan my kind verloor as ek haar terugstuur skool toe.Daar is geen fasiliteite in Bloemfontein,so Kaap toe met haar.Sukkel nog steeds ,maar met geloof en deursttings vermoee bid ek dat alles gaan uitwerk.Weereens kos dit baie,en ek kan nie verstaan dat dit so moeilik kan wees om hulp te kry nie.Ek doen n beroep op alle instansies wat fasiltiete vir sulke kinders het, om meer "visible" te wees ,daar is duisende ouers wat nie weet waarheen om te gaan nie. Bygese, sulke kinders is ook baie begaafd.My kind kan klavier op gehoor speel,sy is pragtig en kan model word
6de Jun. 2010, 21:06Leonora Visagie het gesê:
My hart gaan uit na al die ouers van ADHD-kinders. Dis 'n spesiale taak wat die Goeie Vader vir sulke ouers (en natuurlik, veral die ma's)van hierdie "woelige" kinders gee. Ek dink net die ouers wat so maklik die onderwysers beskuldig daarvan dat hulle hierdie kinders "op pille wil sit" net om die lewe vir hulself makliker te maak verstaan regtig nie waarom dit gaan nie. Onthou, jou kind se onderwyser sien hom soos jyself hom nooit sien nie: in 'n formele klas situasie tussen 30 of meer ander kinders. Hierdie juffrou sien 'n verwarde, wanaangepaste, ongelukkige kind. Sy wil hom help. Vir sommige kinders help sekere medikasie, vir ander weer iets anders. Dit gaan oor veel meer as net die kind se gedrag in die klas. Onthou, sy brein is in 'n warboel en "pille" is dalk net die ding om hom tydelik te laat sin maak van wat alles om hom gebeur. Die onderwyser kan maar slegs raad gee, die ouer is die een wat die besluite neem oor wat gedoen moet word. En ja, ek dink ek weet waarvan ek praat. My ADHD kind is nou al besig met sy meestersgraad en ek dink nie hy sou graad 3 gemaak het as dit nie vir medikasie was nie! Ekself is boonop 'n Wiskunde-onderwyser wat al meer as een keer in my loopbaan van 30+ jaar met 'n klas nie deur die sillabus kon kom nie omdat ek probeer het om mooi te werk met 'n ADHD-kind en so 'n hele klas benadeel het. Glo dus maar jou kind se juffrou as sy die kind probeer help deur by jou, sy ma, aanbevelings maak
1ste Jun. 2010, 05:59Elmari het gesê:
My dogter is nou onlangs gediagnoseer met ADD. Voordat ek medikasie sal oorweeg wil ek eers ander opsies probeer. Bio-strath en Omega olies word oral genoem as 'n groot hulp middel. Kan iemand my dalk raad gee oor hoeveel en hoe gereeld ek die aanvullings moet gee. Ons het alreeds haar suiker inname grootliks uitgesny en sien al klaar 'n groot verbetering. Dit gee my hoop dat dit saam met die aanvullings grootliks ons probleem sal oplos. Sy is 'n sprankelende kind en 'n gebore "entertainer". Saam met 'n pragtige stemmetjie en 'n musikale oor het sy genoeg selfvertroue om voor gehore op te tree. Ek wil nie hierdie kind van my verloor as gevolg van medikasie nie.
28ste Mei. 2010, 15:56Theresa het gesê:
Dit is so om te sien daar is nog ouers daarbuite wat dieselfde probleem het as ek. My seun (nou 12) is ook op Ritalin LA en Risperdal. Ons het so baie probleme gehad vandag hy in die Laerskool was, steel en leuens vertel was maar net die hoogtepunt elke dag. Hy het absoluut niks verkeerd gedoen nie, al wys jy hom dat al die bewyse teen hom is. Nou, na 8 jaar wat hy nie sy biologiese ma gesien het nie, het hy eendag van die skool af weggeloop en nog 'n kind saam met hom gevat. Dit was die breekpunt in my lewe. Vir 10 jaar het dit so aangegaan, totdat ek my man voor 'n keuse gestel het, wie bly en wie ry? Dit was nie maklik nie, maar nou kan ek sien dat die Here se hand ook daar was. My man en ek het saam besluit dat ons weer seun se ma gaan betrek. Hy moet 2 Ritalin pille en 1 halwe tablet Risperdal in die oggend en dan halwe Risperdal in die aand drink. Na hierdie skoolvakansie is daar vir ons besluit om nie meer sy medikasie vir hom te gee nie. Hy het teruggekom van die vakansie en die aand toe ek sy pil vir hom gee, se hy net hy wil dit nie drink nie. My seun is ook gediagnoseer met ADHD. Hy was op Concerta gewees en is na amper 'n maand afgehaal want dit het hom baie aggresief gemaak. Vandat hy sy mamma weer sien het hy baie rustiger geword. Dit is soos wat die ander mamma's se, wanneer weet jy dat jy kan ophou met die medikasie?
23ste Mei. 2010, 11:52Rika het gesê:
Dit is so waar. Ritalin verander jou kind se persoonlikheid. My seun was in graad 1 en kon nie vorder volgens die onderwyseres nie. Sy wou hom terughou vir nog 'n jaar. Na baie trane, arbeidsterapie, oogtoetse, oortoetse en so meer kon ek dit net nie meer hou nie. Ek is self 'n onderwyseres en doen elke dag saam met hom huiswerk. Hy is net stadig, maar hoogsintelligent. Hy was op Ritalin en risperdal en nadat ek die newe-effekte van al die medikasie nagevors het, het ek dit gestaak. Ek het bedank en gee nou tuisonderrig vir hom en sy boetie al vir 'n jaar lank. Dit is wonderlik en hy vorder mooi op sy pas. Ons lewe is glad nie meer so gehaagd nie. Party kinders wil net he jy moet hulle verstaan en met ander oe na hulle kyk. Hy lag nou en kan die oulikste grappies uitdink en is baie kreatief. Hy was nooit so met medikasie nie. Hy wou net eenkant in 'n hoekie by homself wees. Nou is hy lus om maats te maak van sy eie ouderdom. Danksy tuisonderrig en dat hy nie meer medikasie gebruik nie lyk die lewe weer goed. Dink twee keer voordat jy jou kind op Ritalin of iets soortsgelyk sit.
19de Mei. 2010, 22:20jacqueline het gesê:
ons het regtig raad nodig, ons seun is hierdie jaar gediagnoseer met ADHD hy het in Januarie 6 geword.Ons deal met 'n juffrou wat beweer sy het net liefde vir ons kind en dat sy ekstra moeite en liefde insit met ons kind, tog is ek te bang om my kind by sy klas af te gee in die oggende want ek moet elke keer hoor hoe erg my kind is.Sy het al vir my gesê daar is 'n kind wat uit die skool gehaal word agv van my kind maar toevallig ken ek die ma en vra haar toe waarna sy toe gesê het dat dit glad nie die rede was nie , maar dat haar kind laat in die jaar eers 5 word en dat sy voel hy emosioneel nog nie ryp is vir graad r nie, daar was ook 'n geval waar die kinders in die pophuis gespeel het en 'n kind geval het waar sy gesê het die ouers dreig met regstappe (wat toe ook nooit waar was nie) Ons het nou 'n afspraak gehad met die skoolhoof en gevra dat ons kind van klas geskuif word maar hulle weier hulle reken die probleem lê by die kind en nie by die klas nie, dit nadat ons opvoedkundige sielkundige sterk aanbeveel het dat hy geskuif word wat staan ons te doen en gebeur dit by baie skole of is ons alleen? Sy juffrou het al herhaaldelik my kind gestraf vir dinge wat sy weet hy nie kan beheer nie en sy het al vir my gesê dat ek 'n horrible kind het tog kyk die skoolhoof hierdie dinge mis en verdedig net sy juffrou, is daar dalk enige raad? moet ons ons kind nou ontwrig en hom wegneem van almal en alles wat hy ken en hom in 'n ander skool sit of moet ons probeer om die situasie by die skool te red?
18de Mei. 2010, 17:02Jonette Winter het gesê:
Gaan kyk na http://www.ritalindeath.com Maak sommer `n afskrif vir al die onderwysers wat so graag hierdie medikasie aanbeveel. My dogtertjie moes in graad 1 ook op medikasie gaan. Jong onervare juffrou. Na al die toetse, toets sy ADHD maar gering, ek laat weer haar ogies toets. Haar bril se lense is verkeerd se die oogarts. Sy kan nie ver sien nie en naby fokus nie. Sy memoriseer al haar woorde en sinne en kan dus eintlik nie lees nie. Terwyl die ander werk verstaan sy nie hoekom sy dit nie kan doen nie en vroetel of loop rond. Die skoolhoof wil haar nie na `n ander klas skuif nie, hy skuif nie `n probleem nie se hy. Haar IK toets ver bogemiddeld. In graad 2 kry sy `n engel van `n juffrou en sy floreer op aandag liefde en BEGRIP. Ons los die medikasie en werk met Rescue pilletjies as sy bietjie woelig is. Biostrath en omega 3&6, doen die ding. In baie gevalle voel ek medikasie is hulp vir onderwysers wat nie kan of wil sukkel nie. GAAN LEES ASB DIE ARTIKEL.
16de Apr. 2010, 15:34Ursula het gesê:
My seun het arbeidsterapie gekry agv persepsie uitvalle(geen verbetering getoon nie) Ek het probeer met homeschooling, want hy was depressief by die skool, toe wou hy terug skool toe, want hy is eensaam. Ons sit hom in 'n privaat skool, en die se nee, hy moet 'n jaar terug gehou word want hy kan nie lees nie. Toe het ek uit my eie besluit om sielkundige evaluasie te doen, en om te sien hy het 'n IK van 140 en aangele in wiskunde ens. Hy kan enigiets word wat hy wil, want die meeste beroepe soos Argitektuur, Ingeneurswese, Sjefs ens. is juis die regterbrein outjies soos hy. Met skok vind ons uit dat, nadat ons 'n evaluasie gedoen het, dat ons kind 1 jaar agter is met sy lees... die ander kinders in die privaat "christelike" skool (van sy maats is 3 jaar agter) Ons het hom op Concerta gesit, hy het 6kg verloor, wat sy selfbeeld wondere gedoen het. Hy het begin maats maak want hy kon konsentreer! Ons het hom in 'n gewone skool gesit, en hy kry so 18/20 vir toetse (nou graad 2) Hy kon sinne volledig uitspreek en ordentlik praat dat ons hom kan verstaan. So hoera vir Concerta! Kinders wat ADHD is, en dit nie altyd uitgroei nie, kan geen take in die lewe voltooi nie! Hul kan ook nie hegte vriendskappe sluit nie. Dis hulle wat basies "washouts" word. Emosioneel onstabiel word Verslaaf word aan dwelms, en so 'n vreeslike verwerping kry van maats. Ouers dink mooi wat jul doen... daai kinders is vir jul gegee, jy kry een kans.
18de Mar. 2010, 16:51Sue het gesê:
Al die dinge is seker nou deur duisende mense deur gemaak en so veul getuies van wat werk en wat werk nie. Ek en my Pa is nou nie ouers wat hou van pille gee nie. Maar ons dogter van 8 sikkel om te konentreer en dit laat haar baie agter in haar klas. Ek wil graag weet wat is die volgende stap, moet nou net nie vir my se DR nie want ek kan nie dink by hoe veul ek al was nie. Dan praat ek nie eers van die duisende rande wat dit my gekos het nie. Van neus, oor, oog, kop en al wat 'n sielkindege en die se maats waar na hul jou kan verwys ek was al da. Maar ek gaan nou nie moet op gee nie ek sal aan hou soek tot dat ek haar kan help. Hulp het ons as ouers nodig wat nou nie meer weet wat die volgende stap is nie. AS daar iemand is wat my meer raat kan gee sal ek dit hoog opprys stel.
15de Mar. 2010, 23:55Christine het gesê:
Ai wat moet ek sê. My 11-jarige seun is al meer as 'n jaar op Ritalin en nou ook op Ethipramine. Ek is raadop met hom maar sal hom vir niks anders verruil nie. Die skool bel my gedurig oor probleme en dan gee ek net meer liefde en aandag. Dit voel al vir my of ek op medikasie moet gaan. Ek verstaan ander ouers se situasies. Ek dink ook net dat onderwysers maar te vinnig is om medikasie voor te stel. Ek verstaan hulle punt, maar my seun se Graad 1 & 3 & 5 onderwysers het verstaan en aandag gegee. Hy het uitgeblink. Maar dan kry jy ook die ander wat hom weer van vooraf afbreuk en alles wat weer opgebou was vernietig. God is al wat ons krag gee en elke dag hierdeur help. HY weet vir wie om sulke kinders te gee.
24ste Feb. 2010, 15:59Cathy Kloppers het gesê:
My seun van 8 jaar is hierdie Januarie 'n jaar op Conserta. Hy funksioneer soos altyd. Lag baie, 'boer' in die middag na skool dat dit klap, en eet ons uit die huis uit!! Al wat verander het is dat hy nou baie beter doen op skool. Hy is 'n baie positiewe kind! Hy weet nie dat hy medikasie vir beter konsentrasie gebruik nie, en ek persoonlik dink dat dit beter so is. Want mense lewer soms kometaar waarvan hulle niks weet nie. Ons besoek die spesialis elke 6 mnde. En dit gaan baie goed met hom. En ek moet by se ... Ons is afrikaans en hy is tans in 'n privaat engelse skool wat 'n baie hoe standaard handhaaf.
19de Feb. 2010, 21:58GINA MARX het gesê:
EK IS OOK N MAMMA WAT HAAR HARE WIL UITREK MY SEUN VAN 8 IS NOU OP CONSERTA WANT DIE JUFFROU HAT NA N WEEK GESE IN DIE SKOOL DAT HY N PROBLEEM IS MAAR DIS N KIND WAT IN 2009 SY OUPA IN JAN EN SY LIEFLING OOM IN SEP AAN DIE DOOD MOES AFSTAAN EN WAT GESIEN HET HOE WORD IEMAND GEROOF EN VERMOOR MY HART WIL BREEK AS EK DIE BRIEWE SO LEES MAAR WIL GRAAG DIE BESTE VIR MY KIND HE WAT N PRAGTIGE SAGMOEDIGE OUTJIE IS WAT NET LIEFDE EN AANDAG WIL HE HOE VERDUIDELIK JY AAN MENSE WAT DINK HY IS STOUT EN PAKSLAE KORT DAT HY EINTLIK N PROBLEEM HET WAT WEET MENSE VAN MY AS SY MA WAT MY SELF AAN DIE SLAAP HUIL OOR DIE VERLIES VAN MY PA EN MY BROER EN MY KIND WAT SUKKEL EK HET DIE EERSTE WEEK IN FEB SO GEHUIL EN DEPRESIEF GEWORD VAN ALLES WAT EK MOES DEUR GAAN MET MY KIND VAN EEN DR NA N ANDER NA EEN SKOOL TOE NA DIE VOLGENDE MAAR EK DOEN DIT WANT AL VOEL EK EK KAN NIE MEER NIE GAAN EK AAN AS EK IN SY OU GESSIGIE VAS KYK. SO AL DIE MAMMAS WAT WEET STERKTE!!!! EN DIE ANDER WAT KRITISEER TUFF HOOP DIT GEBEUR NIE MET JULLE KIND NIE MOENIE IN ANDER SE SWAAR KRY VERLEKKER NIE GROET GINA BRITS
12de Feb. 2010, 12:27Rudi Malherbe het gesê:
Ons seun is van kleins af gedeagnoseer met ADHD. Hi is nou in Gr1 en ons het gedink dit gaan goed met hom tot ons in geroep is na die onderhoof toe om te se hy het n leerlingraad gebyt wat hom na die kantoor toe wou vorseer. Ons was al n twwe of drie keer ingeroep in Gr 0 ook. Nou wil hulle hom na n outistiese skool toe stuur. Hy was al vir baie toetse maar nog nooit enige tekens van enige terapeut het gedui op autisme nie en as hy nie autisties is nie aanvaar hulle hom ook nie. Ons wou hom inskryf voor hy GR1 toe was by Prestasie Skool maar hulle het hom weg gewys oor sy spraak. Toe het ons Protea skool probeer maar hulle was vol. So hy is tans in n normale stroom skool. Klas gewys en huiswerk gewys gaan dit goed. Dit is maar meestal sy spraak en sy self vertoue om met jou te praat, en die voorval nou met die gebyt wil hulle hom nou uit he by die normale stroom skool. Ons bly in Kempton Park en daar is nie skole in ons area wat hy sal by in pas nie en ons is al raad op. Dit kom vir ons voor of ons sal moet verhuis om hom te help by die regte plek maar waar heen???. Hy is ook op Concerta 36Mg, Stratera 10Mg en 2.5Ml Epelim elke dag. Hy is baie intelligent en het al huiswerkwenner stempels in sy huiswerk boek gekry. Dis maar meestal buite die klas met gedrag en kommunikasie. Ons dink ons gee een tree vorentoe dan is dit weer 5 tree agtertoe. Ons wil doen wat die beste is vir ons seun maar kan hom nie elke maand na n ander skool toe shuif nie want hulle kan hom nie hanteer nie. Ons wil net weet as ons hom in n ander skool plaas wat met hom kan werk dit die regte plak is en hy nie van een plek na die ander rondgeskuif moet wrod nie. ONS IS DESPERAAT VIR ENIGE RAAD!!!
30ste Jan. 2010, 15:59Toekie het gesê:
My seuntjie is ook al n hele ruk op Ritalin. Dit was vir my n vreeslike worstel stryd om te dink my kind moet n pil drink om te konsentreer. Ek het myself soveel keer afgevra moet ek dit vir hom gee of moet ek nie. Soms het ek net begin huil en hulpeloos gevoel! Ek het dit vir hom begin gee sonder om vir sy juffrou daarvan te se, om te sien of sy enigsins iets agterkom, en sy het wel. Ek kon sien sy skrif het meer netjies geword en sy konsentrasie was beter. Al wat my hart gebreuk het was dat my kind nie meer so spontaan en praterig was nie. Ek het na n lang tyd opgehou om dit vir hom te gee want ek het verlang nie my pragtige seuntjie Johannes! Skielik het ek gedink ek het n fout gemaak want alles het toe net agteruit gegaan by die skool. Hy het nie klaar gekry met sy werk nie en sy skrif was baie lelik en hy het gesukkel met lees en om te konsentreer.Hy het ook gedurig raas gekry en rooi kringe in sy boeke vir eenfoudige foutjies. Hy het een middag by die huis gekom en vir my gevra wat is fout met hom want al die kinders trek al by leesboekie 5,6 en 7 en hy is nog by boekie 1 & 2? Met trane en skuldgevoelens het ek sy ouma gebel en vir haar alles vertel. Sy oupa het gese ek moet hom kom sien, hy wil met my praat. Daar het hy vir my vertel dat die emosionele en sielkundige skade wat my kind kry sonder sy medikasie baie erger is as die tydelike pilletjie wat hy moet drink. Dit is nie die oplossing nie maar dit is iets wat hom help om te "cope" terwyl al die ekstra behandelinge en werk by die terapeute, smartbrein en tuiswerk hom stelselmatig help om op standaard te kom met al sy maats in sy graad.
27ste Jan. 2010, 21:37Miemie Dodd het gesê:
Haai my naam is Miemie en ek is 'n ouma wat 'n kleinseun het wat gediagnoseer is met 'n verwerping sindroom hy is nou al 11 jaar oud en hy bly by my vandat hy 4 mnde is sy mamma was 'n enkelouer,en was nie instaat om self na haar kind te kyk nie. Hy is hoogs intelligent. Hy was in graad een in 'n hoofstroom skool en het baie gesukkel. daar was 34 kinders in sy klas en aan die einde van daardie jaar kon hy nie lees skryf of somme doen nie. Sy onderwyser het ook aan my gesê dat hy sukkel geweldig om aan te pas. Ek is deur 'n dokter verwys na die Child Trauma Centre by die Pretoria Akademiese hospitaal waar hulle die nodige toetse gedoen het en hom gediagnosser het.Die Prof. Het vir my 'n aanbeveling gedoen om Jan-Adriaan vir evaluering by Proscpectus Novis Skool vir leergestremde kinders in Pretoria. Hy is aanvaar en het weer graad 1 daar oor gedoen saam met die nodige medikasie (Ritalin)en het met lof geslaag hy kon egter na die eerste termyn lees skryf en somme doen. Hy het die nodige terapie ontvang. Hy het hierdie jaar met gr.5 begin en dit gaan so goed met hom dat al die terapie gestaak is. Ek kan net sê hy is in goeie hande en dat as 'n onderwyser saam met ouers omgee, elke kind 'n kans tot 'n suksesvolle lobaan het. Hy drink nog steeds sy medikasie slegs 5 dae 'n week geen vakansies en naweke nie. Ek het baie teenkanting van sy ma en die res van my gesin gekry i.v.m. die medikasie maar ek het deur gedruk en hulle oortuig dat die kind op die manier gehelp word hy sukkel nog bietjie met die spraak. Hakkel nog as hy baie opgewonde is maar ek is baie trots op hom hy is baie lief vir houtwerk en het verlede jaar baie goed gedoen in intrepeneurs met sy eie houtspeelgoed wat hy gemaak het onder die wakende oë van sy oupa. Ek wil nie van die geleentheid gebruik maak om die onderwysers en terapeute asook die sielkundiges van Prospectus Novis Skool te se Dankie dat julle oomgee
25ste Jan. 2010, 23:34Suzette het gesê:
Ek het deur die kommentaar gelees. My dogtertjie is ook 2jr op Ritalin, wat regtig help, maar newe-effekte soos naels byt, humeurigheid,geen eetlus. Ons wil juis nou gedurende vakansie stop en dalk Biostrath en Omega 3 6 9 vir haar koop, want as ek so lees, lyk dit asof dit goed kan wees. Ons gaan maar probeer. Ek is so bang, wil nie my kind van 1 na ander meds oorskakel nie, maar vertrou God dat Hy die Groot Geneesheer/Spesialis is. My kind is hoogs intelligent en kry vanaf begin vd jaar net 4e, so ek sal haar gereeld laat toets. Dankie ook vir julle eerlikheid. Ek sal jul op hoogte hou. Dis vakansie en sy eet asof sy kos nie ken...
14de Des. 2009, 19:11Rhona Abrahams het gesê:
as iemand my ook kan help vir n skool in die oos kaap sal ek dit waardeur om my kind te help .ek bly in die oos kaapen wil graag weet om hom na die spesiale skool te stuur.
13de Nov. 2009, 17:18Angelique het gesê:
Baie dankie Celeste. Kan iemand dalk vir my se wat is 'n gemiddelde kind se IK (Wat in 'n hoofstroom skool is)? Onder wat moet 'n kind se IK wees om na 'n Spesiale skool uitgeplaas te word, en waar val Rimidierende skole dan in? Ek gaan nog steeds nie moed opgee met my kind nie!
11de Nov. 2009, 10:29RHONA ABRAHAMS het gesê:
BAIE DANKIE VIR JOU BRIEF.EK IS N 36JARIGE MOEDER WAT SUKKEL MET MY 12JARIGE SEUN WAT OOK SUKKEL MET N LAE IK. HY WAS BY SIELKUNDIGES EN HULLE WIL HOM GRAAG BY N AANPASSINGSSKOOL LAAT AANSLUIT. TOE EK JOU BRIEF LEES HET EK SOMMER MOED GESKEP.EK IS BAIE LIEF VIR MY KIND EN WIL GRAAG HE HY MOET GAAN WAAR HY GELUKKIG SAL WEES. EK BLY IN DIE OOSKAAP.hy is nie onder enige medikasie nie maar het breinvliesontsteking gehad toe 3maande oud was.as jy weet van enige hulp kan jy my kontak.ek wil hom graag volgende jaar laat begin by die aanpassings skool. dankie vir u hulp
5de Nov. 2009, 14:06Celeste Adams het gesê:
Angelique, probeer Life Line of Focus on the Family. Hulle kan dalk help.
30ste Okt. 2009, 19:04Angelique het gesê:
Ek het twee kinders wat ADHD is (8 en 13). Hulle is albei in Spesiale skole. Ek het hulle ook van die Ritalin en Concerta afgehaal, en dit gaan goed met hulle. Van die os op die jas .... is daar dalk iemand wat weet van 'n uitstekende skool in Pretoria vir Leergetremde kinders. Die laerskool waarin my jongste is voldoen nie aan al die vereisted nie. Kan iemand my ook asseblief laat weet watse kursusse daar beskikbaar om "councelling" aan die kinders te gee.
29ste Okt. 2009, 15:30Celeste Adams het gesê:
Nico, jy is 'n man na my hart. Ek het klas gegee by Dokkies (Durbanse Onderwyskollege) wat in 2000 moes sluit en ek wou juis my studente motiveer om onnies te wees wat 'n verskil gaan maak. Ek wens jou alle sukses toe en glo jy gaan 'n verskil maak!
22ste Okt. 2009, 19:02Nico van Rooyen het gesê:
Ek is tans 'n tweedejaar onderwysstudent by die Noord-Wes universiteit, Potchefstroom kampus. Ek voel dat ADHD 'n groot probleem is in skole, maar dat dit totaal verkeerd hanteer word. In my module, opvoedkundigesielkunde, is ek tans besig met 'n eksamen opdrag oor aandagspantekort/hiperaktiwiteitsversteuring, beter bekend as ADHD. Deur die loop van die semester het ons 'n helereeks leerhindernisse behandel soos autisme, polio, ADHD, neurologiese gestremdhede, serebrale verlamming en vele ander. Dit het egter vir my opvallend geraak dat ADHD die mees algemene probleem is. Dit was 'n baie interessante module om te neem, en ek het baie beter insig verkry oor hoe om 'n leerder te hanteer wat gekonfronteer word met 'n leerhindernis. Die belangrikste feit om te onthou is dat dit 'n leerhindernis is, en nie 'n doodsfonnis nie! Dis slegs 'n hindernis wat met die regte en genoegsame aandag die gewenste resultaat kan toon. Sylvia Potgieter is my niggie, en ek glo dat Wynand die gewenste resultaat gekry het a.g.v die deursettingsvermoe wat gewys is deur sy ouma, oupa, stiefpa en veral sy ma. Deur die jare was daar vele terugslae, en baie dokters en sielkundiges het dit laat klink of hulle moet aanvaar dat Wynand nie normaal is nie, maar niemand was bereid om op te gee nie. Met die hulp van bo, het hulle vasgebyt. Wynand is die oulikste jong seun wat ek ken. Ek kan vir langtye by hom sit en net kyk hoe hy speel. Niemand kan en sal ooit vir my vertel hy is nie normaal nie. Normaal is 'n mensgemaakte utopia, wat in werklikheid nie bestaan nie. Soos ons almal al 'n duisend keer gehoor het is ons uniek, en deur mense in groepe te plaas word hul identiteit weggevat. As toekomstige onderwyser gaan ek myself toewei daaraan om leerders te waardeur vir die individue wat hulle is. Ek gaan die kennis wat ek verkry het oor leerhindernisse gebruik om 'n verskil te maak in 'n kind se lewe en nie soos baie ander die ouers aanraai om hul vol pille testop, net sodat ek nie ongerief in my klas ervaar nie. In die tye wat ek gegaan het vir praktiese onderwys het ek gevind dat die onderwysers wat 'n passie het vir die beroep is altyd bereid om 'n leerder te help wat 'n leerhindernis het. Dis die mense wat hul beroep haat, wat onderwysers 'n slegte naam gee. Ek voel dat dit nie reg is om alle onderwysers onder dieselfde kamp te skeer nie. Gee liewer krediet aan die onderwysers wat 'n verskil maak in jou kind se lewe. 'n "Dankie, jy maak 'n verskil" beteken meer as wat 'n mens besef. Daar is van ons wat werklik 'n verskil wil maak in die lewens van baie kinders. Ek wens my kleinneef alle sterkte toe en ek weet dat hy 'n baie groot sukses gaan maak in alles wat hy doen!
21ste Okt. 2009, 15:20Celeste Adams het gesê:
Ek het al die briewe met groot belangstelling gelees en kan sien dat daar baie ouers is wat tog hulle kinders se belange op die hart dra. Ek het ook groot meegevoel met al die onderwysers wat ook hulle bes doen en baie frustrasies moet beleef as gevolg van die groot klasse en ook die aantal leerders met ADHD. Dit kan nie maklik vir julle wees nie. Wat egter tot kommer lei, is die feit dat die persoon met 'n aandagstoornis die ergste daaronder ly. Ek was ook 'n onderwyseres vir 10 jaar en moet erken dat ek nie altyd verstaan het hoekom hierdie kinders so lastig kan wees nie! Ek het verder gaan studeer en myself as sielkundige bekwaam. Ek weet ons word ook soms as die vyand beskou, maar ek kan eerlik erken dat ek groot empatie met die ouers en onderwysers van hierdie leerders het. Onlangs het ek my bekwaam as neuroterapeut. Wat op aarde is dit, mag julle vra en wat doen ek nou eintlik? Ons het elkeen 'n merkwaardige brein. Soms ondervind ons probleme wat wat toegeskryf kan word and die disregulering van die breingolwe. Dit kan onder andere, slaapstoornisse, depressie, hoofpyne, epilepsie en die simptome van ADHD veroorsaak. Die goeie nuus is dat daar 'n ander alternatief is vir ouers met leerders wat aan hiperaktiwiteit of 'n aandagtekort ly. Ons weet dat Ritalin wel baie doeltreffend kan wees, maar dit is nie 'n geneesmiddel nie. EEG neuroterugvoering is 'n veilige, natuurlike behandeling vir die disregulering van die brein wat die onderleggende oorsake van die probleem aanspreek. Neuroterapie werk op die beginsel van operante kondisionering. Net soos wat 'n sterretjie vir goeie werk die leerder motiveer om weer goeie werk te lewer, kan die teruvoering wat die kind kry van wat sy breingolwe doen, die brein stimuleer om beter balans te bereik. As u meer van hierdie terapie te wete wil kom, kan u gerus na www.eegspectrum.com gaan om meer inligting te bekom. Veral interessant is die Monastra studie waar die gebruik van Ritalin met die behandeling deur neuroterapie vergelyk word. Ek kan ook boeke soos "Healing Young Brains" deur Robert W. Hill en Eduardo Castro, "ADD: The 20 hour Solution" deur Mark Steinberg & Siegfried Orthmer aanbeveel. Sylvia sal meer kan vertel oor die vordering wat Wynand gemaak het vandat hy hierdie terapie kry. Laat ons egter nooit nalaat om die Here te dank vir die werk wat hy in elkeen van ons lewens doen nie. Hy gee ons daagliks die krag om aan te gaan. Wat vir die mens onmonntlik voorkom, is nie vir Hom 'n probleem nie want Hy is die Here wat die onmoontlike, moontlik maak. Prys sy Naam.
18de Okt. 2009, 19:18Sylvia het gesê:
Dankie vir jou brief en almal wat op my brief reageer. Goed of sleg. Jana ek verstaan jou gevoel en moederhart. Het julle al alternatiewe terapie of buite muurse aktiwiteite probeer. Ek weet as wynand trampoline spring is hy vinnig pootuit, maar as hy hardloop dan wen hy op en is meer lewendig. wynand is gaande oor krieket so ons speel smiddae met hom krieket om ook te help met die energie. Wynand se adrenalien neem oor dan dink hy nie wat hy doen nie.Nou dat hy 11 is gaan dit beter. Sodra hulle kan hulself leer om rustig te wees en dinge rustig in ag te neem gaan dit regtig makliker. Jy moet letterlik een stap voor 'n hiperaktiewe kind wees, voor hy iets doen moet jy al gekeer het. Ek weet ons ouers werk en het nie altyd die tyd om af te staan in die week met kinders wat besig is nie. Ek weet hy verg baie baie baie aandag. Maak hom deel van als wat jy doen wat sy brein besig hou. Veral as dit met sy hande is. Laat hy jou help kos maak, help in die huis, betaal hom vir sy werkies dan leer hy terwyl jy hom besig hou. Laat sy pa hom dinge leer wat hom intreseer al is dit bo sy vermoë. Hiperaktiewe kinders is aanhoudend en hy sal bly probeer tot hy dit reg kry. Ek weet as wynand ander dinge geleer word is hy oop solank dit net nie soos skool is nie. En die verstroois houding is omdat hy vergeet, hy is te besig, sy brein sien dinge en werk te vinning dan vergeet hy. Al wat my raad aan jou is baie geduld. En roep maar 10 keer. Sy liefde vir jou is vir altyd. Jy is die enigste een wat jou liefling kind verstaan. Werk deur jou emosies en neem besluite wat jy mee gemaklik voel en staan daarby. Sterkte en mag God jou dra. Onthou die gedig voetspore: God wandel altyd langs jou en in moeilike tye dra God jou.
12de Okt. 2009, 17:42Jana het gesê:
My kind is op Conserta. Ek is moedeloos ek het al mooi na my kind se gedrag gekyk. Ek se nie die pille is goed nie as ek kan sal ek hom af haal. Maar as hy nie daar op is nie dan kan hy nie skryf nie hy kan nie voledige sinne maak nie. Jy sal hom roep dan vat hy vir ewig om by jou uit te kom. Hy hou ook nie van die pille nie maar drink dit maar. Hy kyk bitter min tv speel glad nie op n rekenaat of tv speletjies nie. Dis net as hy op die pille is gaan dit beter. Hy eet net naweke sweets.
12de Okt. 2009, 12:25Lindie de Lange het gesê:
My seun is 15 jaar oud en was ook op rittalin. Ek het dit ook gestop nadat hulle my 8 jarige op anti-deprisante wou sit. Ek het 'n dieet kundige gaan sien en aanvulling soos bio-strath gebruik. Sy brein profiel het gewys dat hy leer deur beweging, daarom het ek ook op skool gesukkel want ek is presies net soos hy. Na ekstra klasse, arbeidsterapie jaar na jaar, en sy juffrou wat my laat weet het jou kind gaan dit nie maak nie...die arbeidsteraapeut wat laat weet het, ek kan niks meer vir jou kind doen nie het ek bang en moedeloos gevra Here, waarheen nou, hoe moet ek my kind help? Ek het hom in 'n privaatskool gesit, ACE accelarated Christian Education, die beste besluit wat ek ooit kon maak. My kind werk op sy eie pas, word nie meer gedruk deur maats wat vinniger as hy werk nie, want mamma ek is nie so slim soos die ander nie. Hy het 'n bo-gemiddelde IK. Sy onderwysers by die skool is engele, wat my kind die hulp gee wat hy nodig het. Dit is nog moeilik, sy kort termyn geheu is baie swak, maar hy doen brein oefeninge, om optimaal te funksioneer moet albei kante van jou brein werk. Kry vir jou seun 'n brein oefening game vir die PSP. Nintendo het 'n brain train game wat uitstekend is. Dieet, oefening en brein oefening en ek sien alreeds 'n verskil. Ek doen ook brein oefeninge, en kom self die verskil agter. Aan die Here AL die eer, wat elke tree saam my gestap het, elke traan in Sy Hand hou. Mamma bid vir jou kind, doen wat jy kan en Hy sal die res doen.
10de Okt. 2009, 12:20Rene het gesê:
Lindy en Annelise n kind met ADHD het nie dissipline nodig nie maar geduld en aanvaarding -jy het nie nodig om hulle te beheer nie,dit is dalk waar die fout inkom,julle wil beheer-en het ongelukkig min kennis van wat n ADHD kind deurmaak in n klas waar hy beheer word om "normaal" te moet optree nie.Dalk moet julle met ander oe na die kinders kyk,
10de Okt. 2009, 10:28Trix het gesê:
Ritalin het sy seunslyfie gevat en hom deur hoogtes en laagtes gejaag. Voor dit uitwerk was hy byna altyd in trane. Die medikasie was nie te hoog nie, dit was die laagste beskikbaar. Ons het hom uit die skool gehaal en die medikasie gestop. Ons tuisskool hom al vir ses, amper sewe jaar lank tuisskoling. My kind het homself geleer om breuke te neem as sy konsentrasie afneem. Ek kan eerlik se hy is in beheer van sy leersituasie en presteer pragtig. Ek was self 'n onderwyseres en weet daar is nie tyd vir individuele aandag in die klas nie, dus is medikasie 'n hulpmiddel vir menige onderwyser.
9de Okt. 2009, 04:04Leonie Kemp het gesê:
My dogter Leandrie is met ADHD gediagnoseer toe sy 6 jaar oud was, sy is nou 11. Sy was op Ritalin dan op Conserta dan weer op Long acting Ritalin en laate Strateria. My kind het haar kleinwees nooit beleef, was depresief en het woede uitbarstings beleef. Tussen ons vriende was sy bekend vir die kind wat altyd gehuil het vir als. In die skool was al die ligte op haar. Die dogtertjie wie se ma altyd die juffrou kom sien het. Die een met die munispunte. In graad 3 het die Here 'n vrou op ons pad gesit. 'n Huisskool! Ek het haar dadelik van alle medikasie afgehaal en my kind het stadig maar seker my kind geraak. Die kind wat lag. Die kind wat altyd 'n anderste plan het. Sy lees by 'n leessentrum en het op vlak 1 begin 57 wpm (November 2008)en is nou op vlak 4, 150 wpm, 100% begrip en 80% spel! Ons doen Brain Gain om aan haar impulsiwiteit en konsentrasie te werk, en glo my ek sien 'n verskil, al is dit tree vir tree.
9de Okt. 2009, 00:02Lindy het gesê:
Annelise Ek stem 100% saam!!! Ons wil skool gee, nie kinders dissiplineer en babysit nie. Ouers kan nie verstaan dat hulle kinders die klas ontwrig nie, maar daar is so baie wat 'n mens kan doen sonder om pille te gebruik. Ek stem saam, ouers moet meer betrokke wees!! Soek 'n manier om julle kinders te stimileer, soos sport en speel. Ek hoor Wynand het 'n baie besige tyd met drama en so aan, dit is fantasties. Hou julle inders besig en laat hulle ding doen na skool ure! Dit help by die ontwikkeling en hou hulle rustig in die klas. Dit is vreeslik moeilik om 48 kinders ewe veel aandag te gee, dit is onmoontlik, ek glo nie mense wat nie onnies is kan dit eers voorstel nie. Ouers, doen abs. julle bes om die onnies te help en so help julle die kinders ook. Adri , wat bedoel jy met "Kyk, sulke kinders is vrek woelig, maar, indien hulle die regte onderwyseres al in gr 0 kry, sal dit nie nodig wees om ‘n kind op medikasie te sit nie." As die ouers van vroeg af iets doen het hulle nie die pille nodig nie. Dit is nie die onderwyser se werk nie!!
8ste Okt. 2009, 17:44Shanon het gesê:
My simpatie met al die mammas wat hulle kinders moet "drug" om normaal te kan funksioneer in 'n klaskamer. Dit kom voor of ons aangemoedig word om 'n "pil verslawende" jeug te help skep. Los asb die pille, leer meer geduld aan en laat die kinders toe om kinders te wees. Kyk 'n bietjie na omstandighede. Kinders kan hulle self nie meer uitleef in die veld of waar ook al soos toe ons kinders was (jare gelede) nie. Alles is deesdae gevaarlik. Die monsters is nie meer onder jou bed nie maar sommer in die straat of jou oom Buurman of daai kaper. Ek is dankbaar dat ek my seuns sonder pille kon groot kry. Ek het party mal die pille nodig gehad soos hulle tekere kon gaan en ja, hulle het ook klaskamers ontwrig en wou ook nie leer nie en het my bankkrot geëet en wou nooit stilbly nie. Die onderwysers moet nie so gou wees om 'n kind uit te wys as 'n probleem nie. Ek is ook 'n sielkundige en kry gereeld kinders wat deur onderwysers uitgewys word as 'n probleem. Daai kinders kortniks behalwe geduld, baie liefde en baie ruimte nie.
8ste Okt. 2009, 16:58Adri Swiegers het gesê:
Kyk, sulke kinders is vrek woelig, maar, indien hulle die regte onderwyseres al in gr 0 kry, sal dit nie nodig wees om ‘n kind op medikasie te sit nie. EN< met die regte diet en Biostrah en Omega 3 6 9 kan dit net goed gaan. Sulke kinders moet net baie gestimmuleer word. Ek het 2 neefs wat as kinders daarop was en een van hulle se kinders is ook daarop. Ek persoonlik, HAAT daardie goed!!!! Albei my susters se kinders was ook daarop en ek het al die kinders baie jammer gekry. Dit is werklikwaar onnodig om die kinders daarop te sit. Baiekeer is dit ook net die kind se huislike omstandighede en verhoudings met sy ouers (of die verhouding tussen die ouers) wat die oorsaak is.
8ste Okt. 2009, 11:03Hardspear de la Azotea het gesê:
Die grootste wapen teen AD(H)D is kennis. Ek is 37 en gebruik Ritalin en dit werk vir my, maar dit werk nie vir almal nie. Maar almal wat AD(H)D het of kinders of eggenote het wat dit het behoort soveel moontlik kennis daaromtrent op te doen. Dit is die heel beste manier om dit te bestuur. Ek het 2 grade agter my naam, onder andere 'n MBA. Dit kan gedoen word as 'n mens net om 'n paar uitdagings werk. Ek vind ook baat om met ander mense te praat daaroor en daarom geniet ek my blog oor ADD en kuberruimte vriende so baie.
8ste Okt. 2009, 07:42adri het gesê:
my seuns is albei op concerta en ek kan net goed praat van dit hulle is nog steeds seuns... Ek is n baie bevoregte ma om 2 adhd seuns te kan he nie almal is gemaak vir sulke kinders nie, en met die hulp van hul neuroloog is my taak net beter
7de Okt. 2009, 19:51Annelise het gesê:
Ek stem nie saam met Rene nie...kinders op medikasie maak nie ONS (onnies) se lewens makliker nie...dit gee ons die voorreg om ons WERTK na behore te kan doen en ALLE ouers se kinders behoorlik te kan onderrig! Ek wil skoolhou...nie jou kind dissiplineer en beheer en hanteer nie...en as hy die klas op horings neem, dan baat niemand en wonder ouers met oueraand hoekom NIKS in die klasse gebeur nie! Ouers het 'n verantwoordelikheid en moet dit nakom..nie die blaam op die onderwys skuif nie. Daar is meer as net JOU kind wat moet aandag kry en BLOM en 'n kind wat klasse ontwrig weerhou ander kinders van ontwikkeling, leer en BLOM! Miskien sal daar minder kinders met "probleme" wees as ouers meer "betrokke" is want daarvan kan ek joou stories vertel wat jou nagte sal laat wakker le...
7de Okt. 2009, 17:24Rene het gesê:
Ek verstaan heeltemal waar deur jy gaan,en welgedaan dat jy Wynand van die medikasie af gehaal het,en die juffrou moet maar uitvind hoe om met n woelige kind klas te hou,medikasie is soms die antwoord vir juffrouens om hulle lewens makliker te maak.Ek gee my dogter Biostrath en Die Omegas-Patrick Holford sin.Na 2 jaar se gebruik van vitamienes en geen medikasie is sy nou gekies vir die Wetenskap olympiade,en kry 3 & 4 op haar Rapport.Die belangrikste is om jou kind te sien vir wie hy is en te fokus op wat hy goed in is en geen druk te aanvaar van skool of juffrouens ,elke kind blom op sy eie tyd.Tyd en aanvaarding vir wie hy is -dit werk.Sterkte!
7de Okt. 2009, 14:40Lorette het gesê:
Wel gedaan Sylvia! My seuntjie is in Gr 1 en die onderwyseres het ook al in die 1ste kwartaal aanbeveel dat ek dalk na medikasie moet kyk. Wel, ek het nie. Hy is net 'n doodnormale seun wat nie luister nie. Ek verstaan dit ook van die onderwysers se kant af, want die klasse is groot en daardie 1 of 3 kinders wat die hele klas omver gooi maak dit moeilik, maar ek is nog steeds nie bereid om my kind se hele persoonlikheid te verander nie. 'n Kollega van my man kom van Duitsland af en hy sê dat hy nog nooit van soveel kinders gehoor het wat op medikasie is nie. Dit is totaal ongehoord in Duitsland. Ek moet nou R800 betaal vir 'n ondersoek by die arbeidsterapeut sodat die skool kan sien dat ek darem omgee vir my kind. En het ek gesukkel om 'n afspraak te kry! Daar is darem maar baie kinders met 'probleme'....
7de Okt. 2009, 13:58Annelise het gesê:
Kinders met ADHD is beslis nie "siek" nie, net bietjie moeiliker om in die klas te help met konsentrasie. Medikasie help nie vir almal nie, nee dit het ek ook al ervaar in die klas, maar AS medikasie kan help om jou kind se konsentrasie en gedrag te verbeter en hom/haar die voordeel van klasonderrig gee, dan moet ouers dit beslis oorweeg. Onthou net dat onderwysers nie NET konsentreer op leeders met ADHD nie, ons sit met kinders wat Down sindroom het, gehoor- en sigprobleme, gestremd, gedragsafwykings en ander sindrome..te veel om op te noem. Jou kind word ook hierdeur geaffekteer in die klas. So as jy jou kind kan bystaan met medikasie sal dit 'n wyse besluit wees om dit te doen tot voordeel van jou kind! Sterkte - jou betrokkenheid by jou kind maak in elk geval die grootste verskil alreeds.
7de Okt. 2009, 13:34Rika van Niekerk het gesê:
As jy daar aan dink, jou kind verloor sy persoonlikheid. Hy leer nie om met die druk van ons lewe saam te leef nie. Dokters stop die pille in die ouer se hande maar weet ons werklik wat die newe effect is van die pille. Die een pil is om die ander pil se newe effect te stop, maar hoe voel jou kind wat die pille drink. Hoe voel sy liggaam met die pille binne hom/haar. Hoekom word daar nie vir ouers vertel watter opsies daar is om hulp te bied nie. Dat nie net pille is nie, maar dieët, leef styl, veilige stabiele gesin lewe, terapie, neuro-terapie.Wat word van die kinders in ons toekoms wat heeldag pille drink. Hoe gaan hulle funksioneer as volwassenes? Die vraag is tot wanneer is 'n kind veronderstel om medikasie te gebruik? Net op skool of wanneer sy baas se hy moet pille kry hy kan nie met hom werk nie?
7de Okt. 2009, 12:56Christelle van Staden het gesê:
Dankie vir jou brief - ek hoop dat jy ander ma's se oe sal laat oop gaan. Ek het self 2 BAIE woelige seuns, maar sal nooit Ritalin oorweeg nie. Dit is skandelik hoeveel ouers se dat hulle kinders op Ritalin is omdat hulle te woelig is. M.a.w. dit is maar eintlik vir die ouers om beter te kan cope! Ek bid vir elke ma wat nie weet watter kant toe nie - moenie na 1 dokter / sielkundige / psigiater / onderwyser se raad luister nie - maar kry 'n paar opinies en vorm dan jou eie opinie. Kinders moet nog kinders kan wees - nie gedruk word om grootmense te wees in 'n grootmens wereld nie. Onthou - kinders spel liefde as T-Y-D!
7de Okt. 2009, 12:16Yolanda Seymour het gesê:
Dit is fantasties hoe mense kan saam praat oor n saak wat baie harte raak. Ek is n ma van n 11jarige seun wat ook ADHD is. Hy drink al vir 5 jaar Ritalin, en die psiater het dit nou weg gevat en Concerta in die plek gegee, My arme kind moet nou elke dag, Maandag-Sondag 3 pille drink, Concerta, Epitec en een wat ek nie op die voorskrif kan lees nie(het gister eers die nuwe voorsprif gekry). Dit breek my hart as ek net daaraan dink dat my kind elke dag n hand vol pille moet sluk, soos n "druggie". Hy is n baie slim seuntjie, maar haat huiswerk en sit nie stil in die klas nie, en luister nie vir juffrou nie. By die huis kry hy soms sulke woede uitsbarstings dat ek bang is dat hy geweldadig gaan raak. Hy is so liewe kind, en het so baie liefde om te gee. Soms dink ek die fout lê by my, en nie by my kind nie. Hoe kan ek toe laat dat hy elke dat n klomp pille drink? Hy is nie mal nie!!!!!!!!!!!
7de Okt. 2009, 11:51Hettie het gesê:
Ek ken vir Wynand en Sylvia en kan bevestig dat Wynand deesdae 'n pragtige, lewendige seun is. Hy is dan selfs by die dramaskool genooi vir 'n oudisie om in "Spud" te speel. Die fotograaf het gese hy het 'n lekker stoutgat gesig! Hy word dalk nog 'n fimster! Dan sal die sielkundige wat gese het hy kan nie in 'n "normale" skool wees lekker op sy neus kyk. Wat is normaal in elk geval? Ter verdediging van onderwysers, moet ek se dat julle moet onthou dat onderwysers vroeer jare 20-25 kinders in die klas gehad het en nou deesdae is die klasse volgeprop. Onderwys is nie 'n maklike beroep nie.
7de Okt. 2009, 07:28Zelma het gesê:
Onderwysers is nie lui nie - die klasse is te groot! Ek het 48 in 'n klas gehad - onmoontlik! Maar, ja, onderwysers moet planne maak om hulle besig te hou, ook die outjies wat meer energie as die ander het. Medikasie - daar is natuurlike produkte op die mark, doen bietjie navorsing. Sterkte!
7de Okt. 2009, 05:38Merle Ladwig het gesê:
Ek is al jare n vriendin van sylvia en kan net bravo se. Wyand is heel ander kind as wat hy was toe hy die medisyne gedrink het. Bravo my vriendin jy is al deur baie met wyand maar jy het nie opgegee nie. Mense besef nie altyd die nagevolge van medisyne nie en nie alle dokters se n mense die nagevolge nie. Baie goeie storie.
6de Okt. 2009, 22:51Lindy het gesê:
Ek was 'n onderwyser en ek dink daar is baie wat die ouders kan doen om die kinders te help. Laat hulle buite speel en vat daai PSP DS lite en internet WEG! Dit is noe goed vir hulle nie! Laat hulle swem and hardloop of net buite met 'n bal speel or swaai. Die buite lug help. Daar is ook eet planne wat julle kan gebruik om kinders te help. Suiker is baie sleg vir kinders met ADHD. In my klas was daar 4 kinders uit 17 uir wat ADHD gehad het en net een het pille gebruik. Julle sê dat onderwysers is lui en het niet geduld nie maar laat ek julle vertel, as julle met 17 kinders moet werk en 2 of 3 hou die ander uit die werk uit is dit sleg vir die HELE klas. Die ander kinders kan nie leer nie en kan nie hulle aandag op die werk hou nie. Die ouers wat nie pille gebruik nie, ek raai aan dat julle op 'n ander manier te werk gaan met die probleem. Kyk na die kind se dieet en maak seker dat hulle so veel as moontlik buite speel of sport doen. Die kinders is baie slim hulle het net iemand nodig om hulle te help. Hulle het nie pille nodig nie.
6de Okt. 2009, 22:35Elmarie Supra het gesê:
Wel gedaan Sylvia en Wynand dit is ongelooflik wat jul al vermag het en dit sonder medikasie. Ek dink ook dit is soms net te maklik om te sê die kind behoort medisyne te kry net omdat daar party onderwyser/res nie weet hoe om sulke kinders te kan hanteer nie. Ja, daar is kinders wat dit nodig het maar moet nie na die eerste grashelm gryp net omdat 'n kind baie aktief is nie! Sulke kinders benodig om voordurend gestimuleer te word en as jy dit nie kan doen nie, wel, dan gaan jy op die einde van die dag 'n paar grys hare hê. Ek stem saam met Theresa, hoekom moet ons kinders verander as God hulle vir ons so gegee het? As ma "cope" jy hoekom kan ander nie ook nie? Hou moed en sterkte met die studies!
6de Okt. 2009, 15:28Tessa het gesê:
Sylvia, baie dankie vir jou brief. Ek was vanmiddag na werk op pad om my 12 jarige seun se voorskrif vir sy volgende lot Concerta te gaan optel...maar ek gaan nie. My kind is ook deur die skool aangesê om vir elke denkbare toets te gaa - gehoor, oog, ens ens en elke keer was daar niks fout nie. Ek het hom vir 'n i.k. toets geneem en my seun is bo-gemmideld slim, maar omdat hy nie lank stilsit in die klas nie en baie 'besig' is, is dit vir sy onderwysers 'n probleem. Hy drink sy Concerta van Maandag tot Vrydag - en dan het ek 'n ander kind - hy is doodstil, eet bitter min, en lag omtrent nooit. Dit breek my hard om hom so te sien en naweke en vakansietye en ek 'n wilde seunskind wat buite speel, fiets ry, die hond terroriseer en sy suster se siel uitrek. Wat is die regte ding om te doen?? Haal ek hom van sy medikasie af en laat sy onderwyser mooi verstaan dat my kind nie "siek" is nie en nie nodig het om die Concerta te drink nie, of doen ek my kind dan 'n onreg aan omdat ek hom nie "help" om te konsentreer nie?
6de Okt. 2009, 15:07Anna-marie Heystek het gesê:
My seun is ook op medikasie en is in n skool vir die soort van kinders,ek het ook gewory wat dat hy gaan nie eet nie dis wat almal se maar nie my kind nie ek maak seker elke ogend maak ons vir hom pap en waneer ek vir my en my man ontbyd maak dan wil hy ook saam eet hy kry sy lunch met n sap en dit eet hy klaar by die skool sy raport by die skool was 2 en 3 elke jaar nou tel hy op met 4 en 3 ek kan nie kla; en naweke en skool vakansiedae drink hy nie medikasie nie en hy slaap goed ons huisgesin is gesond en ek het geen probleem met rittelin alle kinders is nie die selfde nie
6de Okt. 2009, 11:48Theresa het gesê:
My dogtertjie is al vir 2 jaar op ritalin en om eerlik te se dit voel vir my of ek my dogtertjie 2 jaar laas gesien het alles word onder-druk agv van die medikasie - sy is 'n dierbare slim kind maar net omdat sy aktief is in die klas en nie vir lank kan stil sit nie was dit goed genoeg rede vir die sielkundiges/dokters en onderwysers om aan te beveel dat sy moet medikasie kry. Ek sien myself in my dogter toe ek haar ouderdom was - my standard 1 juffrou het my maar laat vaar met tye sodat ek maar die vensters en swartbord was net om bietjie ontslae te raak van daai ekstra energie - ek was nooit op pille nie daai tyd was kind nog kind. Sy kry op elke raport 3's en 4's daar skort niks met my dogter nie - dit is die onderwysers wat ongeduldig is en dink vir elke aktiewe kind moet daar pille voor gegee word. Ek het vandag toe ek Sylvia se brief lees finaal besluit my dogter gaan nie meer pille drink om dit makliker te maak vir ander mense nie - as jy haar nie kan hanteer nie dan is julle in verkeerde beroep - vandag se onderwysers is lui en soek die makliker manier uit. God haar vir my gegee "as is" hoekom moet ek haar dan verander om dit vir ander makliker te maak - Wel ek se genoeg is genoeg!
6de Okt. 2009, 11:10Lea White het gesê:
Baie goeie brief Sylvia. Ek dink dat dokters soms te vinnig medikasie uitdeel.
5de Okt. 2009, 22:07Gerda Weldhagen het gesê:
My seun is ADHD , hy het sopas 21 geword. Ons het deur dieselfde probleme gegaan. Die skool wou hom ook in n spesiale klas sit maar ons het geweier. Ek moes hom stuur vir gehoortoetse,oogtoetse,sielkundige toetse ens... Daar was niks verder met hom fout nie. In graad 10 het hy Ritalin begin gebruik maar het self besluit om dit te stop. Hy se dit maak hom depressief. Groot verassing in matriek het hy 2 onderskeidings gekry en 72 gemiddeld. Hy is vanjaar 2 de jaar B.Com beleggings en dit gaan goed met hom. Een ding wat hy vir my se is as hy suiker uitsny konsentreer hy beter.So miskien moet jy dit probeer.Verder hou moed.
5de Okt. 2009, 17:13